SMS-gerugte oor Bloemhof onwaar

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het bevestig dat ʼn boodskap wat op sosiale media oor dreigende gevaar in Bloemhof versprei word, onwaar is.

Brig. Thulani Ngubane het Donderdag aan Maroela Media gesê die situasie in Boitumelong buite Bloemhof is gespanne en onvoorspelbaar, maar bevestig dat die gerugte onwaar is. ʼn Boodskap doen op sosiale media die ronde dat inwoners van Bloemhof se lewens in gevaar is. Die boodskap voer aan “die hele Bloemhof is omsingel met duisende swartes wat dreig om witmense se huise en besighede aan die brand te steek”.

“Die gerug is onwaar. Niemand omsingel die dorp nie,” het Ngubane gesê. “Mense word versoek om nie die valshede verder te versprei nie.” Hy het gesê die polisie is op hoë gereedheid in die gebied.

Die polisie het motoriste egter versoek om die N12 naby Bloemhof te vermy, aangesien betogers sporadies dié pad met brandende bande en klippe versper.

Thandi Modise, premier van Noordwes, en afgevaardigdes van die provinsie gaan Donderdag om 15:00 inwoners van Boitumelong toespreek. ʼn Onafhanklike taakspan is aangestel om die inwoners se klagtes te ondersoek.

Lees ook:
Tiener in Bloemhof doodgeskiet
Bloemhof brand weer
ANC versoek kalmte in Bloemhof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joggie Steyn ·

….my vraag aan die brigadier….. waarom word daar nie op ‘n deurlopende grondslag amptelike inligting vrystellings in Bloemhof gedoen nie…. Inwoners sit in die duister en weet glad nie wat aan die gang is nie behalwe vir gerugte wat van mond tot mond oorgedra word en sekerlik baie stertjies bykry…. Wat my betref kan daardie gerug op die sosiale media waar wees want van dit wat ek kan waarneem en van die dreigemente wat teenoor my geuiter is kan ek dit alles nogals glo… Op die oomblik wil dit voorkom of die SAPD die situasie onder beheer het maar vir hoe lank…. nou is hier honderde lede van die polisiediens maar wat gaan gebeur as hulle verdeel word tussen hier, Christiana, Schweizer Reneke en Wolmaranstad – al die buurdorpe waar daar ook gedurende die afgelope 24 uur klaarblyklik ‘n ongemaklike atmosfeer heers…. Wat hierdie sosiale media gerug …. reg of verkeerd…. tot gevolg het is dat die inwoners van die dorp, sakelui en eienaars van geboue en ander kwesbare bates ten minste nou bedag is op wat KAN gebeur en kan hulle hulself in ‘n mindere mate voorberei op die gevolge sou dit wel gebeur…. En ten slotte…. as die geagte brigadier sy werk gedoen het van die begin af dan sou hierdie dinge glad nie gebeur het nie…. hierdie dreigende massa optrede deur ontevrede inwoners het al byna ‘n maand terug sy aanloop gehad en weinig is gedoen om die dreigende konflik te ontlont maar die geagte brigadier het seker te veel ander probleme van persoonlike aard gehad om sy energie op te konsentreer…..

Peter Says ·

Hoekom mobiliseer julle nie die weermag nie ? Daar is nie n weermag nie ? Waar daar n rokie trek, is daar gewoonlik n vuurtjie.

rina ·

Hoekom gee hulle nie die weermag se toerusting vir die oud weermag lede en die boere nie, hulle sal weet wat om te doen. Waar is al die toerusting wat in die weermag was en al die trokke en ander weermag toerusting, hulle het dit seker verkoop aan die ander lande, en waarom as die klomp so ontevrede is trek hulle nie op nkandla toe en bestorm die president en sy klomp meelopers nie waarom die dorpe af brand en onskuldige mense aanval wat niks eers met die toestande in die land te doen het nie, die blankes het nie die mislukking van minisipaliteite en die korrupsie veroorsaak nie.

Jo ·

Nou is daar niemand in Bloemhof wat ons kan vertel of die boodskap wat versprei word, waar is of nie? Terwyl mens nie altyd weet of die Brigadier net probeer om paniek te voorkom of die waarheid te verbloem nie. Wat van die inwoners, kan iemand ons asb vertel wat is wat? Dankie.

Anoniem ·

Ek stem saam met een van die bogenoemde kommetare. Ek sou graag by ten minste 20 van die blanke inwoners wou verneem hoe hulle die situasie ervaar. Plus foto’s van wie hulle is ook. Ek het die video’s gesien wat deur die SABC gefilter is, en ek moet se, dit is erg ontstellend. Waarom moet mens die woord van een persoon aanvaar? Ek was nog altyd skepties oor uitsprake deur enkel persone en om dit te aanvaar. Ek sal heel moontlik die sms nog verder versprei as ek kan. Ek het dit al gestuur na ‘n hele paar van my vriende. Ons sal bid en God sal die weegskaal bring. Op die een kant die gerugte – aan die ander kant die waarheid. Die skaal sal tip. Na watter kant toe? Hierdie geweldenaars wat kinders op die voorgrond stoot – die videos wys dit duidelik – se oes gaan opkom en vinnig ook. Want wat jy saai, sal jy ook maai. Wel, ek bid dit vir die geweldenaars – dat hulle oes sommer lekker vinnig sal opkom en dat ‘karma’ hulle sal bykom……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.