Smuts-plaasmoord: Beskuldigdes hoor hul lot

Amos Mthembu (links) en Prince Mngomezulu in die hooggeregshof in Delmas (26 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Die tuinwerker wat beskuldig word van die moord op vier lede van die Smuts-gesin wat op 13 Februarie 2017 op ʼn plaas naby Balfour in Mpumalanga wreed vermoor is, het Woensdag sy lot in die hooggeregshof in Delmas gehoor.

Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun, Louis (47), en skoondogter, Belinda (42), se liggame is verlede jaar op die plaas Modderbult aangetref.

Waarnemende regter Tule-Tu Tonjeni het Amos Mthembu (29) skuldig bevind op vier aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede, een van die onwettige besit van ʼn vuurwapen [ʼn 9 mm-pistool] en een van die onwettige besit van ammunisie [12 patrone].

Mthembu is ook op ʼn aanklag van verkragting skuldig bevind nadat hy vir Paulina op die dag van die moorde verkrag het.

Mthembu het Dinsdag aangevoer hy het wel seksuele omgang met Paulina gehad, maar dat dit met haar toestemming was. Die hof het egter beslis dat sy weergawe nie moontlik waar kan wees nie. “Die weergawe van die verdediging wat gister voorgehou is, is net te vergesog om redelik moontlik te kan wees. Die hof verwerp die beskuldigde se weergawe,” het Tonjeni gesê.

Sy het vir Prince Mngomezulu (27), die tweede beskuldigde in dié saak, skuldig bevind op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die hof het daarna vlugtig verdaag.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

kas ·

Die verdedigings advokaat se weergawe van die verkragting van Paulina is onsmaaklik onvanpas en amateuragtig en moet met minagting verwerp word.

Albatros ·

JH: Troos jouself. Ons beweeg lankal nie meer vorentoe nie.

ES ·

Ek is so bly die regter het die verregaande bewering verwerp dat ‘n gewonde vrou omgang met haar aanvaller sou toelaat. Ek is seker sy sou haar hande af baklei het.

LHS ·

Dit is waarvoor sy betaal word. Advokate verdedig nie altyd net die goeie nie. Dit is ongelukkig hoe enige regstelsel werk.

Susan de Bruyn ·

Het dit dalk by iemand opgekom om te se DANK DIE HERE, die regelstelsel werk nog. My seun is 2 naweke terug koelbloedig vermoor in ‘n plaas aanval en wat ek hier uitspraak gee my moed. Almal lewer maklik kommentaar, wag tot dit jou kind is. Die beste nuus wat ek in jare gekry het, is toe ek hoor die skuldige is agter tralies, ek kan nie wag vir die dag wat hulle skuldig bevind word nie. Glo my, as dit jou naasbestaande is, sal die uitspraak soos kos uit die hemel wees.

Liezl ·

Susan, ek is so jammer vir jou. Die seer nog so vars in jou hart en geheue. Al wat jy nou aan kan dink. Ons Vader sluimer en slaap nie. Hy is met jou al die pad. Al voel Hy dalk ver van jou verwyder, Hy sal heeltyd jou hand vashou. Dit moet verskriklik wees om jou seun so te verloor het, maar weet net dat niks op hierdie aarde gebeur sonder ‘n groter doel nie. Al weet ons nie hoekom dit nou juis so moes gebeur het nie. Die oordeelsdag kom. Alle sterkte vir jou!

Janine ·

My innige simpatie met jul verlies. Dis hartverskeurend om dag-na-dag te lees van NOG ‘n moord. Mag die skuldiges die swaarste straf kry…x

Blommie ·

Susan my innigste simpatie met jou verlies 2 weke terug. Mag die HERE jou en jou familie vertroos en dra. Ek lewer nie kommentaar oor hierdie sinlose moorde nie ek kan net vir almal wat daardeur geraak word bid. Maak nie saak wie dit is nie..

Blommie ·

Susan my innigste simpatie met jou verlies 2 weke terug. Mag die HERE jou en jou familie vertroos en dra. Ek lewer nie kommentaar oor hierdie sinlose moorde nie ek kan net vir almal wat daardeur geraak word bid. Maak nie saak wie dit is nie..

Moeg ·

Hulle moet die doodstraf terug bring. Die wat ter dood veroordeel word moet tereg gestel word in die publiek dat dit hulle makkers kan afskrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.