Smuts-plaasmoord: Hof hoor oor gesin se laaste oomblikke

Amos Mthembu in die hooggeregshof in Delmas (25 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Waarskuwing: Die inhoud van die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die hooggeregshof in Delmas het Dinsdag gehoor dat een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Smuts-plaasmoord waarin vier gesinslede dood is, die gesin vermoor het omdat hulle glo nie vir hom geld wou gee om sy vrou se oorlede pa te begrawe nie.

Maroela Media het vroeër berig Gert Smuts (78), sy vrou, Paulina (71), hul seun, Louis (47), en skoondogter, Belinda (42), se liggame is op 13 Februarie verlede jaar op die plaas Modderbult buite Balfour in Mpumalanga gevind.

Amos Mthembu (29), wat as die gesin se tuinwerker werksaam was ten tyde van die voorval, het Dinsdag skuldig gepleit op vier aanklagte van moord, een van roof met verswarende omstandighede, een klag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen, asook een klag van die onwettige besit van ammunisie.

Oor die aanklag dat Mthembu Paulina verkrag het, het hy in die hof aangevoer dat hy wel seksuele omgang met haar gehad het, maar dat sy dit glo voorgestel het.

Leona Fraser, Mthembu se regsverteenwoordiger, het Mthembu se pleitverduideliking aan die hof voorgelees. In die pleitverduideliking sê Mthembu hy het Louis gevra vir geld om sy vrou se pa te begrawe wat toe pas oorlede is. Louis het gesê hy sal daaroor dink, maar het glo later gesê hy het nie geld om vir hom te leen nie.

Volgens Mthembu het hy gedink Louis hét geld, maar wou dit net nie vir hom leen nie. Volgens sy pleitverduideliking het hy Maandag 13 Februarie soos gewoonlik sy take verrig en omstreeks 15:00 sy pligte vir die dag voltooi. Volgens hom was daar niemand in die huis nie en hy het in die huis ingegaan, die sleutels van die kluis gevat en na die kluis gegaan op soek na geld. Daar was nie geld nie, maar hy het glo ʼn vuurwapen uit die kluis gehaal met die idee om dit vir geld te verkoop.

Prince Mngomezulu in die hooggeregshof in Delmas (25 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Hy beweer hy het ander pligte uitgevoer en toe besluit om die gesin te vermoor. “Ek het Belinda by die huis in gevolg en haar na een van die kamers geneem, haar hande en voete vasgebind en gevra vir geld. Sy het gesê sy het nie geld nie. Ek het haar in die kamer toegesluit.”

Hy het toe na die ander huis op die erf waar Paulina en Gert gewoon het gegaan en vir Paulina gesê Belinda roep haar. “Ek het haar by die kombuis in gevolg en geld geëis. Sy het gesê hulle het nie geld nie en ek het die wapen uitgehaal. Sy het baklei en ek het haar in die gesig geskiet. Ek het haar na ʼn ander kamer in die huis geneem en haar vasgebind. Sy het gepleit dat ek haar nie moet doodmaak nie en het voorgestel dat ons seksuele omgang het. Ons het. Toe sê sy sy gaan vir almal sê sy is verkrag en toe skiet ek haar in die gesig [dood].”

Mthembu vertel dat hy daarna vir Gert buite, naby die huis waarin hulle gebly het, in die kop geskiet het. Hy vertel in sy pleitverduideliking hoe hy vir Louis gewag het omdat hy gedink het hý is die eintlike “probleem”.

Mthembu het Louis glo onder ʼn boom vasgekeer en weer gevra vir geld. “Hy wou nie die geld vir iemand gee wat hy nie ken nie. Ek het hom van agter in die kop geskiet.”

Mthembu het toe glo weer vir Belinda besoek en sy het hom gevra of Louis dood is en hy het dit bevestig. Louis se beursie was nog by hom en Mthembu het dit gaan haal. Belinda het vir hom ʼn kaart en ʼn PIN gegee. Hy het haar mond toegebind en die plaas met verskeie skootrekenaars, selfone en die gesin se Prado verlaat.

Hy het glo later die aand teruggekeer en haar losgemaak. “Sy het gesê sy is honger en het kos gemaak en haar pille gedrink. Sy het op die bank aan die slaap geraak en ek het haar in die kop geskiet. Ek het self later moeg geraak en aan die slaap geraak.”

Mthembu het glo die volgende oggend vir Prince Mngomezulu (27), die tweede beskuldigde, op pad dorp toe aangetref en het vir hom ʼn rygeleentheid gegee asook een van die gesteelde skootrekenaars, “omdat hy goed was vir hom”.

Amos Mthembu (links) en Prince Mngomezulu in die hooggeregshof in Delmas (25 Junie 2018). Foto: Maroela Media

Hy het aan Mngomezulu erken hy het die plaaseienaars vermoor.

Toe hy later terugry van die dorp af het Mngomezulu saamgery. Hulle is deur die polisie voorgekeer en daar het ʼn skietgeveg uitgebreek. Mngomezulu is tydens die skietgeveg in die been gewond.

Mngomezulu se pleitverduideliking strook met Mthembu sʼn. Hy beweer hy het egter gedink dit is boere wat hulle voorkeer en op hulle skiet en dis hoekom hy weggehardloop het.

Mngomezulu het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom, maar het erken dat hy geweet het die skootrekenaar is gesteel en dat dit “verkeerd was om dit te hou”.

Staatsaanklaer adv. Eric Sihlangu het kapsie gemaak teen Mthembu se bewering dat Paulina glo “toestemming” gegee het vir die seksuele omgang. Hy het aangevoer dat sy teen daardie tyd reeds een keer geskiet was, vasgebind was en met ʼn wapen gedreig is. “Dít kan nie toestemming wees nie,” het Sihlangu gesê.

Fraser het op haar beurt weer aangevoer dat Mthembu se weergawe soos in sy pleitverduideliking redelik moontlik kan wees. “Die beskuldigde hét tog toegegee dat daar omgang was.”

Die staat en verdediging het hul sake gesluit.

Gemeenskapslede en familielede van die Smuts-familie was teenwoordig in die hof met hemde wat lees “Stop plaasmoorde”, met “Smuts” in ʼn kruis op die rug.

Waarnemende regter Tule-Tu Tonjeni sal Woensdag haar uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jacques ·

En ek moet respek he vir die tipe mense , daar is geen manier nie .

Mielie ·

Liewe Vader, hoe wreed. Dit klink so alledaags, asof dit niks is om mense te vermoor wat jou nie wil help nie.

Andre ·

Tipies die mense gee waarde aan lewe, en soek altyd net geld

Netso ·

Hoekom is ek nie stomgeslaan nie ? Ek werk elke dag met die einste gesigte. Leen jy nie vir hom geld wat hul knaend eis nie, kry jy ñ kyk wat jou in ñ angs-sweet laat uitbars! Regter Tule-To Tonjeni hou op swyg en stel self die DOODSTRAF voor ? Hierdie is alweer nie ras maar mentaliteit gedrewe moorde!

Hendrik ·

Ek moes al meer as een keer verduidelik dat ek nie geld het vir ‘n vreemdeling se begrafnis nie. Hoe redeneer die mense?

Mag ·

Hulle dink soos daar al die jare vir hul veryel is “Moenie nee as ‘n antwoord vat nie want almal skuld jou”. Red ‘n nasie met sulke eiegeregtigheid, dit sal nooit verander nie maak nie saak wat jy doen nie.

Zita ·

Zoom in op die oë en kýk daarna. Laat dit insink. Julle mans moet wakker skrik, julle lewer julle vroue uit aan wrede boosheid.

Justice ·

Leona Fraser wat reken dat die beskuldigde se weergawe in sy pleitverduideliking van die verkragting redelik moontlik waar kan wees is om van siek te word.

Sarel ·

Ontdou haar naam. Leona fraser. Sy sal rekenskap gee eendag

andre ·

REGSVERTEENWOORDIGER PRAAT NOG HUL DINGE GOED …HAHA ..WAT MENS VIR GELD SAL DOEN

Jacques ·

Aangesien die doodstraf nie bestaan nie , moet hulle lewens grote fotos in sy sel sit van die mense wat hy geskiet het om hom net elke dag te herhinner hoekom hy daar is . Was dit ek het ek mal geraak maar vir die tipe is dit mos dood normaal .

SA Moordmuseum ·

Afriforum of n ryk donateur moet asseblief n museum oprik, fisies of virtueel, in SA of amerika, europa, wat grafies wys wat NOU in SA aangaan.

Siek en sat ·

Genade dan gaan slaap hy nog in hulle huis. Wie dink hierdie kriminele IS hulle om net eenvoudig mense dood te maak omdat hulle nie kan kry wat hulle wil HE nie.

Engela de Klerk ·

As iemand sy weergawe glo, dan is daardie persoon netso deur die weer as hierdie leuenaar. Ek val nie vir sy slap stories vir ‘n minuut!

Natasha kapp ·

Vasgebind gewond en bied aan om gemeenskap te he?? Rerig dink hul ons is kinders? Verkragting. Hy het willens en wetens die lewe geneem van 4 mense en baie meer ontwrig. Bring die doodstraf terug vir almal wat lewenslank tronk toe gaan en sien hoe daal misdaad. Maak ons grense toe…..

Tania ·

Dit kan wees dat Paulina geweet het nie een van hulle gesin gaan lewendig uitstap in die wrede aanval nie – en dat daar DNA bewyse sal wees om die moordenaar te kan uitken met vewyse van die DNA.

Anoniem ·

Tania, ek wil graag glo jy is reg. Dankie dat jy so hieraan dink en dit met ons deel.

Santie ·

Dit is maar net die verdediging se stories. Toemaar, die regter sal dit ook nie glo nie. Hulle het elke dag met kriminele te doen.

Yolani ·

Die gedeelte oor Belinda maak nie sin nie. Hoekom sou sy kos gaan maak, haar pille drink en aan die slaap raak, maar hoekom het hy haar nie ook dadelik geskiet nie?

Maar al maak sy storie nie sin nie het hy almal koelbloedig dood geskiet.

Linda ·

Tania & Anoniem, die misdadiger het haar [73 jaar oud] reeds ten aanvang in die gesig geskiet – Paulina was óf nie meer instaat om op hom te reageer nie óf waarskynlik reeds, in haar gewonde toestand, in ‘n koma. Ek glo geensins dat sy nog in staat was om met hom te kommunikeer nie.

kas ·

Iets wat vir my kommerwekkend is, is hoe het hy geweet waar is die kluis se sleutel en waar is die kluis.Daar was in daardie stadium niemand in die huis nie.

kas ·

Dit is die direkte gevolge van ‘n regering wat steeds glo dat plaasmoorde nie ernstiger is as ander moorde nie en daarom plaasaanvalle en dit wat daarmee gepaard gaan nie ‘n prioriteitsmisdaad verklaar nie.Voedselsekerheid en werksgeleenthede gaan daaronder lei.

Potlood ·

So ruk terug was daar berig waar lyke in ‘n grot gevind is om iemand se plot. Daar was nie veel meer inligting gewees nie. Maar om julle ‘n idee te gee van waardes in SA.
Die grot was gebruik vir die kergangers om the bid en te doop. Daar was toe gevind dat daar geld gemaak kan word en die grot is toe deur die twee mense (die wat dood is) uit gehuur… Dus het hulle sommer die grot vir hulle self geneem…
Dit het nie wel af gegaan nie want hulle is toe vermoor, deur die einste kerkgangers… Wow, nou moet ek wat kerganger is en waardes het, onder dieselfde kam lewe as sulke mense…. Dis ons probleem in onse land….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.