
Die foto is in die Hexrivier-vallei in die Wes-Kaap geneem. Foto: @ElmarieThorpe op Twitter.
“Dit het gister in dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, suidelike dele van Lesotho, sowel as die Drakensberg in KwaZulu-Natal begin sneeu,” het Bransby Bulo, ʼn weervoorspeller, Vrydag gesê.
Volgens Bulo kan daar ook Vrydag sneeu verwag word in die suidelike dele van die Vrystaat, Lesotho en die hoërliggende gebiede in KwaZulu-Natal.
Hy sê die moontlikheid van sneeuval sal oor die naweek begin afneem, behalwe in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap waar daar nog sneeu voorspel word vir Saterdagoggend.
Volgens Bulo sal temperature ook van Saterdag af weer begin styg.
- Die foto is in Hogsback in die Oos-Kaap geneem. Foto: @hogsback op Twitter.
- Die foto is in die Matroosberg-natuurreservaat geneem. Foto: @SnowReportSA op Twitter.
- Die foto is in Hogsback in die Oos-Kaap geneem. Foto: @hogsback op Twitter.