Sneeufoto’s: Bibberweer vir die naweek voorspel

Ligte sneeu naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Foto: Jason du Preez/Snow Report SA

Ligte sneeu naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Foto: Jason du Preez/Snow Report SA

Die koudste naweek tot dusver vanjaar lê vir Suid-Afrikaners voor met sneeu wat reeds op plekke in die Oos-Kaap aangemeld is.

Ndavhi Maliage, weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het Vrydag aan Maroela Media gesê dat ʼn koue naweek oor die hele land verwag word met ʼn 60% kans vir reën en donderbuie in gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes. Maliage het bevestig dat sneeu naby Graaff-Reinet en die Wapadsbergpas aangemeld is, maar het gesê dat temperature in hierdie gebiede na verwagting oor die naweek sal styg. Geen verdere sneeu word dus verwag nie.

Maliage het gesê dat die noordelike en noordoostelike gedeeltes van die land koue weerstoestande kan verwag. Die ergste kouefront sal egter tussen Sondag en Maandag in die suidwestelike dele van die Wes-Kaap waargeneem word.

“Dit is die koudste naweek tot dusver vanjaar en ons kan nou sien dat die winter werklik hier is. Die weerdiens sal voortgaan om die koue toestande en veral sneeu-aanmeldings te monitor,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jacques ·

Ek is die jaar reg vir die winter en kragonderbrekings hulle kan maar kom.Kole stofie ingebou in die kombuis en hout het ek volop.

Stephan van Heerden ·

Lekker man, lekker! Jy laat my verlang na my kinderdae

CHRISTA ·

Jacques, kan ek asb by jou kom plak. EK HAAT DIE WINTER!! My minimum is 26 grade C!!!

jacques ·

Sorry ek sien nou eers nie -26 nie maar net 26 nee dan sal ek ook nie wil daar bly nie.

Piet Pompies ·

Toe ons nog kinders was het ons gedurende die winter in die Vrystaat in die kombuis gekuier, die kool stoof het die vertrek altyd warm gehou en daar was altyd moer koffie op die stoof.

Peet Schabort ·

Daar behoort woonkwartiere, bedoel vir lyfwagte wat ander woonplek het, beskikbaar te wees op Nkandla met elektriese verwarmers. Tien dae gelede is hier by ons langs die Vaaldam in die munisipale kantore al koud gekry en werk die verwarmers vir ‘n vale. Vandag in Vereeniging is verskeie strate se ligte helder oordag aan en daar is geen aanduiding dat iemand daaraan werk.
Ook vir mense wat “Sutherland” gedurigdeur verkeerd spel. Die spelling is “Sidderland”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.