Snelweg weer oop ná brugrestaurant se dak instort

Die Steers-restaurant by die Total Panorama Petroport waar die dak en plafon op 20 Mei 2016 ineengestort het. Foto: Verskaf

Die Steers-restaurant by die Total Panorama Petroport waar die dak en plafon op 20 Mei 2016 ineengestort het. Foto: Verskaf

Die N1-suid is weer oopgemaak nadat ʼn gedeelte van die dak van die Steers by die Total Panorama Petroport Vrydag ineengestort het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het Vrydag gesê die snelweg is vir vir veiligheidsdoeleindes by die Wallmansthal-afrit vir verkeer gesluit, terwyl toetse op die brug se struktuur gedoen word.

ʼn Woordvoerder van die restaurant het Saterdag aan Maroela Media bevestig die vulstasie funksioneer weer normaal en al die ander winkels is oop. “Dit is net die restaurant wat hierdeur geraak word,” het hy gesê. “Die opruimingswerk duur voort.”

Vyf mense is Vrydag beseer toe die dak en plafon van die Steers, wat oor die N1 strek, omstreeks 12:00 ineengestort het. Die persone het geringe tot matige beserings opgedoen.

Lees alle vorige berigte oor die Panorama Petroport op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wat-ek-lees ·

Laaste paragraaf is seker “Vyf mense is Vrydag BESEER . . . ”
Net doodeenvoudig swak konstruksiewerk. Jan van Riebeeck het beter gevaar . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.