Snuffelhond doen R10 miljoen-vonds by lughawe

Die sakke met 26 kg efedrien. Foto: SAID

Die sakke met 26 kg efedrien. Foto: SAID

ʼn Snuffelhond was Dinsdag verantwoordelik vir twee reusevondse by die Internasionale Lughawe OR Tambo toe hy eers perlemoen en toe efedrien met ʼn gesamentlike waarde van R10 miljoen opgespoor het.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het gesê in die eerste geval het die hond tydens ʼn roetine-ondersoek van die bagasie iets verdags by ʼn Tanzaniese man se tasse geruik.

Die passasier van Dar es Salaam se twee tasse is ondersoek en sewe deurskynende sakke met ʼn kristalmiddel is daarin gevind. Toetse het later getoon dat die sakke 26 kg efedrien ter waarde van R8,1 miljoen bevat, het Memela gesê.

Die man en sy bagasie is aan die polisie oorgelewer.

In die tweede geval het die hond ʼn onwettige pakkie uitgesnuffel wat perlemoen ter waarde van ongeveer R2 miljoen bevat het. “Die gedroogde perlemoen was in kleefplastiek toegedraai en het 577 kg geweeg,” het Memela gesê.

Die pakkie is aan die SAPD oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pam ·

‘n Pakkie en dit weeg 577 kg ? Vir so “gewigtige”pakkie het mens n vurkhyser of hyskraan nodig !!!!

CR ·

Ek het nounet dieselfde gewonder…. Het hulle hom nie belas vir elke kg oor die toegelate 20 of 30kg nie??? Dalk kop in een mus met die lughawe personeel

HEVW ·

By hierdie lughawe is daar beslis n grootskaalse gesmokkel met dwelms. En dit wil voorkom of die mense wat hierdie misdaad bedryf mak en onge erg geraak het. Dit word dus as n maklike roete beskou. Laat n mens wonder wat presies is hier aan die gang. Hoeveel van hierdie pogings is wel geslaag, en wie is betrokke? Mens kan dalk verbaas wees as alles aan die lig gekom het.

Akram ·

Genugtig. Dit is mee as n halwe ton perlemoen. hoe het hy dit alles gedra gekry? en was alles toegelaat op die vliegtuig? Wonder wat het sy ekstra gewig hom gekos. Die waarde was darm ongeveer 2 milj rand.

HEVW ·

Maroela ek prober weer. Dit wil voorkom of dwelmsmokkel by hierdie lughawe algemeen is. Dit blyk n maklike roete te wees en die mense daarby betrokke mak en onge erg geraak het. Dit laat n mens wonder wat is die persentasie wat geslaag is en wie almal betrokke is. Mens kan dalk verbaas wees as alles volledig aan die lig kom.

Charlotte ·

Wonder waar gaan die effedrien nou….seker polisie toe en vandaar reguit straat toe om ekstra geld te maak en meer kinders se lewens te verwoes…..pistole en dwelms word juis vanaf van sommige polisie beamtes gekry teen n fooi. Die beste is om dit alles dadelik te verbrand…..

Charlotte ·

Jip en al die effedrien gaan nou reguit straat toe om meer kinders se lewens te verwoes……en dit vanuit waar dit gebere is….een of ander polisie stasie. Hierdie land is korrup en almal wat n badge dra het nou mag en dink hul kan maak wat hul wil…..dis TRAGIES!!!

Theresa B ·

Die oulike woef kan nou nie ‘n “Bells” kry nie, maar ek hoop hy het darem ‘n lekker treat gekry soos ‘n groot been……………………!! Goeie werk.

HEVW ·

Ons sal graag wil weet wat is die prosedure m.b.t die dwelms en vuurwapens waarop beslag gele is. n Verduideliking en versekering is dringend veral in die lig dat polisielede alreeds aan hierdie misdrywe skuldig bevind is. Wie kan ons help ASSEBLIEF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.