ʼn Man is by die King Shaka-lughawe in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat onverklaarde plaaslike en buitelandse valuta ter waarde van R6,2 miljoen in sy besit gevind is.
Sandile Mamela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Vrydag gesê die man was onder weg na Dubai toe doeane-beamptes se honde-eenheid passasiers se bagasie nagegaan het.
“Een van die snuffelhonde het positief by die betrokke passasier se bagasie gereageer. ʼn Skandering is gedoen, waarna die geld gevind is,” het Mamela gesê.
Mamela het gesê die inhegtenisneming volg ná ʼn gesamentlike poging deur die SAID en die polisie.
Dié hond het geld geruik…
Ek soek so `n hond om met my finansies te help.
zumaaikies muil….
Beslis ń meisie hond ??? hul love baie dollars ?
Skerp!?
Seker daardie beroofte toerisme se geld…
Iemand dalk besig om gereed te maak vir ‘n haastige vertrek. Dit is die tweede houer met báie geld wat hulle alreeds beslag op gelê het
Laat mens wonder WIE?