Snuffelhond spoor verdagte op na moord

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Polisiebeamptes in Noordwes het Saterdag ʼn 28-jarige man in Madikwe in hegtenis geneem nadat ʼn snuffelhond hulle van ʼn grusame moordtoneel tot by die verdagte se huis gelei het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van ʼn 53-jarige vrou is in ʼn beboste gebied naby die Ngakane-gedeelte van die Uitkyk-nedersetting gevind. Sy is vermoedelik verkrag voordat sy vermoor is.

“Polisiebeamptes het ʼn snuffelhond gebruik om hulle van die toneel tot by die verdagte se huis te neem waar hy gevind is met bloedbevlekte klere aan,” het Mokgwabone gesê. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Madikwe-landdroshof verskyn.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Lt.genl. Baile Motswenyane, die provinsiale polisiekommissaris, het die polisie se werk om die verdagte in hegtenis te neem geloof, maar gesê dit is “walglik dat Vrouemaand op so ʼn manier tot ʼn einde moet kom”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarie ·

WONDERLIK!!! Gedink hy gaan met moord wegkom, maar toe dop hy ‘n toets… Gee daardie hond, ‘n drukkie van mý af ASSEBLIEF???

Vroue maand ·

Dit is altyd onvergeefbaar om moord te pleeg, ongeag of dit vrouemaand is of nie, ongeag of die slagoffer n vrou, man, kind of wieookal is. Moord moet stop, ons moet die gemors moordenaars vang en ordentlik met hulle afreken sodat hulle dit nie weer sal waag nie!!!

Cherokee ·

En dit kort na ‘n gesprek oor ‘n varkhond wat ‘n eenjarige kind doodgebyt het! Opleiding EN ras (of tipe) verwys na masièwe verskille by ‘man’s best friend’.

KarooKlong ·

Goed gedoen Madikwe SAPD. Slim gedink in opvolg proses.
Puik gedoen Snuffelhond.
Klink soos nog een vir Vroue Regter Mabel Jansen ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.