Snuffelhond vind liggaam van drenkeling

Chaz, 'n lid van die polisie se honde-eenheid, in die water (Foto: SAPD)

Chaz, ‘n lid van die polisie se honde-eenheid, in die water (Foto: SAPD)

Chaz, ʼn lid van die polisie se honde-eenheid, het die liggaam van ʼn drenkeling op ʼn diepte van 4 m in Inanda-dam in Hillcrest, KwaZulu-Natal, uitgewys.

Die man het Saterdag in die dam verdrink. “ʼn 33-jarige man het klere gewas in die dam,” het ʼn woordvoerder van die polisie in ʼn verklaring gesê. “Hy wou in die water afkoel toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Polisie-duikers van Durban se soek- en reddingsdiens, IPSS-paramedici, Pietermaritzburg se honde-eenheid en kapt. Wessels van waterpolisiëring het op die toneel reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Piet Pompies ·

Blykbaar word die honde opgelei om die reuk van ‘n liggaam wat besig om te ontbind te identifiseer. Die honde word dan op ‘n boot gesit en dan word daar stadig rondgery in die omgewing waar die liggaam mootlik kan wees.
Sodra hy die reuk kry sal hy reageer soos om onder meer uit die boot te spring.

Sarie ·

WONDERLIK!!! MÝ Pekingese is blind, maar hý funksioneer normaal, vanweë sy sterk reuksin; om nie eens van sý gehoor te praat nie…

Maria Van Dieweeck ·

Mens se beste vriend, in lewe en selfs dood. Mooi honnis Chad!

Nico ·

Fassinerend. Nie geweet honde kan lyke onder water ruik nie. Gewonder daaroor nou die dag toe ek op fotos van die hond op die polisieduikers se boot sien op Krugersdorp dam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.