Snuffelhonde maak groot Viagra-vonds

Argieffoto: thenanfang.com

Argieffoto: thenanfang.com

Doeanebeamptes en snuffelhonde het duisende Viagra-tablette by die OR Tambo-lughawe onderskep.

Sandile Memela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het Woensdag gesê sowat 22 800 tablette, ter waarde van nagenoeg R2,28 miljoen, is in ʼn besending van Hong Kong opgespoor.

“Die snuffelhonde het ʼn verdagte pakkie in ʼn vragskuur uitgeruik tussen ander goedere wat van Hong Kong af kom,” het Memela gesê.

Dit is nog nie bekend aan wie die pakkie behoort nie en niemand het dit nog opgeëis nie. Die pakkie is aan owerhede oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Son ·

En daar kom al daai renoster horings trug wat hier gesteel was.

Sonja ·

Van als wat ingesmokkel kan word, gebeur dit nou dat al daai gesteelde Renoster horings trug is in Suid Afrika!

Cherokee ·

Miskien is dit bestel deur ‘n welgestelde wat honger is.

Lucy ·

Ha ha dis skreeusnaaks! Daar moet ‘n mark wees vir die onwettige “plesier pilletjies”anders sou dit nooit onwettig ingesmokkel word nie… paar manne is seker lelik teleurgesteld oor die vonds onderskep is…!

Haibo ·

Wonder nou net, dalk as dit meer ‘vrylik’ beskikbaar en bekostigbaar was sou mense dit nie ingesmokkel het nie. Ek voel glad nie dieselfde oor renosterhoring nie, dit bly steeds onwettig en het die onnodige dood van duisende diere tot gevolg, maar hoekom word hierdie pillekies gemaak as niemand hulle kan bekostig nie?

Francie ·

Nou lees ek ook dat 40% van die Chinese bevolking minder as 6 ure per nag slaap.
Sou dit verband hou met die renosterhorings wat hulle so invoer, of die blou pilletjies waarvan hulle duidelik ‘n oorvloed het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.