Só beslis hof oor Caster

Caster Semenya van Suid-Afrika (voor) (Foto: Tobias Ginsberg/ANA)

Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het Woensdag Caster Semenya se saak teen die nuwe reëls van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) oor testosteroonvlakke in die liggaam afgekeur.

Semenya is ʼn paar jaar gelede deur dieselfde omstredenheid in die gesig gestaar en het in daardie stadium haar saak gewen. Sy het ʼn span kenners gehad wat die IAAF se reëls gedaag het.

Die internasionale atletiekliggaam probeer “hiperandrogene atlete” en persone met “verskille in seksuele ontwikkeling” dwing om behandeling te ontvang om hul testosteroonvlakke te verlaag tot ʼn voorgeskrewe getal as hulle steeds as vroue wil deelneem.

Die IAAF hou vol dat dié reëls nodig is om ʼn gelyke speelvlak vir ander vroue atlete te verseker.

Semenya is ʼn dubbele Olimpiese kampioen en het wêreldwyd simpatie ontvang vir haar saak. Sy is die afgelope 10 jaar die dominante figuur op die atletiekbaan, spesifiek in die 800 m vir vroue.

Sy het besluit om haar saak na die CAS te neem en die hof sou al in Maart ʼn besluit geneem het, maar albei partye het bykomende dokumente ingedien en die saak is uitgestel.

Haar prokureurs het gesê die IAAF meng in met natuurlike genetiese afwykings van normale vroue atlete.

Onder die voorgestelde nuwe reëls moet die betrokke atlete hul bloedtestosteroonvlakke vir ses maande lank tot minder as 5 nmol/L laat daal voor hulle na die atletiekbaan mag terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Gert ·

Al wat my pla, na 6 maande gaan Caster steeds nie soos ‘n vrou gebou wees nie, so steeds ‘n onregverdige voordeel.

Marius ·

Hierdie is nie die einde nie. Die moeilikheid gaan nou eers begin. Dit word onder die boeg van rassisme en sosiale geregtigheid gegooi deur ANC en ander. In Amerika is die groot debat nou of dit regverdig is om te diskrimineer teen mans wat geslagsveranderinge ondergaan het en nou wil deelneem as vroue. Hulle is volgens liberale siening nog altyd vroue. Sommige sportkodes laat dit reeds toe. Hier kom ‘n ding!

Andreas ·

Uiteindelik is daar nou geregtigheid vir al die ander deelnemers.

jaco ·

Waarom is die hormoonbehandelde atlete van kommunistiese lande dan altyd uitgelos?

Kasper ·

Baie goeie nuus, as jy wil deelneem as ‘n vrou moet jou hormoon vlakke binne die riglyn telling wees, soos medies bepaal. Nou moet hulle hierdie ander sport soorte ook aanvat waar mans wat as vrouens identifiseer en deelneem, ook verbied. hoeveel keer nou al gebeur dit dat daai sogenaamde mans ‘n eerste plek losslaan in sekere sport soorte, net omdat hulle biologies sterker gebou is. Rerig onregverdig teenoor vroulikke sport strerre.

Henry ·

Uiteindelik!
Nou kan alle vroue vir medaljes en rekords vanaf ‘n gelyke beginpunt kompeteer.

Boskind ·

Ek stem 100% saam met jou Henry. Nou sal die kompetisie meer gelyk wees.

Chrisjan ·

Dankie CAS, hierdie was nooit ‘n ‘human rights issue” soos sy en Atletiek SA (en foeitog, die VN) probeer uitmaak het nie, maar ‘n “competitive issue”. Sy is ook nie persoonlik geteiken nie, en haar plek op die podium gaan bloot deur ander swart vroue ingeneem word – so daar was geen rassisme by betrokke nie. ‘n Mens kan nie net verklaar “I identify as a woman, so I am going to compete as one” nie. Dis nie so eenvoudig nie. Maar maak maar reg vir ‘n helse lawaai van alle kante in SA, veral van oningeligtes.

Ore ·

Waarom stig hulle nie n federasie vir mense soos sy nie? Gestremde atlete neem teen mekaar deel en presteer hulle uitstekend.

Andreas ·

Die korrekste sal wees as hulle ‘n aparte kategorie vir hierdie mense kan skep, dat hulle teen mekaar kan meeding.

Sê maar net ·

Sou ideaal gewees het, maar die probleem begin by die woord ‘apart’.

Andreas ·

Sê maar net: Mans en vroue neem ook apart deel, moet nou nie die honder se dinges ondrer hom uitpluk nie.

Dissie ·

Ek stem. Maar nou gaan ek bietjie olie op die vuur gooi…
ñ ruk gelede het ek begin vermoed dat iemand (‘n vrou) wat ek goed ken begin het om testosteroon te spuit. Oornag het sy meer gespierd geraak en manlik begin lyk. Stem dieper, kakebeen breër en nog ‘n paar ander tekens…
Sy het ‘n ruk daarna begin goed doen in sport… Ek vermoed dat sy tydelik gebruik het om die voordeel van die liggaamsbou te kry. Is dit regverdig teenoor ‘n vrou wat niks gebruik het nie? Ek is geen ekspert nie en weet maar min van hierdie dinge.

Robert ·

Regte besluit, die IAAF is egter ‘n patetiese organisasie wat sulke dinge betref. Hulle moes al van die begin af reels neergelê aangaande hormoon vlakke en “performance enhancers”. In die jare 80’s het die oos blok lande konstant van onwettige middels gebruik gemaak, wat hulle ‘n groot voordeel bo ander gegee het, en dit het die IAAF jare geneem om teen hulle te begin optree

Carie ·

So jammer vir Castor , maar dit is nie reg dat ander vroue teen haar sterker manlike liggaam moet deelneem nie , haar sterker testeroonvlakke is waarskynlik die oorsaak dat sy in n gay verhouding betrokke is , ek sou nuuskierig wees om te sien hoe haar vertoning in n mans wedlooo sou wees. Ek hoop ons eie sportliggame sal hulle self nou met waardigheid hanteer in hulle reaksie op die uitspraak..en ai ek regtig so jammer vir die Castor mens,.hoop daar sal vir haar baie deure oopgaan

Malstes ·

Uiteindelik. Dankie tog die res van die wêreld se standaarde is nie so skeef en manipuleerbaar soos ons liewe nuwe SA s’n nie. ‘N oorwinning vir reg en regverdigheid. Net baie jammer hulle het dit nie terugwerkend laat geld nie. Maar steeds baie tevrede, nou is die speelveld gelyk. Wonder wat gaan ons liewe regering nou sê oor die pophuis vol geld wat hulle in hierdie komedie ingedruk het.

Paul ·

Ek is net so bly. Van die begin gesê dis onregverdig dat sy teen werklike vrouens deelneem. Baie gelukkig met die uitspraak. Die paneel word nie deur sekere wêreld leiers voorgeskryf nie.

Gert van Wierdapark ·

Val in by die reels, of val uit! Finish en Klaar!

James ·

Die crux van die beslissing is die volgende: ” Dit IS diskriminasie, maar dit is NODIGE diskriminasie.” Gaan lees maar die beslissing, dis redelik kort.

Nou, as ons ras met geslag omruil, is die algemeen aanvaarde beginsel oor BEE en AA: “Dit IS diskriminasie, maar dit is NODIGE diskriminasie.”

Ek kan dus hieruit aflei dat al die proponente van BEE en AA, ook HIERDIE diskriminasie sal goedkeur – aangesien dit NODIG is?

Of Nie?

Netwerk 24 het my VINNIG verwyder toe ek hierdie vrae begin vra.

(En ja – ek is ‘n intekenaar daar – : “Ken jou Vyand.” Dis al hoekom ek hulle 100 rand per maand betaal. En ook om die moderators daar se vlak koppies om te krap. Altyd ‘n wenner as ek sien : “removed”. Iemand daar is ontsteld – “job accomplished”.)

Andreas ·

James, as hulle Caster ongereguleerd toelaat, beteken dit volgens jou skrywe dat hulle tot dusver teen die normale vrou gediskrimineer het, dan is dit mos nou reg dat hulle dit regstel. So hulle diskrimineer nie teen Caster nie. Maar volgens jou diskrimineer hulle of teen die een of teen die ander, en jy het nou Caster se kant gekies om by jou BEE en AA uit te kom. Ek dink jy is effe van die punt af met jou redinasie. Maar eerklik om dit met SEB en bv kwotas te vergelyk om wit mense uit te sluit, is meer as te ver gevat.

vra net ·

wat vi my so ironies is.alle vroue moet hulle vlakke so n level kry wat dan almal gelyk maak opi wegspring streep en di een daar uit di vinnigste is dan werdlik n wenner.waarom stry om met n gelykheid te begin en dan jo self te bewys….

Rupert Ashford ·

Net wanneer mens begin moed opgee, dan seevier common sense darem weer ‘n slag.

Lord Oom Piet ·

Jy spring my voor Jakobus

Hierdie “positiewe diskriminasie” is presies dieselfde as SA se “regstellende aksie” en BBBEE beleide – “Ja, dit diskrimineer teenoor blankes, maar dis nodig, dus regverdigvaar”

Blyk die swart identiteitspolitiek spelers hou nie van die skoen aan die ander voet nie.

Boer ·

Die billikste oplossing is om afdelings vir vroue bo ‘n sekere testosteroonvlak te skep en een vir vroue onder die testosteroonvlak te skep. Menslik. Konsidererend. Regverdig. Billik.

Ek het begrip vir Caster. So ook vir die vrouens wat teen haar moet meeding.

Michael ·

Ek is bly dit was die regte besluit wat geneem was. Nou sal die ander vroue maak nie saak die kleur n reg verdige wetren he.

AndrewL ·

Die regering sal net aanhou sake maak tot hulle persoonlik vir die onkostes verantwoordelik gehou word.

Anna ·

1. Sy sal haar testosteroon vlakke afbring tot binne die reels en dan sal sy nog steeds stof in almal se oe skop. Wat gaan hulle dan doen?
2. So ‘performance enhancing drugs’ is verbode maar ‘perfomance reducing drugs’ is wettig?

Felix ·

Die vorige keer het sy helfte van die baan agter die wenner ge-eindig. Sy het op ‘n stadium ook ver agter die laaste een voor haar klaargemaak.

Willemien ·

So vyf of wat jaar gelede was sy verplig om haar testo vlakke af te bring met medikasie. Toe was sy nerens te sien op die baan nie. Dieselfde gaan weer gebeur, tensy ander medikasie die testo vlakke verbloem.

KaterinaKat ·

@Anna – As sy haar testosteroonvlakke afbring en steeds wen, wonderlik vir haar en sy verdien dit dan deur en deur. Laat ons sien wat gebeur.

Andreas ·

KatarinaKat, my opmerking het nou niks met Caster uit te waaie nie, ek wou al nou die dag vir jou sê, gaan sluit by die Barberton Care Buddies aan, hier is ook ‘n tak in Nelsruit, dis vir ‘n goeie saak, vind uit waaroor dit gaan.

Sulette ·

Ek dink die beslissing is regverdig. As enige ander vrou n middel moes neem om haar testosteroon vlak te verhoog was sy verban. Mens moet darm appels met appels vergelyk. Jy kan mos nie met n 2l enjin gaan kompeteer op n renbaan saam met 1600 enjins nie. As hulle verhoogde testosteroon vlakke toelaat gaan hulle middels ook moet toelaat wat dit vergoog en dit gaan teen alle dinge waarvoor sport staan.

ls ·

Gelukkig steur IAAF en die res van die wereld se vroue atlete hulle nie aan rassekaarte nie.

Johan ·

As hoë testoroon vlakke nie vir vrouens ‘n voordeel bied nie, behoort daar mos by niemand ‘n probleem te wees om die testoroonvlakke af te bring nie.

Jack Sadie ·

So effens tong in die kies: Om polities korrek te wees moet daar mos nie tussen mans en vroue gediskrimineer word in sport nie. Hulle moet mos gekyk meeding!? Gelykheid vir vroue in alle opsigte, of hoeweek dit dan nou?

Jammer ·

Ek is so jammer vir jou, Caster. Vergewe tog maar die volmaakte mense hierbo se kommentaar.

Boet Fasie ·

Jammer- ek moet met jou verskil, Casper is al die jare onregverdig bevoordeel teenoor ander atlete, as hulle haar toelaat om met hoe testoroon vlakke aan wetlope teen vrouens deel te neem, dan moet haar mededingers toegelaat word om hulle vlakke kunsmatig te verhoog voor ‘n wedloop, regverdige mededinging.

Jones ·

Dis die beste besluit. Nou staan normale vrouens ook ‘n kans. Sy het misbruik gemaak van haar situasie en sy weet dit. Ek wet dat as sy teen mans moet kompeteer, sy glad nie meer so goed sal wees nie

Juanita ·

The verdict was given against Caster the 800m athlete, not Caster the person . The rules level the playing fields, give all the ladies in the 800m a fair chance. A real pity other issues were dragged in

Kiepie ·

Wil julle vir my sê julle glo Usain Bolt is geneties gelyk aan die ander atlete wat teen hom moes deelneem? Of Edwin Moses of Haile Gabrselassie? Dis so goed jy sê mense met hoër IK’s moet beperk word in die akadamiese of sake wêreld sodat ons minder begaafdes ‘n beter kans op sukses het. Jy behaal nie sukses deur andere s’n te beperk nie. Caster se sukses het na jare se toewyding en bloedsweet gekom. En as sy dan so “abnormal” is, waarom kon sy nog nooit die wêreldrekord breek nie?

Pim ·

Kiepie jy is die enigste mens wat volgens my sin praat! Hoekom haal almal vir Caster uit, dis nie asof sy die wêreld rekord met elke resies breek nie. Die ander vrouens moet dalk meer konsentreer op hulle oefening dan kan hulle dalk ook beter doen. Caster het nog ‘n jaar of wat oor, sy werk flippen hard vir haar prestasie. Gee haar dit.

Regtig ·

Met sulke logika kan mens argumenteer dat mans en vrouens teen mekaar moet kompeteer. Usain Bolt het dalk goeie gene, maar sy bio-merkers is nie buite wat medies gesien word as ‘n “man” nie. Onderskeidings word getref in sport om verskillende mense kans te gee om te kan kompeteer met ander in ‘n vergelykbare katogorie, anders kan ons maar wegdoen met ouderdoms of geslagsafdelings. Een ding, behalwe ‘n Y-kromosoom, wat mans en vroue onderskei is testosteroon. Daar is wetenskaplike bepaalde perke waarin amper 100% van normale mans en vroue val en Caster moet inval by dit of daar moet ‘n afdeling geskep word.

Werner ·

Kiepie, as mans en vroue saam meegeding het in atletiek, is jy natuurlik reg. Maar nou is daar 2 afdelings, een vir mans en een vir vroue, en die rede daarvoor is dat vroue nie fisies met mans kan meeding nie, en daarom is daar vir vroue ‘n afdeling sodat hulle teen mekaar kan meeding. Nou is daar ‘n “man” wat teen vroue wil deelneem. “Hy” gaan natuurlik wen. Die vroue is ongelukkig daaroor. Dit maak vir my sin.

JJ ·

Die speelveld was nog nooit gelyk nie. Atlete soos Caster en Dutee Chand het dalk die “voordeel” van verhoogde testosteroonvlakke. (Hoewel die feit dat ten spyte daarvan, Dutee Chand nog nooit juis stof in die ander se oë geskop het nie, dalk net wys dat testosteroon overrated is.) Atlete van lande soos die VSA en die VK het die voordeel dat hulle van kleins af toegang het tot professionele afrigters, professionele voedingkundiges, uitstekende fasiliteite, ens. Om die speelveld werklik gelyk te maak moet hulle ook as kinders kaalvoet op die stofpaaie hardloop en as hulle gelukkig is, dalk drie borde pap ‘n dag kan kry.

J ·

Haal vir ‘n oomblik die naam Caster uit die storie en dink gou bietjie oor 2-slagtigheid. Hormone en voortpplantingsorgane alleen bepaal nie jou geslag nie. Waar is die medici wat by geboorte moet kyk of die skelet en grootte vd brein meer nyg na manlik of na vroulik? En waarom was die uitslag hiervan nie wetlik afdwingbaar op die ouers om sodoende die baba se menseregte te beskerm deur die baba groot te maak vlgs die geslagstoetse-uitslag nie ? Dit sou almal soveel drama gespaar het as baba Caster van die begin af vlgs die mediese bevinding grootgemaak was. Nou word ‘n manlike skelet met ‘n manlike breingrootte en manlike aangetrokkenheid tot vroue grootgemaak soos een met ‘n vroulike skelet en vroulike breingrootte en gesien as lesbies. Ek sou sê: Vergeet van Atletiek SA en dagvaar die ouers en drs wat sy/haar menslike regte geskend het deur hom/haar as die verkeerde geslag groot te maak. Ek wil baie graag weet wat mediese wetenskap hieroor sê. Maroela, berig asb oor tweeslagtigheid sodat ons ons algemene kennis kan verbreed.
Die Caster-saak gaan nie oor vroue met te veel manhormone nie. Dit gaan oor 2 goed: 1) tweeslagtige mense wie se ouers hulle in ‘n verkeerde geslag in dwing; en 2) tweeagtige mense moet in sport in ‘n 2-slagtige kategorie teen mekaar deelneem. Appels vs appels en pere vs pere en appelpere teen appelpere. Probleem opgelos.

Andreas ·

Uiteindelik is daar nou geregtigheid vir al die ander deelnemers.

Francois Joubert ·

Ek is nie ‘n Caster aanhanger nie, wel trots as sy vir SA wen. Wat was Maria Motola se vlakke toe sy haar teenstaanders verneder het?

Topper ·

Goed so. “Natuurlik genetiese AFWYKINGS” sê reeds sy verskil van NORMALE vroulike atlete. Laat sy alle prysgeld wat sy al gewen het terugbetaal. Die anc moet regtig ophou om belastingbetalers-geld op sulke snert te mors. Gaan werk Caster. Jy het mos ook gratis tersiëre onderrig gekry. Sterkte.

Anoniem ·

Het geen probleem met die beslis. My probleem is dat dit net van toepassing is op die baanitems waarin USA, Brittanje en al die ander “groot” lande nie wenners en rekordhouers in het nie. Wat van al die velditems en ander baanitems. Hoekom is dieselfde reël nie daar van toepassing? Dit is waar die diskriminasie inkom

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Daars hy…….nou tyd dat die Tennis se “Williams Brothers” ook bietjie deurloop….Pappa Williams se seuntjies het nou genoeg skatte vir hom bymekaar gemaak…tyd vir die ou kleure om terug te kom….
.
.

Wonder ·

Dis eintlik eenvoudig. Hoekom skep hulle nie drie of vier klasse v kompetisie in elke item vir vroue nie, gegrond op bewysbare vlakke v testosteroon oor die afgelope 6 maande voor deelname? Bv 800m vroue klas 1 (testosteroonvlak …); klas 2 (testosteroonvlak …) ens. Sonder om te verwys na androgene en testosteroonvlakke, dan word daar mos teen niemand gedislrimineer nie. As daar te min deelnemers vir n spesifieke klas is, sal dit diegene wat wel daardie testosteroonvlakke het, dwing om dit te verander om in n ander klas deel te kan neem. So sal werklike vroueatlete teen mekaar meeding en ander met hoër vlakke teen mekaar en nie teen histories vroulike atlete nie. Die idee van net vroue-atlete is uitgedien, hulle behoort vroue in te deel in sulke klasse om die speelveld gelyk te maak

Schalla ·

Dis eintlik selfs nog eenvoudiger as dit…. Haal geslag heeltemal uit die prentjie uit. Met die polities-korrek beheptheid van die liberales in die weste wat 58 geslagte erken raak dit haas onbegonne. So haal geslag heeltemal uit die prentjie en dan neem almal in individuele sporte soos atletiek en tennis en gholf maar net teen ander MENSE deel en dan is dit nou maar so. Die klomp liberales (meestal die mal-feminis-mafia) wat tog so kerm en kla oor mans wat as vroue wil deelneem se MENSEregte kan dan hopelik tevrede wees. Dan is daar sommer terselfdertyd ook nie meer ‘n “pay gap” tussen mans en vroue sporte nie. Almal ding saam as gelykes mee sonder tegniese voordele soos te veel testosteroon, spiermassa, liggamsvet-indekse en dies meer en die wenner vat die kroon. Maklik maklik…

Pieter du Plessis ·

As lid van die tydopneem/beoordeelaarspan by ses somer Olimpiades (1996 – 2012) het ek baie vertonings gesien van atlete wat grensgevalle of selfs duidelik nie in vrouekompetisie tuis hoort nie. Met uitsondering van Caster en die destydse Sowjet Unie en Oos Duitsland se atlete het almal uiteindelik moes swig voor suksesvolle protesaksies van mede deelnemers. Ek kan nie ‘n aanvaarbare verduideling gee van hoekom hierdie atlete nie ook gepenaliseer is nie, maar weet dat daar baie politiek en politieskorrektheid by betrokke was, veral in die dae toe Primo Nebiolo nog president van die IAAF was. Daar was ook heelwat gevalle van stereoide gebruik, mans en vroue, wat ook met moord weggekom het. Dink maar aan Florence Jo Griffith. Dit is ‘n baie moeilike en naby onbegonne taak om Atletiek skoon te hou en natuurlik ander sportsoorte ook. Solank as wat deelnemende lande se regerings probeer inmeng en die aanwys van internasionale bestuurslede polities is sal hierdie soort van ongelykhede voorduur. Jammer om te sê.

marous ·

As die mrk of konstitionele hof bevindings maak moet almal daaroor berus , of hulle daarvan hou of nie. As die hoogste arbitrasie hof in sport beslis die IAAF is korrek moet sy en die ander wat daardeur geraak word daarby berus , of hulle daarvan hou of nie .Klaar

ChrisE ·

Ek kan nou regtig nie die bohaai oor die persoon verstaan nie. As mens so na die verkeie mense se opinies en hesteriese oproepe van gelykheid in sport en in die werklplek luister raak ek al hoe meer deurmekaar. Daar is glo nou al ‘n lot wat nie geslags verkille erken nie. Ek weet nie wat om van die lot te maak nie. Wat my opval is hoe hulle woorde verdraai en aangepas word om die verkillende rolspelers te akkomodeer. Al oplossing vir my is dat daar geen dames en mans sportspanne meer is nie. Laat almal op gelyke voet kompeteer. Mans en vrouens deurmekaar en hopelik sal die dwaasheid vir eens en altyd uit die weg geruim word.

Eben P ·

Wonder wanneer reik die eff n verklaring uit hulle is mos n groot ondersteuner van hom en hy van hulle

Willi ·

Al sy “rekords” en medaljes moet weg geneem word en ook al die prestasies tot niet verklaar word. Dis die regte ding om te doen as mens oneerlik wil wees om as ‘n man teen vroue te wil deelneem.
Dit was ‘n onreg teenoor alle vroue deelnemers.

Waarheid ·

Dankie tog oor die beslissing!
Hy is pure man en hoort nie by vroue atletiek nie. Punt.

aj ·

Schalla is reg!

Almal moet gelyk wees … geen mans of vroue (of tweeslagtiges) kompetisies nie.

Almal speel tennis … ope kompetisie … geen afsonderlike kompetisies vir mans of vroue nie.

Selfde met sokker, rugby, swem, atletiek ensovoorts.

Mag die beste PERSOON wen!

Jaap ·

Gaan Casper help dat ons nie gedown grade word nie?
So hkm is sy so belangrik?
Voeg waarde by tot GDP?
Nee ok so help niks.
Dankie,blaai maar om.

Bianka ·

Of dit kan wees dat die “puppetmasters” ander planne het, hulle manipuleer kosse wat ons inneem om mense gender deurmekaar te maak juis om n alreeds oorbevolkte aarde te red. ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.