Só besluit ANC se NUK oor Mboweni se groeiplan

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die ANC se NUK het ʼn vier dag lange sitting van 27-30 September gehou waarna Ace Magashule, sekretaris-generaal van die party, gister die media by Luthuli-huis toegespreek het.

Die fokus was op die land se ekonomie aangesien die NUK tydens sy sitting die dokument oor ekonomiese herstel van Tito Mboweni, minister van finansies, bespreek het.

“Suid-Afrika moet dringend sy ekonomiese prestasie omkeer, aangesien die groei- en beleggingskoers te laag is. Daar is ernstige beperkings op die vermoë van die ekonomie om te reageer op massiewe werkloosheid, verskanste en toenemende ongelykhede, voortgesette armoede en die stadige herstel van ons industriële vermoëns.”

Die NUK het ʼn reeks ingrypings rakende ekonomiese beleid bespreek en daarop ooreengekom ten einde ʼn hoër koers van ekonomiese groei en ekonomiese insluiting te bereik. Dit sluit in toenemende mededinging en verlaging van koste en toegangsbelemmerings vir kleinsakeondernemings en die prioritisering van groei in arbeidsintensiewe sektore, soos landbou, toerisme, tekstiel en mynbou.

Volgens Magashule is nog ʼn prioriteit die herstrukturering van Eskom en die hantering van die kragverskaffer se finansiële posisie. “Die swak finansiële posisie van Eskom, die SAL, Denel en staatsbeheerde maatskappye moet gepak word.”

Minister Tito Mboweni. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Magashule het aangekondig dat die private sektor toegelaat sal word om in staatsbeheerde maatskappye te belê. “In die nasleep van swak groei is daar ʼn hernieude waardering deur die NUK vir die rol van die private en arbeidsektor as belangrike vennote vir groei.”

Die NUK het ook die belangrikheid benadruk van investering in huidige en langtermyn-infrastruktuurbehoeftes, waaronder beleggings in ekonomiese infrastruktuur (soos paaie, brûe, damme, elektrisiteit en watervoorsiening), maatskaplike infrastruktuur (soos skole, hospitale, parke en administratiewe dienste) en ekonomiese dienste (soos sakeondernemings).

“Oor die algemeen kom die ANC uit hierdie NUK-vergadering met ʼn duidelike vasberadenheid om beslissend en vasberade op te tree. Die ANC sal met sy bondgenote byeenkom en daar sal ook met ander maatskaplike vennote beraadslaag word om ʼn oorkoepelende sosiale komponent op te stel vir die inwerkingstelling van ʼn ekonomiese herstel- en transformasieplan.”

Mboweni se veelbesproke plan vir ekonomiese groei en transformasie het reeds kritiek uit die geledere van Cosatu, die EFF en die populistiese groepering van die ANC ontlok. Mboweni se idees steun sterk op die markekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Martin ·

Wie wil nou in staatsbeheerde instansies bele, sodat daar meer geld is vir hulle om in hul gatsakke te druk, Nee dankie so mors ek nie my pennies nie.

aj ·

… bla … bla … bla …!

VERBIED VAKBONDE!

SKRAP BEE en AA!

SKRAP MINIMUM LONE EN ALLE ARBEIDSREGULERING!

‘Just do it!’

oelof ·

praat praat praat en niks gebeur nie. Raak eers ontslae van die korruptes by Eskom en SAL

Johan ·

Aitsa ! Nou moet die privaat sektor in ESKOM, SAL ens ens belê – en dan wysig die ANC Artikel 25 van die Grondwet sodat hulle ook die eiendom sonder vergoeding kan vat.
Kan hulle rêrig dink ons beleggers is so dom?

Madz ·

Baie goeie idees op papier maar om dit te implementer is ‘n ander storie….. watter privaat maatskappy (met Matriek) gaan in elkgeval wil belê in ‘n staatsinstansie waarvan die geld in die sakke van die ANC se lede verdwyn? Begin by die WORTEL van die kwaad eerste ….. die regering wil die simptome van die siekte behandel – die oorsaak van ons problem is ‘n kyk in die spieël vêr. Ongelukkig vir ons is niemand so blind soos die een wat nie WIL sien nie!

Coco ·

Watter privaatmaatskappy gaan in n bankrot staatsinstelling bele

Anoniem ·

Die bittere, bittere ironie dat Ace (van alle mense!) die terugvoer moes gee.

Nettie ·

Kyk en kyk mooi – “mark my words” – Ace Magashule is eersdaags hierdie land se prezzie …………. en dán, DAN, liewe blanke vriende en vriendinne, is ons nasietjie in ons skroef in ……

Julius ·

Raak ontslae van seb en die ekonomie sal groei. Al wat transformasie beteken is, jaag blankes weg en vervang met ongeleterde voorheen benadeeldes.

Kallie ·

Die mees talentvolle wittes het reeds die land verlaat. Die res is te oud of sonder geld om werklik ‘n verskil te maak.

Wonder net ·

Besluite kom uit Lethuli huis en dan doen Ace nog die aankondiging.
Waarvoor het ons al die ministers teen enorme vergoeding?
Ek dog die planne vorentoe moet in die parlement bespreek word?

Jimmy ·

Die SA ekonomie is in ‘n warboel. Na 25 jaar van korrupsie, diefstal en swak regering het die realiteite die ANC finaal ingehaal. Die geld is op, infrastruktuur is verouderd en honderde duisende kundiges het die land verlaat. Die ANC en sy amptenare het nie die vermoë en kredietwaardigheid om sake om te draai nie. Beleggers het geen vertroue nie. Van nou af is dit nag.

Von ·

AP…stem saam…Ace is een van die grootste spenders nou wil hy raad gee…belaglik verby

marous ·

Alles is opgevreet ou bul . Lek maar die beamer se bande en suig aan die duur horlosies . Dis wat julle voor gevra het .

Grassie ·

Alles net ‘n gepraat, iets wat die ANC goed kan doen, verbale diarree sonder enige substansie. Wat ou Eish daar kwytraak is reëlreg in stryd met Mboweni se voorstelle, dus indirek ‘n mosie van wantroue in die enigste minister wat nog ‘n mate van insig toon. En Ramaphosa swyg daaroor. Al waarmee hy hom die afgelope twee maande besig gehou het was om elke dag ‘n tirade te lewer oor ons mans wat dan, volgens hom, elke vrou wat ons in die hande kan kry verkrag en vermoor. Die ANC se vrotsigheid en onvermoê om te regeer gaan alle verstand te bowe. En die einde is nog nie in sig nie, hef aan lê nog voor.

Oujongvrou ·

Julle mense hier op maroela verstaan heel duidelik nie dat die land en sy ministers nie met wittes praat nie. Hulle praat met swart beleggers ens. Ons is net deur hulle genade nog hier. Daarom hou ek maar kop omlaag en probeer oorleef.

ap ·

Ek’s bly om te hoor , juis om daai rede moet geen blankes verder tyd mors om tolgelde ens .. wat anc ingestel het .. te betaal nie.

Bietjie bietjie ·

Hulle genade ?
Dink weer
God se genade is die werklike genade !

SjN ·

Dit het hul 4 dae geneem vir die baie belangrike besluite wat eintlik alledaags is as die regte prosedures en reels gevolg word en bekend gemaak word deur die grootste hero plundelaar. Watter regdenkende mens gaan in n bodemlose put bele, maak dit dus net makliker vir China.

Henk Ackermann ·

Dit is inderdaad wat hulle dink . Enige iets wat die regering n aandeel het , bly daar uit met jou eie geld .

Koos ·

Hierdie ou praat die grootste klomp nonsens………………Hulle dink ons is almal stupid. Sodra jy ‘n bietjie van ‘n gevorderde engelse voorlegging doen, was daar vir my gese, ‘We do not understand ‘You are playing with words’ ….. nou ja, ek kan dit nou maar vir hulle ook se……

Se maar net ·

Of kies dalk om te bly… In die land van eenoog… Baie geleenthede deesdae vir die wat bly!

Ella ·

Noudat alles behoorlik opgefoeter is soek julle hulp by die privaat sektor?
Ek hoop rêrig daar is nie sulke instansies wat sal val vir hulle grappie nie.
Daai man se arrogansie ken geen perke.
Indien ons nog twyfel oor wie die land beheer ….. Luthulihuis of die parlement se ANC?
Hier is die antwoord hard en duidelik.

Petrus ·

Geleenthede indien jy geld het om te mors. Dan moet jy hoop en bid jy oorleef misdaad en bly gesond.

Sê ook maar net ·

@ Se maar net: ja natuurlik is daar hope geleenthede…. soos byvoorbeeld om deel van die misdaadstatistiek te word. Trouens: almal ken iemand wat reeds het. Dis mode.

Henry ·

Anje, dalk is dit die oplossing. Indien dit nie die Chinese is nie kan die privaat sektor weer blankes aanstel en ESKOM red..

Kallie ·

Die beste blanke talent is in die buiteland. Plaaslik is die ervare blankes te oud. Die jong blankes het nie ondervinding in die korporatiewe omgewing nie, want hulle moes die afgelope 25 jaar op die kantlyn sit, sonder mentors om rigting te gee. Dit is ‘n verlore generasie wat nie sonder ondervinding in belangrike poste geplaas kan word nie. Dis presies wat die ANC wou gehad het.

jack ·

Ha ha ha.. Vir die bla-bla-bla.! Dis toe al die tyd “die ekonomie” se skuld.

DT ·

Solank die toekoms en trajek van ekonomiese groei deur deur die verstarde kommunisties/sosialistiese NUK kaders bein en bepaal word en Blankes duidelik uitgesluit word bly die realisme donkernag.
Slegs Mboweni sien die lig maar word totaal aan bande gele. Daar is ‘n toekoms deur privatisering en deelname deur ALL landsburgers.

Kobus ·

As destydse minister van arbeid het Mbowemi strawwe arbeidswette ingebring. Nou is hy bekommerd.

moeks ·

Plundering, brand en afbreek van infrastruktuur se kostes is reeds R1,5 biljoen. Wie gaan is so iets wil bele? Die geld wat vermors is kon werk, behuising en vele meer aan die armes voorsien het.

Kat ·

Hier gaan hulle al weer n paar linkse liberals vang om vir hulle nòg te gee…. díe regte Boerevolk waarvan ek deel is, is gelukkig nie so stupid nie!

Foxi ·

My geld gaan nie werk vir julle groeiplan nie. Gaan dink ander skelmstreke uit!

Eddie ·

As die beleggings reg gestruktureer word kan dit goed werk bv. ‘n gewaarborgde belastingvrye dividend inkomste gelykstaande aan minstens die Repokoers !

Riaan ·

Wil die anc nie net vir een keer opstaan en openlik erken dat hulle n baie beter terroriste organisasie is as n regering.

Zorro ·

Dit verg kennis en vernuf om iets op te bou dit is makliker om te vernietig of soos wat ons dit deesdae noem te “transformeer”.

Attie. ·

die regering beskou mie vir ons as die private beleggers nie, vi hulle is Sanlam, Old Mutul en Liberty die privaat sektor wat jou pensioen by hulle gaan belê, dit is al kapitaal wst nog beskikbaar is. Die mense slaap in die nag en weet presies wat hulle wil hê. Onthou die woorde…”Africa for the Africans.” Nogmaals dankie FW en Roelf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.