Só besluit media oor Reeva-foto’s

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

Mediahuise oor die wêreld is die afgelope twee dae voor die besluit te staan gebring om foto’s van Reeva Steenkamp se moordtoneel te plaas al dan nie.

Regter Thokozile Masipa het Woensdag ʼn aansoek toegestaan om foto’s van die toneel waar Reeva Steenkamp doodgeskiet is asook foto’s van haar liggaam aan die publiek en media beskikbaar te stel.

Die staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het ʼn amptelike aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om te versoek dat die media toegelaat word om die foto’s te plaas. Volgens Nel het Reeva se ouers, Barry en June Steenkamp, die foto’s gesien en versoek dat die verbod op die openbaarmaking van die foto’s opgehef word.

Die uiters grafiese foto’s toon die misdaadtoneel in die moordbeskuldigde Oscar Pistorius se voormalige huis in Pretoria, asook foto’s van Reeva se liggaam tydens die nadoodse ondersoek.

Baie oorsese publikasies soos The Daily Mail, The Mirror, The Independent, The Sun en The New Zealand Herald het besluit om wel die foto’s te plaas. Sommige publikasies het die foto’s digitaal gemanipuleer om die grafiese aard daarvan effens te verdoesel, terwyl ander dit onveranderd geplaas het soos dit in die dossier vervat is.

Op eie bodem het sommige publikasies ook besluit om die foto’s te plaas, onder meer You, Huisgenoot en The New Age. Dit blyk egter dat die meeste publikasies, waaronder Maroela Media, besluit het om nie die foto’s aan hul lesers te wys nie.

Susan Lombaard, redakteur van Maroela Media, het gesê die besluit om nie die foto’s te plaas nie, was nie ʼn moeilike een nie, aangesien dit in elk geval Maroela Media se beleid is om nie foto’s te plaas van oorledenes in ’n misdaadsaak waar die gesig van die oorledene sigbaar is nie.

In ’n leserspeiling het die meerderheid van Maroela Media se lesers beslis ook aangedui dat hulle voel dit dien geen doel om die foto’s te plaas nie.

“Hierdie saak is geensins anders as ander misdaadsake nie. Ons is van mening dat die foto’s nie bydra tot die nuuswaarde van die storie nie. Die openbaarmaking van die foto’s is, volgens ons, sensasioneel,” het sy gesê. Lees gerus hier ʼn volledige uiteensetting van die redes vir Maroela Media se besluit.

Beeld het ook aangedui dat hulle nie die foto’s sal plaas nie, aangesien daar geen dwingende openbare belang daarvoor is nie en geen openbare belang skade sal ly as dit nie geplaas word nie. eNCA het hierdie stelling herhaal deur te sê die foto’s is uiters ontstellend en afbrekend en dit is nie in openbare belang om dit aan die wêreld te wys nie.

Netwerk24 het ook teen die publikasie van die foto’s besluit en gesê hulle verkies om uit respek vir Reeva nie die ontstellende foto’s te gebruik nie. Hoewel Eyewitness News (EWN) nie ’n definitiewe aanduiding gegee het van hul besluit rondom die omstrede foto’s nie, was daar teen Vrydagmiddag geen teken van die grafiese fotomateriaal op hul webwerf te bespeur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Jaques ·

Dankie Maroela Media vir julle belsuit om nie die foto’s te plaas nie.

The New Age is nou nie juis ‘n verrrassing nie, maar magtig sou meer verwag het van
You/Huisgenoot, hulle is ten minste die sogenaamde gesins tydskrifte in SA.

Eureka ·

Wat sou ouers nou dryf om sulke ontstellende fotos van hul dogter te plaas.? Of is dit juis besluit om te ontstel sodat die publiek in opstand kom en ‘n swaarder straf vir Oscar sou afdwing. Sjoe Huisgenoot. Dit bewys finaal dat julle net sensasie soek.

Jan maak n Plan ·

Dis net om sensasie te soek – dis al. As iemand my sou vrae is dit swak smaak. Nou goed plaas dan maar die gewraakte fotos, maar as julle nou agter sensaie aan is plaas dan ook die fotos van al die mense wat so wreed op die plase en in die woon gebiede gemartel en vermoor word ook. Of is julle nou te slapgat.

Gert ·

Komplimente aan Maroela en die ander media wat nie die foto’s plaas nie. Die publikasie van die foto’s deur Huisgenoot is simptomaties van die siek sin vir joernalistiek wat al lankal deel van die tydskrif is.

henda ·

stem saam baie dankie maroela, dit kon ons kind gewees het!

shirley ·

Sou dit my kind gewees het het ek teen di publikasie gestem het vir haar menswaardigheid. Dit sal niks verander het om dit te plaas ni. Dis net onmenslik.

cs ·

Ek stem saam Shirley,hulle het al in die 1ste verhoor die fotos gewys – Sy is dood en niks gaan haar terugbring nie – al kry Oscar 100jr tronkstraf

Bruno Stef ·

Regte besluit ek dink dit is maar ” Common ” om aan te vra dat die gruweldade aan die sensasie soekers vir hulle eie bizzare opvattings beskikbaar gestel word.

christine ·

Dankie vir julle respek sy sou nooit self haar toestemming gegee het nie. Gerrie Nel speel vir aandag op homself sou die n hofsaak gewees het wat nie op TV was nie sou hy die eerste uitspraak aanvaar het. Maar hy love elke oomblik van al die aandag. Gaan nou glad nie meer oor die saak nie.maar media vraatlus

Pixie ·

Ek stem 100% saam met jou Christine! Die FEIT is dat die staat NIE bo enige redelike twyfel kon bewys het dat Oscar geweet het dat dit Reeva agter die toe deur was nie. Op die ou einde sal net Oscar, Reeva en God die volle waarheid weet. Oscar is deur die appelhof skuldig bevind aan moord op grond ban dolus eventualis en die huidige hofverrigtinge gaan oor VONNISOPLEGGING, nie of hy skuldig is aan moord of nie en nou skielik begin Gerrie met sy vertoë dat Oscar skuldig is aan dolus derictus! Alles gaan oor sensasie – dis ‘n sirkus

Davida ·

Ek wil ook maar net sê dat dit nou hier oor Gerrie gaan en nie regtig meer oor Reeva nie!!!

Stem saam ·

Ja nee Pixie, Christine &Davida ek stem 100% saam met julle, sensasie & eie belang word nagejaag, dalk kom daar nog n hele paar rand na die ouers vir die foto’s , gelukkig weet hierdie pragtige meisie nie van dit. Watter regdenkende ouer sou dt toelaat? Ek verkies om haar te onthou soos sy gelyk het.

wilma ·

Dankie dat jul dit nie plaas nie. Ek wil net aan die ander se sies dis skandelik.

christine ·

Wil graag nog dit weet Huisgenoot en You is hulle nou op dieselfde vlak as The New Age whow ek sal maar net my Rapport Sondag wil he dankie Gerrie Nel sal seker op die voorblad pruik

Alida ·

Wat wil die mense nog sien wat nie al op TV gewys is nie? Die nar Nel het daarvoor gesorg

anne ·

Dankie daarvoor, ek glo daar is ander maniere om die voorblad te haal . Hoe kan ‘n ouer toestemming gee om jou kind so bloot te stel aan die wereld, dis baie hartverskeurend.

Alida ·

As Huisgenoot dit plaas koop ek dit NOOIT weer nie. SA is reeds so n misdaad nes. Swak smaak en walglik. Iemand ruik geld wonder net wie?

Barzum ·

Ja kyk na wat hy gedoen het, al julle Oscar ondersteuners. Hy kruip in die hof rond op sy stompies vir simpatie, natuurlik moet sy slagoffer se doodsbeserings gewys word vir balans. Hoop daai fotos spook by al sy ondersteuners, tot in lengte van dae. KYK! Laat dit insink!

Le-zette ·

Ek stem. Ek raak so woedend as mense eers begin met arme Oscar. Mense vergeet van Reeva. Plaas die foto’s laat mense kan sien. Wat my nog stom slaan is die blou oog waaroor daar niks gese was in die hof nie.

Bullseye ·

Stem Barzum. Dit is die hele doel daarvan. Kan nie sien hoe die mense te kortsigtig is om dit in te sien nie. REEVA kan nie self haar saak stel nie maar die fotos kan almal herinner wat sy moes deurmaak!

Kom By ·

Weet nie watter gesprek jy en jou aanhangers volg nie? Niemand se shame Oscar nie, hulle se dankie dat sekere media huise besluit het om nie die grafiese fotos van Reeva te vertoon nie! Skaam julle man !

Neewat ·

Neewat julle, net die regter besluit oor vonnis oplegging, nie die publiek nie, dit is absolute swak smaak en gaan oor eie belang en heel waarskynlik n paar rand. Sensasie skep is ongesond en dit ten koste van hierdie mooie dame! Het enige van julle regtig aan haar gedink?

Justa ·

Regter Masipa, Gerrie Nel en die Steenkamps het skuld. Hoe op dees aarde kan jy toelaat dat hierdie fotos met die wereld gedeel word? Niks is meer heilig nie lyk dit vir my. Nie eers hulle dogter se dood nie. Die fotos kan n miljoen keer geplaas word en dit sal die vuurwapen moord stopsit nie. Absoluut siek.

se net ·

Ek verkies deesda om eeder maroela nuus te lees en ek sien hoekom. Wel gedaan met die besluit wat julle geneem. Ek voel persoonlik almal het baie om te sien en na n facebook plasing gisteraand het iemand aan my die fotos gestuur omdat hulle voel ek is blind vir Oscar se dade. Dit is erg onstellend. Ek is nie nie n dokter, of ondersoek beampte op moord sake of n lyke ondersoek nie, maar die fotos moet gepaart gaan met die regte dokumentasie as die publiek dit wel sien. Hoe ons verstaan hoe elke merk op elke plek gekom het sonderdie doods omdersoek dokumentasie. Los dit nie dit wat ons sien vor interpretasie nie? So Mnr Steenkamp en kie, gee die publiek dan maar al die informasie ingesluit elke moontlike verslag om eerlike waar n regverdige opinie te lewer. Vir my. Vandag. n Hartseer dag dat n ouer hierdie besluit oor sy kon neem. Daar is baie dinge hier aan die gang maar vergifnis nie een vam hulle nie. Laat elke persoon kry wat hulle verdien. Hoe die saak ook al mag staan. En mag God genadig wees op elkeen van ons.

Lee ·

Baie dankie dat julle dit nie plaas. Wat as kinders dit perongeluk sien. Ek kry haar ouers bitter jammer almal weet mos nou al wat gebeur het, so die Vader alleen sal weet hoekom hulle en Nel dit wil plaas! Of maak hulle weer geld hieruit???

Myopinie ·

Die publiekasies wat dit plaas is oppervlakkig en word deur vlak mense gelees. Toestemming is verleen om die fotos te plaas met die sosiale doel van om mense in ons geweldadige land bewus te maak van die harde realiteit van moord (hopelik verander die oscar simpatie eerder dan hul opinie), maar die Britte publiseer dit vir sensasie.

Wel ·

Dit verander nie die Oscar simpatie nie, almal wat n laer van ondersteuning om hom trek is saam hartseer oor Reeva se dood en het dit van die begin af verstaan! Die simpatie is mense wat die werklike Oscar ken en besef van die begin af dat negatiewe sensasie geskep word omdat hy n hoe profiel is, daar is baie aksies wat totaal en al te groot opgeblaas is, selfs ons uit ander lande kan ongelukkig nie meer met hierdie sensasie beheptheid saamgaan nie!!!!!!!! Ek stem saam dat dit vir oppervlakkige mense belangrik is!

Buks de Beer ·

Plaas liewer n paar mooi foto’s van haar sy was tog immers n model.

Johan ·

Ek ondersteun julle besluit heeltemal. Ek wonder hoeveel die Steenkamps nou weer betaal gaan word deur Huigenoot en al die ander. My bydrae deur Die Huisgenoot te koop stop net hier as hulle dit plaas.

Lila ·

Nou het my hele prentjie van hierdie storie totaaaal verander.

Absoluut ·

Absoluut Lila ek voel ook so! Verder bly ek n Maroela leser en Huisgenoot kan maar vergeet dat hy weer gekoop word, gesinstydskryf, dit is oppervlakkig!

Robbie Scheepers ·

Baie dankie Maroela Media dat julle ons leesers in ag neem om nie die foto van Reeva steenkamp te wys.

Tersia ·

Maroela Media sal julle altyd van nou af lees Dankie vir die besluit om nie die foto’s te plaas nie.

Elzaan ·

As dit my dogter was sou ek ook wou hê die hele wêreld moet sien wat hy aan my pragtige kind gedoen het.

Christellie ·

Suid Afrika, waarmee hou ons, ons besig, als wat gebeur het is so hartseer, maar hoe kan ouers so iets aanvra? My God, my God vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie, daar is soveel kinders wat hierdie tydskrifte Lees of word dit nie in ag geneem nie? Waarom kan ons nie liewer almal saamstaan en plaasmoorde verhoed nie? Dit gebeur asof dit maar ok is.

johann cb ·

Dankie vir die wyse besluit Susan. Ek kan ook nie insien hoe enige persoon by die fotos gaan baat nie.
Ek stem ook met Johan saam – die Steenkamps gaan finansieel daarby baat, soos wat waarskynlik en na bewering die geval is met onderhoude wat toegestaan is aan tydskrifte en Buitelandse mediahuise.
Dankie aan Maroela Media wat nuus in Afrikaans en gratis verskaf.

Boikot Huisgenoot ·

As jy nie hiervan hou nie boikot Huisgenoot sowel as hulle eienaars wat ook Sarie, Weg, Beeld, volksblad, burger en rapport publiseer.

Rapes ·

Mense julle wat wil he die fotos moet geplaas word, wat kan julle aan die saak verander deur dit te sien. Moet asb. nie so commen soos Gerrie of haar ouers raak nie. Respekteer die vrou en moenie sensasie najaag nie, of is dit ook ‘n bewys dat julle ook laakbaar is.

Cobus ·

Die stelling wat gemaak is oor plaasmoorde; hoekom plaas Huisgenoot nie die moordfotos vir die wêreld om te sien nie? Heelwaarskynlik nie polities korrek nie?

Suzette ·

Advokaat Gerrie Nel doen net sy werk en die Steenkamps het ‘n pragtige jong dogter verloor

Corne ·

Asb nie dis siek wil mense regtig dit sien. Geen respek vir haar die ouers kort duidelik hulp. Skend haar nou verder. Dankie dat jul dit nie gaan plaas

anoniem ·

Dis pure uitbuitery deur haar ouers, hoeveel geld wil hul nou nog maak, foto’s is klaar orals beskikbaar, ek dink dis siek en banaal, as dit my kind was sou ek haar liewers respekteer en bid dat haar siel saligheid verkry

petra van Vuuren ·

Die probleem is? Daar mag dalk fout wees met sy bene ma daar was niks fout met sy hande nie???? Wat het die gebrek nou met die skietery te doen??? Gebrek of nie, geen mens het die reg om iemand aners se lewe te neem nie.

Waar val jy uit ·

Goeie more koffie of tee, sensasie daarby waar val jy nou uit, die gesprek gaan oor sensasie skep en Reeva disrespekteer. Die hofsaak is verby, dit is strafoplegging of wag dalk moet ons stadig. Niemand kan meer die besluit van die saak verander, regter moet net straf se, hoop dit help!

WeesWys ·

Haal my hoed af vir Maroela Media en ander wat nie deel in hierdie arena-situasie nie. Wat respek aanbetref… Ongelukkig, te oordeel aan sekere ander foto’s, het hierdie skone vrou self ook nie veel respek vir haar eie liggaam openbaar nie. Money-making was en is dit steeds, ten koste van respek. Ongelukkig. Baie ongelukkig.

Yvonne ·

Genade maar ek verstom my oor hoeveel van ons mense hulleself op sosiale media ontbloot as hartelose, haatdraende, bloedorstige en wraaksugtige kwasi-regters! En Dolus Eventualis heeltemal verkeerd verstaan. Waar is ons menslikheid dan heen? Menslik is om te sê: Oscar is skuldig bevind en hy moet gestraf word. Onmenslik is om sy gebrek af te kraak en te hoop dat hy verkrag sal word in die tronk! Dank die Vader vir die opvoeding wat ek van my ouers ontvang het en wat ek aan my kinders kon oordra. My hart breek vir beide die Steenkamps en die Pistoriusse.

DANKIE Maroela Media vir julle menslikheid wat so mooi blyk uit die volgende woorde: ….respek vir Reeva…

Alida ·

As Oscar haar met opset wou vermoor kon hy dit al vroeg aand gedoen het. Daar 2 kante van n saak. Dit was n afgryslike ongeluk maar die publiek en die media sien net geld. Skandelik en n gruwelike sonde. Die ouers sal verseker finansieel daarby baat. Mens rou met waardigheid en sit nie nou skielik n show op in die hof nie. VIESLIK

Naief ·

Alida gaan Kyk net na die fotos van die toneel en die beserings Dan sal jy besef dit was n wrede woedeuitbarsting wat aangehou en aangehou het, beslis was dit nie n “onbekende” aan die ander kant van die deur nie.

Regtig ·

Regtig naief, n woedeuitbarsting wat net aangehou het en aangehou het, vra die verduidelikings saam met die foto’s dalk help dit. Die sekuriteit wat kort tevore daar verby is, het getuig dat daar stilte was soos elke aand, die skietery was sekondes, dit is hierdie wanopvattings wat die saak in die media heel uit verband geruk het. Haar dood is uiters tragies, maar sy is nie mishandel tot haar dood. Wens jy kon onder kruisverhoor in hof gewees het aangesien jy die enigste is wat presies weet.

Moeks ·

Wens net hierdie hele saak kan nou tot ‘n einde kom. Kan Reeva nie eers in vrede rus nie? Sy was ‘n model, moet sy selfs na haar dood nog steeds ‘n model wees? RIV

G'n wonder die land is in sy maai ·

Dit doen groter, veel groter skade aan kinders wanneer ‘n moordenaar opgehemel en bejammer word en die slagoffer afgekraak en onder die mat ingevee word, as wat die fotos ooit kon. Hierdie mense wat ook net altyd geld sien projekteer hulle eie gierigheid op Reeva se ouers.

Neewat ·

Hy word nie opgehemel nie, ons probeer uit n regverdige oog teenoor hom optree, hy het geen regverdige kans van die begin af gekry nie, net omdat hy wereld bekende atleet is. Lees maar die veroordelings en opgeblase stories. Oscar se ondersteungsnetwerk het nog heeltyd met respek na Reeva gekyk, dit is die polisie en staat wat lag oor haar sms, wat sensasie en vertoon najaag met n skynheilige justice for Reeva. Verder vors eers na oor haar ouers, al die onderhoude,trip oorsee en hoe hul nou leef, gaan PE toe en vind uit voor jy ander beskuldig hul is gierig. Hul 1ste woorde was, ons het ons inkomste verloor, skokkend maar waar.

Stef ·

My vriendin is ook laas jaar in Moreletapark regvoor almal in die kantoor geskiet deur haar verloofde sy saak is nog steeds aan die gang en ek sien niks van dit im die koerant nie.wat maak haar saak soveel anders behalwe dat hy dit beplan het doel bewus kantoor toe gery het haar vyf keer kom skiet het.al die Reeva fotos bring regtig nare gesigte wakker van wat ek daai dag in ons kantoor gesien en beleef het. Moord tref almal of word dit nou net as n crime vir die famous en celebs gesien????

Mel ·

Ek stem saam jou Stef, op di einde van di dag is dit nogsteeds ‘n lewe wat geneem is, beroemd of ni , van ons doodgewone plat op di aarde mense word daar ni in di Nuus gepraat oor ni

HEVW ·

Die sensasie behebte huisgenoot is seker baie in hul skik met die omset van hierdie spesifike uitgawe en dit net ter wille van geld. En die bloeddorstiges is moontlik effe bevredig, wagtend op die volgende slagoffer

Dankie ·

Julle sal altyd gewild bly, dankie dat jul nie sensasie opwerk vir getalle nie, jul berigte is met smaak geskryf.

lottie ·

Daar is so baie vrouens,kinders en ja mans ook wat wreed gemoor word…. Maar hulle foto’s word nie aan die publiek gewys nie…. Ons weet nie eens van die hofsaak nie of die skuldige mense gevang is nie…. Sensasie is baie goedkoop en dit is al wat die Steenkamps nou doen… Soek sensasie! Watse respek het hulle dan vir hul oorlede dogter dat hulle nou die foto’s van haar laaste oomblikke wil blootstel aan die publiek? Bou ‘n brug en kom daaroor June en Barry – al hoewel dit vreeslik moeilik is…. Baie van ons boere en gesinne word nog wreder as dit uit gewis en die boer se gesin moet maar net aangaan met hulle lewe al is dit hoe moeilik…. Doen julle maar die selfde!

Liewe heksie ·

Jip geld praat harder as gevoel sal nooit vergeet van June se eerste woorde was’nou het ons nie meer n inkomste nie’ so geld gaan weer invloei hier dit is verseker die shame is op die steenkamps en Nel sensasie soekers en uitbuiting van n lewe vir eie gewin

Johan Piek ·

Baie geluk aan Maroela se korrekte besluit om nie die fotos te plaas nie. Ons is trots op julle ! Die uitreiking daarvan asook die lopery in die hof is n absolute laagtepunt in hierdie saak en beide advokate behoort hulle te skaam daarvoor. Ek kan nie verstaan dat die regter dit toegelaat het nie aangesien ons howe nog altyd n hoë staat van decorum en waardigheid gehandhaaf het. Wil hulle nou so n sirkus soos die parlement raak ? Die Huisgenoot het nou finaal bewys watter goedkoop sensasie- blad hy werklik is en homself van sy skynheiligheid as n gesinsblad gestroop . Behou julle standaarde Maroela en doen so voort !

Rynhardt ·

Reeva se ouers kry miljoene van Huigenoot en intetnasionale publikasies vir die plaas van foto’s van haar lyk.Huisgenoot noem net vir publiek wat jul die Steebkamps betaal .Hoofstroommedia noem ook vir publiek wat onderskeie intetnasionale publikasies die Steenkamps betaal as jul nog glo in die waarheid!

Buks ·

Ek dink as die Steenkamp’s moslems was sou hulle Reeva moes laat steenig het omdat sy geld verdien het uit manne soos Oscar.

Alida ·

Ek wens die kommentare wil stop. Dit gaan al 3 jaar aan kry nou end asb. My laaste woord is dat die Steenkamps geen selfrespek het nie. Respekteer jou kind en rou in waardigheid. Niks gaan haar terugbring nie maar soos hulle se n ander se dood is n ander se brood. Sies common. Wie was Reeva in elk geval voor sy haarself op Oscar opgedring het?

Suzette ·

Wil net se. Vir Reeva het ek nooit geken of was eers bewus van haar bestaan voor die moord nie. Van Oscar het ek ook bitter min geweet behalwe dat hy as die lemnaeler bekend was. Die goue seun van atletiek. Nooit belang gestel in die mannetjie nie, Na die moord het die media en nuus so oorgeloop met feite tot die afgelope week dat dit mens skoon waglik siek begin maak het. For pete’s sake hoekom bodder met foto’s van die liggaam. Dankie Maroela Media dat julle die standpunt ingeneem het om niks te plaas nie. Dis dinge wat in die hof hoort en daar moet bly. Hy weet en haar ouers weet en al die belanghebbendes weet hoe dit gelyk het. Ons wil dit nie weet of sien nie. Dit was erg genoeg, nes al die ander plaasmoorde, moorde en wat ook al wat elke dag in ons land gebeur. Weereens dankie MM.

magrette louw ·

wie gee om oor hierdie foto’s? steeds agter Oscar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.