Só bevind OB teen Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die snel eskalerende stryd om die oppermag in die ANC en die Suid-Afrikaanse regering wat tans gelyktydig uitspeel in verskeie veldslae tussen faksies en fronte grootliks lojaal aan pres. Cyril Ramaphosa aan die een kant, en faksies en fronte grootliks lojaal aan oudpres. Jacob Zuma aan die ander kant, het vandag in ʼn kernoorlog ontaard.

Die finale katalisator is ʼn verslag wat die Openbare Beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, vandag bekend gemaak het. Dit is ʼn omvattende en ingewikkelde regsdokument van 106 bladsye wat ernstige bevindings teen onder andere Ramaphosa bevat.

Die inhoud daarvan is so plofbaar en die interpretasie van regulasies en wetgewing, asook die gevolglike afleidings, bevindings en afleidings so omstrede dat die hele sage bepaald op pad is om in ʼn lang, gekompliseerde, bitterlik bestrede en vir die land lotsbepalende hofsaak te lei.

Die eerste kwessie wat Mkhwebane takel, is of Ramaphosa die parlement mislei het toe hy einde verlede jaar in ʼn parlementêre opvolgvraag deur die DA-leier, Mmusi Maimane, gesê het sy seun, Andile Ramaphosa, het nie ʼn skenking van R500 000 van die omstrede maatskappy Bosasa (tans bekend as African Global Operations) ontvang nie.

Luidens Ramaphosa se getuienis aan Mkhwebane, wat onder meer in die verslag opgeneem is, het hy omtrent ʼn maand voor Maimane se vraag bewus geword van gerugte van so ʼn skenking aan sy seun. Hy het dit behoorlik ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie gebeur het nie. Dit was dan ook in die parlement sy antwoord aan Maimane.

Die dag ná sy antwoord aan Maimane het een van sy raadgewers aan hom gesê dat, hoewel geen sodanige skenking aan Andile Ramaphosa gemaak is nie, daar wel so ʼn skenking van daardie bedrag aan Ramaphosa se veldtog om in 2017 tot ANC-leier verkies te word, gemaak is.

Ramaphosa het volgens die getuienis van vier betrokkenes, onder wie hy self, aan Mkhwebane by die aanvang van daardie veldtog versoek dat die name van skenkers aan sy veldtog nie aan hom bekend gemaak word nie, spesifiek om te verhoed dat enigiemand wat so ʼn skenking maak, invloed kan probeer koop.

Toe Ramaphosa dus die dag ná Maimane se vraag uitvind van die skenking, het hy beveel dat dit dadelik aan Bosasa terugbetaal word, dat ʼn brief aan die speaker van die Nasionale Vergadering geskryf word om die saak reg te stel, en dat ʼn openbare verklaring met alle tersaaklike inligting uitgereik word. Dit is gedoen.

Busisiwe Mkhwebane. Foto:
Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Hoewel Mkhwebane bogenoemde aanvaar, bevind sy nietemin dat Ramaphosa die parlement willens en wetens mislei het. Ramaphosa se regspan het aangedui dat hulle die bevinding sal teenstaan.

Die tweede aspek in die verslag is dat Mkhwebane bevind dat Ramaphosa alle skenkings aan sy interne ANC-leierskapveldtog moet verklaar aan die parlement, en dat hy die wet oortree het deur dit nie te doen nie.

Ramaphosa se regspan antwoord dat Mkhwebane juridies verkeerd is omdat alle tersaaklike regulasies en wetgewing handel oor voordele wat in politici se ampshoedanigheid bekom word – nie in interne partypolitieke wedlope nie.

Ramaphosa se regspan beweer voorts dat geen politikus al ooit verplig is om bydraes vir interne partypolitieke veldtogte te verklaar nie en dat daar geen wetgewing oor partypolitieke finansiering bestaan nie, so Mkhwebane tree buite die wet en buite haar mandaat op.

In hierdie verband verwys Ramaphosa se regspan na die wetgewing waarbinne die Openbare Beskermer funksioneer en wat haar mandaat definieer as die ondersoek na misbruik van staatsgeld en handelinge van ampsbekleërs en staatsamptenare in die uitvoering van hul pligte, en nie verwys na bydraes vir interne partyveldtogte nie.

Kortweg voer Ramaphosa se regspan dus aan daar is geen wette of regulasies in hierdie verband nie – hy kon dus per definisie nie enige wette of regulasies oortree het nie, wat beteken haar bevinding is ongeldig.

Mkhwebane maak dan die bevinding dat geldwassery moontlik voorgekom het in Ramaphosa se leierskapveldtog, en dat dit deur die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek moet word.

Benewens die argument dat die veldtogfinansiering buite haar mandaat val, meen Ramaphosa se regspan die bewerings dat hy by geldwassery betrokke was, word glad nie deur die beskikbare feite gestaaf nie, en is dus absurd.

Ramaphosa sal later volledig op die bevindings reageer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Andreas ·

Maar baie interessant is, ek sien vanmiddag dat die konstitusionele hof het ‘n uur na sy haar bevindings bekend gemaak het, getwiet dat hulle uitspraak oor haar beweringe betreffende die Reserwebank en Bankkorp, Maandag bekend sal maak.

Hoe toevallig!

Andreas ·

As mens die berig by die skakel lees kom mens onder die indruk daarvan dat hy onbeskaamd ‘n storie aan die parlement opgedis het op die DA se vraag. Dit lyk asof hy nooit met sy seun gesels het nie. Nou is hy soos ‘n kat op ‘n warm plaat en beweer hy het onbedoeld nie die waarheid vertel nie.

Andreas ·

Kom laat ek dit so stel, ek glo hy is nie korrup nie, gladnie, maar hy is my sy broek op die knieë gevang, en dit deur sy eie toedoen.

Strandloper ·

Jy kan nie sy “mentality” met joune of myne vergelyk nie al haal jy ook al wat uit as bewyse want hy lieg en bedrieg net soos sy voorganer.

Kallie ·

En moenie vergeet nie, Ramaphosa het Zuma vir 9 jaar gedien as afjunk, stil en gedweë, besig net sy “langtermynplan”.

Knersis ·

En so werk Mmusi Mainane en die DA lekker saam met die Zuma ondersteuners. Mooi so DA. Julle gaan die land saam met Zuma en Ace opfoeter

lhs ·

nee wat, as verseker geen ondersteuner van die ANC of enige gelyksoortiges nie moet ek sê dat die vrou helemal van die wa af is met die ene. Hierdie is duidelik n poging om die aandag van Zuma en haarself wat talle kere al as onbevoeg uitgewys is, af te trek. Daar is veel belangriker dinge om te ondersoek maar dit is juis daardie goed wat sy nie wil ondersoek.

Kallie ·

Indien daar iets verkeerd is, moet die DA nou tjoepstil sit en wag vir die ANC om die gemors uit te sorteer?

Danie ·

Ace en Zuma kom weg met moord en met miljoene rande en nou wil jul CR se kop eis? Sorteer eers die ander uit en dan kan julle CR aanvat. CR is seker meer van sekuriteit op oomblik as wat een van die ander wat wag om oor te neem, Indien dit so sal kom,. is ons in groot moeilikheid. Laat toe dat die ander in tronk gebere word en sodooende is die grootste gevaar vir eers OK. Laat ook toe dat die sulkes mekaar uit roei. Besef julle dat ons nou moet saam staan soos nog nooit tevore (wit en swart en enige ras) om te oorleef in wat reg en eerbaar is vir ons land en kinders.
Sit en maak somme – Laat `n belaglike R100.00 toe vir elke persoon in tronk, per dag sonder bewaarder se salris en voordeele, onderhoud op geboue, hul Gym, stokperjies, medies, rehab en wat nog moet in ag geneem word. R100 x 10 000 gevangenise = R1 000 000‬ (1 miljoen) per dag en ek dink die aantal mense is nog meer. As die geld kan gebruik word vir medies, ou mense en ander dinge wat kamstag aan arm mense voorsien moet word, kan ons better leef. Dan sal ons minder belas word en SA kan weer herleef.

Adrian ·

So Cyril jy het klaar die padda stadig gekook bbbee ens vir witmense nou is dit jou beurt ouboet. Heh heh

humor ·

Daar sit meer agter hd vervolgingswaansin. In vergelyking met die breinlose z wat niks kan onthou nie en ace is sy besig om vliee te vang.

Danie ·

Stem 100% saam, CR is ons minste bekomernis tans en Zuma, Ace en sy trawante wil nou ander dinge voor druk om los te kom en aandag van hul af te neem. Die sogenaamde PP is kop in een mus. Ek dink CR het verander, maar weens druk van Zuma trawante en kan nie doen wat hy wou en wil nie. Nie voor die ander elemente verwyder is nie. CR is geen engel nie en kan met tyd uit geskakel word deur opposie as hy nie hou by wat die land en sy mense wil he nie. Daar moet ook `n ander kies stelsel gebruik word om sodoende korupsie uit te skakel. Dit is so maklik, scan jou duim of ledemaat afdruk, met jou gesig en siedaar – klaar getel en geen duplikate nie. geen verdorwe stemme nie en 50% meer mense sal stem wat nou nie wil A,G.V stelsels en korupsie.

Andreas ·

Elke keer as ek hier by die berig kom lees, staan my oë stil by jou kommentaar. Jy is soo reg.

Gert van Wierdapark ·

Sy is om met “ingewikkelde” verslae, wat die Reserwebank-mandaat en die Vrede Melkplaas misoes insluit, SA verder in die afgrond te help. As uitverkosene van n vorige dik tator, word geen Steen onaangeraak om bollie aan te jaag nie!!! Herroep die besluit oor Israel en bevorder haar as ambas-sa-deur soontoe!!!

Tokkie ·

Die DA het groot ondeurdagte skade aan die land se demokrasie gedoen – die Zuma kamp het klaar hulle plan reg om korrupsie en staatsbeheer in aksie te sit as CR onttroon word

fred ·

cr het ook geraamtes in sy kas …hy was sy ganse lewe deel van hierdie korrupte ANC…nou moet hy pa staan …

Johann ·

Cyril het nooit enige sent in sy sal gesteek nie. Baie maatskappye dra by tot verkiesingsveldtogte. Zuma het persoonlik miljoene Rande se omkoopgeld gekry en die staatskas leeg getap en hy is beskerm. Ek glo steeds Cyril is ‘n eerlike man en die oplossing vir SA.

Strandloper ·

Bla bla bla…. jy blyk n groot ondersteuner te wees van die pandok regeering….

hendrik ·

Se jy dan vir ons waar kom CR se biljoene vandaan. Alles in so n kort tyd.

AntiCR ·

Johann net ‘n vinnige vragie. Hoeveel Bee maatskappye het Cyril aandele in? Elke keer waar groot maatskappye, soos ‘n Shell, aandele gegee het aan swart bemagtiging was CR voor in die ry. Hy het van ‘n gewone prokureur tot die 8e rykste persoon in Suid Afrika gevorder dmv bemagtiging. Hy het nie by een van die maatskappye ‘n vinger gelig nie, behalwe om sy bee aandele in sy kluis toe te sluit. Dit is waar sy biljoene vandaan kom. Geen ander swart persoon het nog ooit so ‘n groot slag geslaan as CR nie. Die geld wat hy besit was vir minder bevooregtes bedoel, maar hy het seker gemaak dat hy die voorloper was by al die bemagtings transaksies.

Kallie ·

Ramaphosa het goed geskep. Myne, banke, kitskos, selfone, voedsel, energie, noem maar op. En moenie sy swaer Patrick vergeet nie. Saam met ander swaer Radebe gaan huule die energie landskap oorheers.

Andreas ·

AntiRC, hulle moes iemand in die direksie opneem ingevolge SEB, as dit nie CR was nie, sou dit wel iemand anders wees. So het elke besigheid aan die ‘oproep’ moes voldoen. Dit sê nie die persoon wat Ge-Seb is was korrup nie. Dit is ook waarom hordes ANC mense geskep het, hulle het dalk niks gedoen nie, was nie korrup nie, het geen kennis gehad nie, hulle was wel prominent teen apartheid en helde vir hul eie mense, so het SEB vir hul welvaart en ‘n hogere pos gesorg, terwyl hulle niks van die taak opgelê en die besigheid geweet het nie, hulle was net die gesig met ‘n glimlag wat bemark is, en waarom ‘n advertensie gebou is.

Gemaskerde Sopbeen ·

CR behoort die gehate witman te bedank vir instansies soos die JSE, waarsonder hy nie sy BBEEE miljoene sou kon bymekaar hark nie!!! Nou gaan hy daardie geldjies moet aanwend om sy regs-span te betaal……om die eier van sy gesig af te krap!! Lekker warm word daai pot water nou….

Liamari ·

Ek voel die DA moes uit hierdie saak gebly het. Want wie volg vir Ramaphosa op as hy gaan? Dan is ons terug waar ons was.. In die hande van die staatskapers. Ramaphosa is ‘n biljoener. Ek twyfel of hy korrup is.

Petrus ·

Ramaphosa het nie gewerk vir sy welvaart nie. Hy het SEB gebruik om aandele te bekom, sonder om iets nuuts vir gewone mense te skep. Soos dit maar gaan wil hy nog meer hê.

Leatitia ·

Ek het ook al gewonder wat dink mense wie gaan president wees as Cyril Ramaphosa uitgewerk word???

Kallie ·

Wat wit mense dink is van min belang. Swart mense slaan die kitaar.

S ·

Andreas en Johann, met alle respek gesê, hoe op dese aarde kan julle die mens(e) vertrou??

Bianca ·

Wát Ramaphosa gedoen het, wás verkeerd, maar Zuma het niks oorgekom nie!
HIER KOM GROOOT MOEILIKHEID AS DIE Z FAKSIE BINNE ANC,WÉÉR BEHEER GAAN NEEM

Deon ·

Kom ons vertrou die ANC skeur en gematigdes in die land stig ‘n nuwe beweging wat die sentrale middelgrond vul, vry van rassisme wat die Afrikaner sy plek in die son gun.

Hoopvol ·

Deon, ek hool ook daarvoot en dink die kanse is goed dat dit wel die geval gaan wees.

Bianca ·

Skokkend, die binnegevegte en rug- steekery van korrupte ANC!
Sal daar ooit iemand BETER aan bewind kán kom,asit soooo gaan..?
Oooohhhh…mnr Malema slyp sy tande

Eunice ·

Genade tog,die duiwel hardloop loshande rond!
Hemelse Vader, Help asb en Wees ons pragtige sonskynland Genadig

Deon ·

My liewe Eunice, dit wat tans op die Kaapse vlaktes afspeel is net ‘n mikro kosmos vir dit wat vir SA voorlê. Anargiste is besig om SA oor te neem.

Derek ·

IS daar een anc kader, wat NIE n geraamte ini kas het,wat ons land kan bestuur of beter kan bestuur as Ramaphosa ?

otterman ·

Soos in die natuur – die wildehonde is besig om trop teen trop op te ruk vir die fees. Dit gaan ‘n bloedbad wees

Lida ·

OB is deur zuma aangestel om hom te beskerm. Dis wat sy nou doen. Zuma het gesê ander sal saam met hom val. Dis wat hy nou doen.

Jimmy ·

Ramaphosa het nie vriende nie, behalwe Roelfie en ‘n paar MM lesers.

Dink weer ·

Nou hoe het hy dan dit reggekry om die president te word?

Jimmy ·

Hy het vriende in die ANC gehad wat hom verkies het bo Zuma se eks, ook maar net-net. Nou het hulle teen hom gedraai. Dink weer.

Danie ·

Kan wees, maar A.G.V. geraamdes in die kas word hul seker nou in `n hoek gedruk om hul rug op CR te draai. In sekere mate is dit CR se eie skuld toe hy sy vyande aanstel om naby hom te hou en so is die meerderheid van stemme nou teen hom. Ek hou nie van politiek nie want dit is net `n gemors en al rgeer wie ook al, WIT, SWART BRUIN, ONGEAG RAS- daar was en sal altyd korupsie wees, dit is net `n kwessie van hoe goed jy is om dit weg te steek en op `n baie klein maat sodat dit nie so ooglopend is nie en dat die staat nie ineenstort nie. Want die oomblik as die staat in een stort is jou “fooitjie” wat jy kry in sy hel. As daar twee spalk kom is die kanse goed dat EEF kan oorneem of saamsmelt met die een wat die mees Zuma gesind is.

Oujongvrou ·

Die eff sit en wag op die kantlyn. Het hierdie vrou nie miljarde se sake om op te los nie, vir wat hamer sy so op diè ou bedraggie. Sy werk saam met Ace en kie.

Jan ·

Die MM vriende van Cereal. Stockholm sindroom. Na weke van “smiling pawpaw” is al die fotos in die media skielik van hierdie ernstige politikus met botter wat in sý mond nie kan smelt nie. Wat n klug.

Jimmy ·

Jan, dit gaan my verstand ook te bowe. Ons boervolkie word maklik ‘n rat voor die oë gedraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.