Só daal brandstofpryse

(Foto: pixabay)

Motoriste sal van Woensdag af minder vir brandstof betaal terwyl paraffien en gas duurder word.

Alle grade petrol daal met 27c per liter. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% sal met 12c per liter daal en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 11c per liter. Paraffien sal egter met 20c per liter styg terwyl gas 26c per kg duurder sal wees.

Die gemiddelde internasionale brandstofpryse het in die oorsigtyd gedaal terwyl die prys van paraffien gestyg het.

Die rand het die afgelope maand vasgestaan teen die Amerikaanse dollar en selfs verder verstewig. Die gemiddelde rand-dollar-wisselkoers vir die tydperk 2 Oktober tot 29 Oktober was R16,47 teenoor R16,72 in die vorige tydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

As jy patrioties is, as jy vir jou land omgee sal jy môre gaan petrol gooi. Suid Afrika het die geld nodig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.