Só dink misdadigers; volg dié wenke vir hoër veiligheid

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Volgens die jongste statistieke wat die Suid-Afrikaanse polisiediens vandeesweek bekend gemaak het, is daar in die afgelope boekjaar reeds meer as 245 000 huisbrake landwyd aangeteken.

In dieselfde boekjaar het 22 343 huise volgens dié statistieke onder huisroof deurgeloop.

Elmarie Twilley, ʼn woordvoerder van Virseker, sê dié statistieke kom neer op 61 huise wat daagliks in Suid-Afrika beroof word en 676 huise wat daagliks onder huisbrake deurloop.

“Hierdie statistieke is skokkend. Wat kommerwekkend is, is dat dit maar net die voorvalle is wat wel aan die polisie aangemeld is,” sê Twilley.

Navorsing deur prof. Rudolph Zinn van Unisa se skool van kriminele reg en polisiepraktyk, wat in-diepte onderhoude met 30 veroordeelde rowers gevoer het, het talle sleutel-insigte oor misdadigers bekend gemaak.

Dié navorsing het bewys dat misdadigers gewoonlik werk in groepe van vier, dat hul motivering hoofsaaklik geldelike wins is en dat hulle teikens kies op grond van opsigtelike rykdom. Die misdadigers het ook erken dat hulle dikwels inligting ontvang van huishulpe, tuiniers en veiligheidswagte en dat hulle spesifieke huisie kies met lae sekuriteit wat ook maklike ontsnappingsroetes na ʼn hoofweg het.

Verskeie veiligheidsmaatreëls kan moontlik bydra tot jou en jou gesin se veiligheid:

  • Klein hondjies waarsku jou gewoonlik vroegtydig teen ʼn
  • ʼn Elektriese heining om jou grensmure dien dikwels as afskrikmiddel.
  • Kringtelevisiekameras en ʼn interkom verhoog jou veiligheid selfs meer.
  • ʼn Alarmstelsel met sensors tel enige bewegings in jou huis op. Maak egter seker dat dié stelsel gekoppel is aan ʼn Maak ook seker dat jy ʼn paniekknoppie ontvang.
  • Installeer veiligheidsligte buite jou huis wat aanskakel wanneer daar beweging is.
  • Moenie probeer spaar op deure en veiligheidshekke nie – kies veral dié met hoëgehalte slotte.
  • Trek jou gordyne in die aand toe om te verhoed dat misdadigers binne die huis kan kyk.
  • Maak seker daar is ʼn “veilige kamer” in jou huis waar jy en jou geliefdes kan skuil – verkieslik een met ekstra sekuriteit en veiligheidshekke terwyl julle vir ʼn veiligheidsmaatskappy wag om by die toneel aan te kom.
  • Onthou om enigeen wat toegang het tot jou huis – soos byvoorbeeld ʼn huishulp of veiligheidswag – se besonderhede en agtergrond deeglik na te gaan voordat jy ʼn aanstelling maak.
  • Gaan jou eiendom na om enige kwesbare punte te identifiseer waar voorwerpe soos telefoonpale of bome dit maklik maak om oor die heining te spring.
  • Maak gebruik van ʼn hek met ʼn elektriese motor omdat dit jou kwesbaar maak om eers uit jou motor te klim en die hek oop te maak.
  • Wissel jou roetes weekliks af om te verhoed dat jy agtervolg word.
  • Moenie waardevolle items soos grassnyers en voertuie vir lang periodes buite los nie. Verwyder ook alle voorwerpe soos tuingereedskap uit jou tuin wat gebruik kan word om toegang tot jou huis te verkry.

Vir soortgelyke wenke soos dié, besoek Virseker se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

willie ·

en jy hoef nie te adverteer jy gaan met vakansie nie, pak jou motor en of sleepwa in jou motorhuis agter ñ toe deur en maak seker jou diere is versorg!

Koos1 ·

Willie, so waar. En bly ook weg van sosiale media as jy met vakansie is. Krininele het ook facebook!

Tina ·

En hierdie mense wat karavane het wat so in die oog staan, sodra hulle sien die karavaan is weg dan weet hulle jy is met vakansie. Maak mens siek dat jy so moet lewe!

MJ ·

Presies, ons karavaan staan voor in ons erf, as hy nie daar is nie weet almal ons is weg. Moet my ouers kry om in ons huis te kom bly as ons met vakansie gaan.

snoefie ·

die wenke is goed en wel maar elke mens het die reg om veilig te wees. of jy tuis, in die kerk, skool, winkel of op straat is. soveel haat en nydigheid. om nie eers van hebsug te praat nie.

Johannes Meintjes ·

Is so, meen ek, Snoefie. Alle verantwoordelikhede rus deesdae direk op die man en vrou op die grond? Dit maak nie sin nie! Waar is (Afrikaner en nasionale regering) leierskap op alle tersaaklike terreine, – soos bv. die kerk t.o.v. gemeenskaps moraliteit en welsyn, die SAPD op die terrein van effektiewe beveiliging, en politieke leiers op die terrein van oortuigende administrasie, burgerregte en minderheidsregte?

Anthony ·

Hek met motor help nie ! Hulle breek eenvoudig die “rack”-rat met ‘n hefboom weg van die aandryfrat en stoot die hek oop. Vra my buurman langsaan. Maak jou sypaadjie skoon van struike wat skuiling verleen aan die gemors en wees waaksaam as jy uit jou motor klim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.