Só gaan Akademia Afrikaanse universiteitswese verseker

Piet le Roux. Foto: Reint Dykema

Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia Foto: Reint Dykema

Akademia het Sondag vyf wyses bekend gemaak waarop hy die voortsetting van die Afrikaanse universiteitswese wil verseker.

“Die versnelde afskaffing van Afrikaans by tradisioneel Afrikaanse universiteite noodsaak wat NP van Wyk Louw ‘ʼn gemeenskap se waagstuk’ sou genoem het: dat Afrikaanse mense nou sélf die Afrikaanse universiteitswese voortsit,” het Piet le Roux, akademiese hoof van Akademia, gesê.

Akademia is ‘n privaat verskaffer van hoër onderwyskwalifikasies in Afrikaans. Dit vorm deel van die Solidariteit Beweging.

Volgens Le Roux behels Akademia se vyfpuntplan die volgende:

1. Werkswinkels vir ʼn nuwe residensiële universiteit
Akademia hou binne die afsienbare toekoms werkswinkels in Pretoria, Stellenbosch en Bloemfontein om gemeenskapsinsette te bekom en planne te beraam vir ʼn residensiële uitbreiding van Akademia.

2. Uitbreiding van bestaande hoëtegnologie onderrigmodel
Akademia se huidige hoëtegnologie-onderrigmodel word uitgebrei met verskeie nuwe studiesentrums landswyd, en oor die volgende drie jaar word BA’s, BSc’s en mediese en regsprogramme naas die bestaande BCom-programme toegevoeg, met studentegetalle wat tot meer as 2 500 teen 2020 toeneem.

3. Navorsingsgenootprogram
Akademia beplan die aktivering van ʼn navorsingsgenootprogram, vir navorsers wat met Afrikaans en Akademia geassosieer wil wees.

4. Internasionalisering
Akademia sluit ooreenkomste met akademiese instellings internasionaal met oog op samewerking en uitruilprogramme.

5. Gemeenskapsvennootskappe
Akademia sluit samewerkingsooreenkomste met Afrikaanse gemeenskapsorganisasies vir onderskrywing van kwalifikasies, studentewerwing en ander projekte.

Akademia se bestaande hoëtegnologieonderrigmodel

Le Roux verduidelik Akademia staan vanjaar in sy vyfde akademiese jaar, met ʼn suksesvolle hoëtegnologieonderrigmodel. “Inskrywings vir vier BCom-programme en drie hoërsertifikaat- en gevorderde diplomaprogramme, alles volledig geakkrediteer, word tans aanvaar. Studentegetalle het vanaf 273 verlede jaar tot 420 vanjaar toegeneem en sowat 800 studente word volgende jaar verwag,” het hy gesê.

Studente loop vanjaar klas by enige van sewe studiesentrums landswyd, insluitende vyf in Gauteng (Centurion, Moot, Vanderbijlpark, Boksburg, Klerksdorp) en twee in die Wes-Kaap (Somerset-Wes en Bellville).

Verskeie nuwe sentrums word volgende jaar toegevoeg, insluitende in Bloemfontein, Paarl/Wellington en George.

“Dosente, programontwikkeling, gehaltebeheer, administrasie en dies meer is by Akademia se sentrum in Centurion gesentraliseer. Omdat klasse na-ure aangebied word, kan studente werk, inkomste verdien, ervaring opbou en studeer tegelyk,” het Le Roux verduidelik.

Akademia beplan om teen 2020 ʼn omvattende programaanbod, insluitende BCom’s, BA’s, BSc’s en regs- en uitgesoekte mediese kwalifikasies met sowat 2 700 studente in sy hoëtegnologieonderrigmodel te huisves. Akademia se hoëtegnologiemodel verbind studente en dosente in interaktiewe videolesings dwarsdeur die land regstreeks en via optieseveseltegnologie.

Waarom ʼn Afrikaanse universiteit?

“Akademia dink anders as universiteite wat Afrikaans geringskat oor wat ʼn universiteit moet wees: ons dink daaraan as ʼn gemeenskapsinstelling,” het Le Roux gesê. “Vir Akademia is ʼn universiteit ʼn brug tussen die gemeenskap en die groter wêreld, tot verryking van albei. Ons rig ons daarop dat ons studente en personeel die beste akademie, wetenskap en kultuur uit Afrikaans na die wêreld neem en terselfdertyd die beste uit die wêreld na Afrikaans bring.”

Le Roux verduidelik Akademia wil teen twee wanbalanse waak. “Die eerste wanbalans is om aan die een kant vasgevang te raak in eie kring. Ons wil soepel bly in ons gemeenskapsopvatting en uitreik na die wêreld in sy groot diversiteit. Juis hierom beskou ons onsself nie sommer as ʼn nasionale bate nie – ʼn behoorlike universiteit is eerder ʼn internasionale bate.”

Hy voeg by aan die ander kant is daar ʼn wanbalans om eensydig globalisties te word. “Baie universiteite vandag beskou hul gemeenskappe en gemeenskapsverantwoordelikheid as ʼn blok om die been, wat hulle in die weg staan om akademies te presteer en internasionale aansien in te palm. Hiermee skei hulle die kulturele dimensie van die akademiese dimensie – en loop die risiko om geleerde, maar gemeenskapsonverbonde en daarom ongekultiveerde studente te kweek.”

Le Roux voeg by Akademia glo dat ʼn balans bereik kan én moet word. “ʼn Behoorlike universiteit moet gemeenskap en wêreld aan mekaar verbind – en vir ons beteken dit in Afrikaans. Is dit moontlik om vandag ʼn nuwe Afrikaanse universiteit uit die niet te begin? Nee. Maar is dit moontlik om dit te doen op die fondament en voorbeeld van ʼn breë Afrikaanse gemeenskap met ʼn anderhalfeeu se onderwyservaring? Ja!”

Besoek Akademia se webwerf en besoek Akademia se Facebook-blad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Doen so voort Akademia sal bly bydra in die toekoms

John ·

Ek mis die woord, akkreditasie. Buitelandse filiale sal die selfvertroue van die bestuur en studente sterk. Ons huidige universiteite tel nie eintlik onder die bestes in die wereld nie, inteendeel, hulle posisies kan selfs laer neig met die oog op die chaotiese gebeure onlangs. Baie van ons afgestudeerde studente moet as hul in die buiteland aanland toelatingseksamens afle om die standaard van hul onderrig te toets. Wat is mnr(?) Piet le Roux se akademiese kwalifikasies?

Kobus ·

Dan moet ek byvoeg, jy bevraagteken Piet se kwalifikasies, terwyl dit maklik bevestig kan word. sies vir jou, meneer die hooggekwalifiseerde en jou omgee vir Afrikaans.

dirk ·

johnnie jy moet meer lees perd, ons instellings is wel van die beste in die wereld. slaan dit na op die internet ( afgelope twee maande) ; die akademia kursusse wel geakkrediteer soos in bg artikel beskryf. die rede hoekom daar in die buiteland ekstra kursusse is omdat ons regselsel enig is, mense taalkundig getoets word ens. ens min te make met die kwaliteit van sekere kwalifikasies self

Kobus ·

Skuus John, ek het jou persoonlik aangeval, Dirk het dit reg hanteer.

Leeukop ·

Daar staan duidelik dat dit geakkrediteer is. Ek dink wel dis belangrik om dit te akkrediteer nie net in SA nie maar deur globale of oorsese akkreditasie organisasies want soos ek die kommunistiese korrupte regering kan gaan hulle of groot bribes vra of summier dit nie akkrediteer nie, soos ons al gesien het hoe hulle wegkom met sulke onverantwoordelike “besluite”.

Disselboom ·

Kon ook nog nie Piet le Roux se akademiese rekord op die internet opspoor nie. Sal hulp met die stukkie inligting waardeer. En sommer die ander Akademia-mense s’n ook.

jaco ·

1. Wat help dit jou wit Afrikaanse kind het n wonderlike graad van Akademia en dan kry hy nie werk daarmee nie NET omdat sy velkleur wit is?
2. As Akademia zo wonderlik gaan uitbrei, is sy personeel later So groot dat affirmative action daar toegepas moet word. Om daarby verby te kom deur token jobs vir Kleurlinge te gee, gaan nie werk nie. Vir Kleurlinge word alreeds gese “Julle is nie swart genoeg nie en Julle het minder as swartes onder apartheid gely”
3. Met hierdie odds teen Akademia, zal hy oor 5 jaar op die langste toemaak

Leeukop ·

Nou hier het ons die tipiese glas half leeg pessimis. Daar is mos die suurknolle wat dink als is onmoontlik. Dis lafaard om te gaan le en se ek gaan inelkgeval nie werk kry nie.

Oom Ekonoom ·

1. Die ekonomie gaan nie vir ewig in resessie bly nie, en jou kanse om werk te kry as jy n graad het, veral in die regte rigting, is steeds baie groter as wat dit is sonder n graad. Maar dit dui ook op die belangrikheid van entrepreneurskap opleiding as deel van die leerplan want dit is n vaardigheid wat alle jongmense nodig het.
2. Geldige bekommernis. Daarom kan Akademia fokus op sy “virtuele” aard, uitgebreide samewerkingsbande globale konneksies en tegnologie, sodat die wat jaloers is nie maklik houvas op die instelling kan kry nie. Gelukkig is die kennis en innovasie industrie globaal en sonder grense, en kan so ontwerp word dat n gretige diktator nie maklik sy kloue daarop kan slaan nie.
3. Nee, daar le n blink toekoms voor.

JC ·

Ja ou jaco man jys darem te wonderlik ne……? Indien jy nie iets positiefs te se het of opbouende kritiek se asb niks,ons het nie jou negatiwiteit nodig nie en JA die Afrikaanses sal saambou aan AKADEMIA!

Naas Olivier ·

Dis belangrik dat jy besef niemand in hierdie land het n “ras” nie. Daar is geen amptelike register waarin jou ras aangeteken is nie. Ras het in 1993 verdwyn toe die bevolkings register gewysig is om die gees van die nuwe Suid Afrika te reflekteer. Wanneer jy gevra word om jou ras op vorms in te vul kan jy werklik daar skryf net wat jy wil. Dis n “sisteem” wat nie bestaan nie en wat deur mense wat nie van beter ingelig is nie lewendig gehou word. Alle skole en spanne voldoen dan aan sogenaamde kwotas wat vir hulle gestel word.

jaco ·

Waar gaan n wit Afrikaanse student met n duur en wonderlike Akademia graad eendag werk kry as hy moet hoor “jy kan nie die werk met nie want jou velkleur is nie reg nie”
Moenie se “gaan Australië toe” nie. Australië kan nie maar net wit immigrante inneem en inneem nie EN om in ‘n ander westerse land in te kom, is n BAIE duur proses.

John ·

Toemaar Kobus, jy’s ok. Miskien moet Akademia juis met onnosel buitestaanders soos ek in gedagte, adverteer/spog. In bogenoemde PR-skrywe kort hierdie inligting. Ryk ouens (nie ek nie — te dom) en voornemende studente, wil beindruk word. So moenie skaam wees met inligting nie.

Kobus ·

Skuus weer John, dit kom van jare se frustrasie. Elkeen het ‘n plek in die son.

Jan Jooste ·

Solidariteit en Akademia is besig om ons weer trots te maak op wat ons kan bereik. Ander brand en breek – maar ons bou. Veral is ons besig om ‘n uitnemend kundige nageslag te bou – wat die ENIGSTE basis is van werklike oorlewing. SA se regering is behep met SEB, terwyl ons aandeel van wereld bruto binnelandse produk sedert 2010 besig is om te val, tans tot by 0,46 %. Met kundige volksgenote is 0,46 % van die wereld wat SEB toepas eintlik steeds maar net een tweehonderdste van die wereld. Daar is ‘n 99,54 % van die wereld – wat met kundigheid oorwin kan word. Dit is waar Akademia vir ons ‘n mededingende voordeel bou. Geluk en sterkte! Ek bid vir sukses.

Lance ·

Pragtig ! Baie trots op Akademia …gaan nog enege staande instansie dalk wees as ek sien hoe mense breek en brand …jy brand tog nie iets waarop jy trots is en op wil voortbou nie …

Oom Ekonoom ·

Baie indrukwekkend en realisties uitvoerbaar kanksy die leoerskap en almal betrokke. Wat kampusse aan betref: daar kort een in die wesrand en mpumalanga, en daar gaan hopelik ryklike sosiale interaksie tussen die kampusse wees want kampuslewe is n groot oorweging vir skoolverlaters. Wat tegnologie en kursusse aan betref, ek sou byvoeg dat julle ook kortkursusse insluit en dit nie net na ure aanbied nie maar ook online via apps waarop videos afgelaai kan word vir “offline viewing”. Dis belangrik dat die goeie kennis wyd gedeel moet word want ons moet ons ekonomie nou opbou, en kortkursusse kan die kennis daarvoor gee. Bied ook entrepreneurskap aan want dis al hoe ons gaan werk skep vir onsself.

ada ·

Baie baie dankie aan Akademia!Ek is so trots op julle en haal my hoed af vir julle. Julle het visie inbors integriteit geloof en gee hoop aan ons Afrikaanse nasie.

John ·

Jul webbladsye is goed aan die gang, maar ek mis tog inligting oor die kwalifikasies van die personeel, of ek kyk dit mis. Dan maak ek verskoning.

Disselboom ·

Dis nou nie dat Disselboom met alles wat John orals skryf, saamstem nie, maar John is ‘n skerp denker en die soort ou wat jy langs jou in die wedloop nodig het om jou te druk tot by die rekordtyd.

John se vraag oor die kwalifikasies is nie ‘n aanval nie: dis ‘n geldige versoek wat geantwoord moet word.

Argumentsonthalwe: daar word maklik gesê hierdie en daardie rektor is ‘n politieke aanstelling as dit by die bekende universiteite kom. Help die Akademia-ondersteuners met inligting om te bewys Akademia se bestuur en dosente is nie politieke (of dan, blote Afrikaans-is-alles) aanstellings nie.

Jan Jooste ·

Hello John,
Sien Poplap vestig aandag op jou vraag wat nie beantwoord is nie. Ek is seker Akademia is terdeë bewus daarvan dat ‘n volwaardige universiteit vereis voldoende gekwalifiseerde personeel – en sal spoedig daarheen beweeg. Vir die aanvanklike pionierswerk is ruggraat dalk belangriker dan akademiese grade. Ons tradisionele universiteite het genoeg grade – maar te min ruggraat?

Jan Jooste ·

John en almal wat oor kwaliteit besorg is (natuurlik met reg),
Ek is bykans 20 jaar in tersiëre onderrig betrokke en het nou as deel van Akademia se sakeplankompetisie, twee dae van werkswinkelblootstelling gehad by Akademia. Hul materiaal is uitstekend, die dosente was absoluut leiers in hul veld en ek het baie geleer. Hierdie is bes moontlik die belangrikste stimulus nog in die Afrikaner se bestaan (minstens in die huidige tydsgewrig).

Gemsbok ·

Enige residensiële universiteit sal so geplaas moet wees dat dit die demografie van die mense in sy onmiddelike omgewing verreken.

Stellenbosch, Pretoria, Bloemfontein, Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth het elkeen voormalige Afrikaanse residensiële universiteite gehuisves, waarvan die behoud onvolhoubaar geword het omdat die universiteitsbesture, die politici en die werkgewers in die onmiddelike omgewing Engels verkies het.

Daarom kan ‘n nuwe residensiële universiteit slegs volhoubaar wees indien dit in die Weskaapse of Noordkaapse platteland gehuisves word.

Ek is persoonlik ‘n voorstaander van Orania as voorkeur ligging vir die nuwe residensiële kampus.

Bokka ·

Gemsbok, die reel geld sover ek weet net vir publieke universiteite. Maar ons kan verwag dat hulle gaan wil inmeng, daarom moet Akademia n sterk “in the cloud” komponent he deur gebruik van tegnologie.

christine ·

Natuurlik ons kan nie sit en dink ons moet sit met ons rue teen die see nie. Ons moet gereed wees die ANC gaan hulle dinges sien kort voor lank ons kundiges is oorsee, wie gaan in die land oorbly om oor te neem. Ek se gaan aan bemagtig julleself maar PASOP dat 5 Mnr Swarts nie ook hier inskryf en dan die taal misbruik om te leer nie nie en dan agterna eis dat hulle in Engels wil leer nie.

John ·

Gemsbok, Orania huisves slegs wit Afrikaners en Akademia wil al die kleure van ons reenboognasie ea wat Afrikaans praat, intrek, omarm en inbed. Dit sal nie daar werk nie tensy Akademia oorlog verklaar teen die’ Boere-laer, die keer langs ‘n ander rivier… julle sal weer sleg tweede kom… Die Noordkaap is ‘n goeie plan maar daar is ongelukkig ook ander roeringe van nog ‘n bevolkingsgroep wat plase begin opkoop, wat sien hoe ‘vrugbaar’ die gebied is en reeds sonpaneelplase aangele het. Ek hoop Orania brei sy grondgebied vinnig uit anders word dit vasgepen in ‘n klein hoekie en adem net masala oggend tot aand saam met die westewindjie.

Gemsbok ·

John,

Twee punte:

1) Jy het nie ‘n volhoubare alternatief aangebied nie. Inden jy wil debatteer moet jy meer kan bied as slegs kritiek;
2) Orania lewer sedert sy ontstaan goedere en dienste aan alle Suid-Afrikaners asook aan die buitelandse mark. ‘n Pekaneut wat op Orania geproduseer is vra nie wat die velkleur is van die persoon wat hom eet nie. Dit geld ook toerisme en ander dienste. Daar is geen rede waarom Onderwys nie ook aan almal gelewer kan word dat daarin belang stel om in Afrikaans te studeer binne ‘n Afrikaner-mileu nie.

Gemsbok ·

O ja, wat grondgebied en die toekomstige benutting daarvan betref is dit duidelik dat jy meer tyd sal moet belê in die bestudering van sensusdata en die tref van vergelykende studies van bevolkingsverandering tussen die Noord-Wes Kaap en al die ander streke van Suid-Afrika,

Leeukop ·

John, vertel meer van die bevolkingsgroep wat begin plase koop in die noord kaap, watter groep is dit? Jy is reg dat Orania moet uitbrei, en vinnig ook. Orania het wel goeie landbou maar dit kan baie kwesbaar wees want hulle is afhanklik van besproeiing en ons regering kan enige tyd en baie maklik daardie water afsny, onwettig maak om te onttrek, of dit bloot net stroomop opgebruik.

Gemsbok ·

Leeukop,

Om Orania se toegang tot water uit die Oranjerivier te ontsê, behels:
a) ‘n Reuse ingenieursprojek wat etlike dekades sal neem om te voltooi wat alle afloop na die Oranjerivier vanaf Lesotho tot by die Vanderkloofdam sal moet herlei
b) om nie alleen Orania van water te ontneem nie, maar ook Namibië en alle dorpe stroomaf van Orania, wat plekke soos Hopetown, Douglas, Upington, Prieska, Oranjemund ens insluit en sal die hele gebied vernietig
c) talle internasionale konvensies oortree
d) finansiële bronne verg wat nie beskikbaar is vir ‘n ekonomie wat op die rant van gemorsstatus kantel nie
e) op ‘n oortreding van die Grondwet neerkom wat basiese drinkwater as onvoorwaardelike reg aan alle Suid-Afrikaners waarborg, wat beteken dat sulke wette prakties onuitvoerbaar sou wees.

Ek kan dis nie insien hoe die regering “maklik” Orania se toegang tot water sal kan “afsny” nie.

Leeukop ·

Gemsbok, alhoewel ek steeds bekommerd is oor watertoegang vir Orania wil ek dankie se vir jou goeie antwoord.

Poplap ·

Leeutjie dit wil al lyk asof jy nog nooit in Orania, die benede Oranjerivier en die Vanderkloof dam was nie

Poplap ·

Snaaks John se vrae word steeds nie beantwoord nie. Is daar dan niemand van Akademia wat dit wil adresseer nie?
Wil ook graag weet hoeveel studente Akademia tot dusver opgelewer het en hul plasing in die werksplek maw hoe het die mark die Akademia graad ervaar in vergelyking met ‘n graad van Tuks/Stellies/Portchester etc etc.
Dis nie ‘n strik vraag nie dis realisties vrae wat elke ouer himself moet afvra voordat sy kind keuses maak

Gemsbok ·

Wel, as John ‘n antwoord van Akademia verwag moet hy seker sy vrae an Akademia rig en nie aan MaroelaMedia nie…

Verder word die standaard/kwaliteit van die indiwiduele grade gereguleer deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid terwyl die instansie self se vermoë om die grade aan te bied deur die Suid-Afrikaanse Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gereguleer word. Akkreditasie by beide liggame stel Akademia se graadkursusse op gelyke voet as die “University of Pretoria”, die “University of Stellenbosch” of die “North West University”, etc. (ek weet nie waarom jy meer as een etc. gebruik nie).

Leeukop ·

Ek het nognie Akademia afgestudeerdes ontmoet in die werksplek nie maar ek glo hulle sal net so gesig wees as enige goeie universiteit. Ek kan wel oor Soltech getuig – hulle is hoogs in aanvraag en doen baie goed in die praktyk. Ek sien geen rede waarom Akademia nie ook top op akademiese vlak sal wees nie.

Poplap ·

O wee Gemsbok.
Miskien moet jy eers lees voor jy kommentaar lewer. Jy moet ook dalk besef dat aanval op grammatical en spelling gewoonlik plaasvind as die skrywer geen ander logiese argument het om mee op te kom nie.
Die vraag was hoe die MARK (jy weet die wye wereld wat jy duidelik nie wil erken bestaan) reageer op Akademia se grade. Miskien is daar ‘n Akademia student wat klaar afgestudeer het wat kan antwoord hoe hy die werkgewer se reaksie op Akademia graad ervaar het of alternatiewelik kan iemand dalk antwoord oor plasing van mense met Akademia grade. Is daar enige vorm van negatiewe reaksie omdat Akademia as “Afrikaner” installing beskou kan word?

Gemsbok ·

O wee Poplap, lyk my jy vererg jou só wanneer jou swak skryfwerk uitgewys word, dat jy skoon my punt mislees dat Akademia aan presies dieselfde standaard voldoen as die ander universiteite wat beteken dat hul grade, soos Soltech se kwalifikasies, deur die mark anvaar word, want die Suid-Afrikaanse mark sit met ‘n tekort aan gekwalifiseerde werkers en het nie beter alternatiewe nie.

Indien jy egter ‘n antwoord van Akademia self of sy alumni verwag stel ek voor jy kontak hulle en werp nie jou krummels op kommentaarkolomme nie.

Poplap ·

Agge nee ou Poplap! Jy is kliphard besig om alle Poplappe se naam deur die modder te sleep met jou onnodige ge-foutsoekery. Jy en jou pelle moet mos vir Akademia se mense loop vra oor hul kwalifikasies, indien dit vir julle van so groot belang is.

Sally ·

Mense as ek verkeerd id help my reg. Ek onhou n paar jaar terug was daar berig dat van ons andertalige Regs studente Afrikaans as vak op universiteit neem om beter vertroud te wees met die Wereld hof waar daar Nederlands gepraat word. Is dit nog so of het dit verander??

Johan ·

Ek twyfel of enige Suid-Afrikaanse regslui hul brood en botter by die Internasionale Hof verdien. Verder word die sake daar in elk geval in Engels vertaal aangesien die Engelse nie juis Nederlandsmagtig is nie.

BB ·

Kry net ‘n ander naam vir die universiteit. Die naam Akademia gaan dit nie maak nie, veral in internasionale konteks.

Handelsnaamspesialis ·

Ek is bevrees maar BB is reg. Die naam “Akademia” is nie optimaal vir n universiteit nie. Dit kan gaan, maar dit kan sterk oorweeg word om saam te begin dink aan n meer optimale naam.

Disselboom ·

Gemsbok (en andere) maak staat op die staat as gehalte-verklaarder van kursusse: dis nou die dieselfde staat bedryf deur die regering wat nie behoorlike mediese dienste, sekuriteit (polisie), munisipale bestuur, instandhouding van paaie ens ens kan bedryf nie, en wie se matrieksertifikaat en algehele bedryf van skoolonderwys orals bevraagteken word?

Gemsbok ·

Hahaha, ek maak nie op die staat staat vir enige iets nie, nie eers vir my paspoort nie.

Ek wys bloot uit dat Akademia se standaard geen tree terugstaan vir enige ander Suid-Afrikaanse universiteit se standaard nie.

Verder is Akademia ook besig om erkenning vir sekere graadkursusse by relevante internasionale professionele liggame te kry soos die Chartered Institute of Management Accountants, maar daar is nie sulke liggame vir elke graad nie.

Leeukop ·

Nie noodwendig nie poplap, ek self is baie opgewonde en voel baie sterk oor Akademia maar is op geen manier daarmee verbind nie.

Poplap ·

Leeukop dis wonderlik as jy opgewonde is oor Akademia ek dink menige Afrikaner is. Maar om teleurstelling te voorkom vra maar eers soveel moontlik vrae. Raak egter bekommerd as jou vrae oproerigheid veroorsaak.
Selfs in Orania vra die mense vrae of hoe?

Poplap ·

Goeie genade Gemsbok dis wonderlik jy se jy maak nie staat op die regering vir enige iets nie. Asb deel met die res van ons hoe jy so self sufficient is. Gebruik jy dan geen paaie, krag, skole etc etc (spesiaal vir jou 2 etc ingesit ek weet hoe mal jy daaroor is). Ook help asb waar kry jy jou eie paspoort ons almal benodig dringend hierdie info help stuur asb!!

Leeukop ·

Poplap ek vat jou nie aan omdat jy vrae vra nie, inteendeel ek se net dat jy nie afleidings, aannames moet maak nie.

DNA+ ·

Goeiste…nou weet ek hoe die mense na die Vryheids oorlog gevoel het Maar uit daardie verdrukking en algehele oorheersing het ‘n nasie opgestaan, universiteite gebou, mediese skole opgerig, onderwys kolleges opgerig, beste akademiese hospitale daar gestel, koshuise gebou en landelike kinders sodoende van goeie onderwys verseker, ens ens ens . Dit is in ons gene – ons hou daarvan om te bou en te verbeter ……. en hierdie projek is weereens net ‘n manifistasie daarvan. En ons hoef geensins omverskoning te vra nie. Vooruitgang het alles te doen met risiko…en as ons die uitkoms 100% weet , is daar geen risiko nie . Gaan besoek ‘n paar plekke in Europa en gaan sien uit watter gene ons saamgestel is …ons is en bly BOUERS

Leeukop ·

Ons is min mense maar ons het die magtige Britte wat daardie tyd die hele wereld oorheers het en die sterkste mag in die wereld was, amper oorwin, net jammer hulle het ons kinders en vrouens vermoor en plase verbrand. Die ANC doen nou dieselfde, maar hulle is nie die magtigste in die wereld nie.

John ·

Gemsbok, lyk my koue doen jou goed. Jy’s op jou stukke. Die moontlikheid is genoem dat ‘n kampus op Orania geopen word, dws met geboue en koshuise. My standpunt was dat alle Afrikaanssprekende studente, moontlik alle rasse mag insluit en Orania, so het ek gedink, is vir wit Afrikaners. Ek was skynbaar verkeerd, volgens jou. Almal sal welkom wees, of hoe? ‘n Satellietkampus sou andersins ook kon werk. Wat betref die sukses van Orania. Ek het geen kritiek gelewer nie en is self baie beindruk en glo daar kan self jaloesie broei oor hul werksaamhede en sukses. Elders het ek gemeld dat al die Afrikaanse kampusse nou beset word en dat die nuwe Noordkaapse kampus dalk oorgekoop kan word vir Afrikaanse studente. Dit sou goed aanpas by Orania veral as die gebied uitgebou kan word. Dis bloot ‘n voorstel. Wat Akademia betref wou ek bloot weet wat die kwalifikasies van die huidige personeel is en het meer inligting gevra oor akkreditasie. As jy ‘n breinoperasie moet ondergaan wil jy ook mos weet wie die neuroschirurg is en wat sy opleiding en ervaring is, of nie? Ek ken toevallig ‘n hele paar professore. Dis menere daai. Hulle is elke sent werd, maar mens moet kan uithaal en wys om hulle aan jou kant te kry. ‘n Ervare afgetrede registrateur kan in die’ voete-vind-stadium van groot hulp wees.

Poplap ·

Dit lyk my die koue het die bokkie die aftog laat blaas. Dis nou jammer sy bydra tot die bekgeveg was entertaining.

John ·

Leeukop, praat jy die waarheid… wat is daai rooi op jou kennebaard?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.