Só gaan ondersoek na onteiening werk

huis eiendom

Argieffoto.

Suid-Afrikaners in al nege provinsies van die land gaan deur die parlement se grondwetlike hersieningskomitee versoek word om insette te lewer oor of art. 25 van die Grondwet (die eiendomsklousule) ʼn struikelblok vir grondhervorming is, en of onteiening sonder vergoeding nodig is in Suid-Afrika.

Die komitee, onder voorsitterskap van Vincent Smith, ANC-LP van Eldorado Park, sal sy werk begin deur aan die begin van aanstaande maand advertensies in die media te publiseer wat die publiek tot aan die begin van Mei gee om geskrewe voorleggings aan die komitee te rig.

In Mei sal die komitee homself in twee verdeel, met een groep wat die vyf binnelandse provinsies sal besoek en die ander groep die vier kusprovinsies. Die voorstel is dat die komiteelede drie dae in elke provinsie gaan deurbring om voorleggings aan te hoor, en sal probeer om dit grootliks oor naweke te doen sodat mense wat insette wil lewer nie van die werk af sal hoef weg te bly om dit te doen nie.

In ʼn belangrike verwikkeling het Smith aangedui dat die groot vraag waarop die komiteelede ʼn antwoord sal moet kry, as volg lui: Is art. 25 ʼn struikelblok om die doelwitte van grondhervorming te bereik, en watter meganismes sal Suid-Afrikaners wil insluit om die ideale van grondhervorming te bereik?

Die komitee sal volgende Woensdag besluit presies watter dorpe en stede in elke provinsie besoek gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Peet Schabort ·

Wonderlik!! Dis mos demokrasie!!
Definisie van ‘demokrasie’ is om die minderheid ook ‘n kans te gun om deel te neem aan hulle eie ondergang.

Basjan ·

Definisie van demokrasie: Wanneer twee wolwe en ‘n skaap gaan stem oor wat hulle vir middagere gaan hê.

Reguit ·

Nee wag, kom ons stel dit korrek. Die groot vraag waarop hulle die antwoord reeds van weet is: Is Artikel 25 ‘n struikelblok om die doelwitte van grond roof, diefstal en plundering te bereik, en watter meganismes sal naïewe Suid-Afrikaners wil insluit om die ideale van grond roof, diefstal en plundering te bereik? So, jy word basies uitgenooi om jou eie graf te grawe. Daarom emigreer mense.

Hanna ·

Ag, spaar maar julle geld en moeite (eintlik belastingbetalers se geld) met julle kamma kommitee! Ons weet presies WIE ondervra gaan word en dat die besluit REEDS geneem is om eiendom sonder vergoeding te onteien. Julle mors almal se tyd! Natuurlik gaan die meerderheid v die bevolking (sonder om IK in ag te neem) dink dat dit n “blink plan” is. Duh!

WitBlits ·

Laat die rookskerms begin!!
Kul jou hier kul jou daar en siedaar aan die einde kan hulle bevestig dat daar wel publieke deelname was om die ANCEFF alliansie se mandaat deur te voer!

jaco ·

Ek hoop hierdie komitee kan my vrae beantwoord:
1. Gaan net wit mense se landbougrond onteien word sonder vergoeding, of gaan dieselfde gebeur met wit mense se huise in stede en dorpe?
2. As wit huise ook geraak gaan word, gaan dit alle wit mense se huise wees, of eers net dié wit mense met 2 huise?
3. Moet ek wag en sien, of moet ek eerder verkoop en darem nog iets kry daarvoor voor wette verander?

Alsverloren ·

Jy gaan als verloor omdat, sodra plase gevat word, gaan grootskaalse ekonomiese inkrimping, armoede en hongersnood op nasionale vlak kom, wat sal lei tot onluste en anargie in dorpe en stede. Die beste is om te verkoop en te emmigreer as jy kan, en om die wat nie kan nie te help met asielaansoeke oorsee, of om te onderhandel vir selfbeskikking.

Oom Kalahari ·

Wat ‘n grap proses. Is dit ‘n gelyke speelveld onder elke bevolkings groep. Hoe weegjy 50 000 000 op teen ongeveer 4 miljoen minderheid. Natuurlik sal dit mos nou speel in die guns waar vertrapping en onregverdige onteiening toepas sal word. Ons minderheid het geen voet om op te staan en sal altyd agter in die tou moet staan want jou menswees en regte is van niks en gene waarde.

Pietman ·

Presies! In Suid-Afrika se geval “Democracy is three wolves and a sheep voting on what’s for dinner.”

Wanda ·

Sonder twyfel gaan ons net moet om n tafel sit. Tenminste het ons dan probeer. Harde koejawel gaan nie meer werk nie. Die meerderheid in die land is net te veel, lewer insette en bid vir krag en genade van bo.

Justice ·

Nog `n blatante vermorsing van die minderheid belastingbetalers se geld. Lekker jollie patrollie vir die hoogsbetaalde komitee lede.

Suid Afrikaners ·

Hoekom die “Suid Afrikaners”??? Dis mos die wittes alleenlik!!! En net 3 dae word gegee,hoe belaglik,so asof hulle,die swart kommunistiese regering,sal luister vir die wit Afrikaners!!! Die regering het klaar genoem,hulle maak nes soos hulle lus kry. Wat n grap van skeinheiligheid om ons wit Afrikaners skamtig n “kans” te gee!!!

Francis Damand ·

Die Khoi Koning in Amerika tans…besig MET “declaration of secession of”…”SOVEREIGN STATE OF GOOD HOPE….vir Khoi, Kleurling en Witmense…sluit in WK, dele v Ooskaap, Weskus, Noordkaap…PUIK VOORSTELLING…..Dit is n groot gedeelte…Google Sovereign State of Good Hope.org Baie belangrik en interessant

Hannes ·

Hulle gaan met busse aangery word om soveel moontlik van hulle kommentaar te boekstaaf.
Ons handjievol boere waaroor dit eintlik gaan en ingelig is staan nie n kat se kans nie.
Ons almal moet druk uitoefen deur buitelandse media en regerings in te lig en te betrek.
Dankie aan almal en veral Afriforum wat reeds reuse werk doen

Geenmanier ·

En gaan dié proses vry en regverdig wees? Ja verseker! Net soos die regering eerlik en van alle korrupsie vry is.

Fanie ·

As hulle my eiendom vat gaan dit nie sonder n geveg wees nie hulle sal my lewe ook moet neem voor so iets sal plaasvind

Arie ·

Wees baie versigtig waarvoor jy wens.
Jy mag dit dalk presies kry.

Andrea ·

Let wel, hulle soek grond. Ek steek aan die brand. Brand als af dan het hulle grond met niks op nie. Australia is so duur, ons sal nie daar eiendom kan koop nie.

Tammy ·

Nou waarom moet ons geleerde mense met insig en kennis na vore kom met idees???Ramaphosa het mos gese hy gaan mense se grond onteien sonder vergoeding. Hoop hy gaan sy eie plase ook opgee om as geskenke uit te deel. Ek het bitter hard gewerk vir myne!!!!!!!!!!Dit lyk vir my al te veel of hy na die EFF vry, of is ek verkeerd? Dit sal nou vir jou n paddakokende petalje afgee as dit moet gebeur.

Wilson ·

Wat ek nie verstaan nie, gaan grond die magies volmaak en werk verskaf?

C.Maree ·

As hulle wil blanke eiendom vat moet hulle ook onthou al die skuld op daardie eiendom gaan saam met die eiendom vir hulle rekening!!

Tina ·

Dis my punt ook. Die banke moet wakker skrik want daai plakker wat hier wil kom intrek gaan nie die bond betaal nie en sit die bank sonder sy geld

Polokwane ·

3 dae per provinsie , nooit , en net naweke
En hoeveel afgevaardigdes gaan per provinsie ???
Wha wha wha wat n grap !!!!
Gaan hulle 20 huise besoek , en natuurlik overtime ook betaal word
Grapple !!!!

Riana ·

Hulle sal nie my eiendom vat nie het 20 jaar hard gewerk om ons plek klaar te betaal. Ons bly nie verniet op ons grond soos sekere mense in pietersburg nie. Ek plant sommer dinamiet onder my huis in die kelder dan blaas ons dit op dan is daar net mooi NIKS vir hulle nie…

Melinda ·

Die gedeelte wat meeste mis lees is DIE KOMITEE sal besluit WATTER dorpe in elke provinsie besoek gaan word. Dit is alles net ñ rookskerm, geen demokrasie hier nie.

Anton ·

Kommuniste regeer die land. Lees Solzhetnitzyn en sien waar pas onteiening in by die kommunistiese plan. Dit is glad nie om enige “arm” mense te help nie. Dit gaan oor beheer en mag oor die bevolking. Daar kom n oorlog…

E.K. die eerste ·

AS hul met busse aangery word SORG dan dat soveel moon tlik witmensde ook bywoon. Moenie dat Gods water oor Gods akkers loop nie mense. Maak nie saak wat, kommandeer jou bure en synsgesindes op as dit in jou omgewing is en maak jul stemme dik. As jul dinge nie net wil laat gaan woon dit by. Dis ons goei reg. Al dink ons hul gaan sus of so besluit hulle MOET ons minstens ook aanhoor so WOON DIT BY! Moenie net weer sê ag hul gaan niks doen nie…van jou kant sorg dat jy daar is. GEEN verskonings nie. staan saam…asb ek vra mooi moenie dat IETS jul weghou nie. Kry vrinne en familie bymekaar en wees daar

Jakkalsdraai ·

Anton – jy is reg, dit gaan nie om arm mense te help nie. Die arme swape wat almal vir hierdie diefstal stem, is te onnosel om te sien hulle word net gebruik om ‘n sosialistiese staat te skep. Hulle vra kastig almal se insette net om in elk geval te doen wat hulle wil. Net soos hulle by die Pukke gedoen het met die kleure, vra almal se insette en maak dan teen die wil van die meerderheid, alles pers ( die kleur van smart en dood). Dit pas eintlik, want die Puk is besig om sy laaste doodsnikke te snik.

marous ·

Kan iemand asseblief ‘n lys opstel van die “dit sal nooit gebeur nie” Afrikaners se eiendomme dat daar aangedring kan word dat dit eerste onteien word .

Tanya ·

Ek het so gevoel die EFF-ies gaan by hul hordes opdaag en almal intimideer. Al wou jy insetsels lewer, gaan jy nie die geleentheid kry nie. Dis hoekom daar net 3 dae gegun word, besluite is klaar geneem. Hulle wil nie nog geld daaraan spandeer nie

Wonder maar net ·

Ek wonder maar net as hulle gesels oor grond hervorming. Dan praat almal van wit en swwart en dit gaan nie net oor wit en swart nie. wat van al die ander rasse hoe word hulle genader in die saak? Want hulle is gou om die oog op die WIT te sit! Wat ook van die ander rasse wat die land binnegekom het, deur ooreenkomste met ons liewe OUD Pressident. Word daardie grond ook na gekyk of is dit ALLEENLIK die WIT of gaan ons sonder KORUPTE doeleindes dan inbelang van ALLE grond optree soos aangedui gaan word deur ons vooraders an wie dit behoort.

Lerato ·

My neef het laat weet dat hy al sy bees verkoop het. Ek het gereken dat dit n fout is omdat hy as beesboer nou nie n boerdery bedryf nie. En hulle sy grond dalk eerste sal vat.
Wat dink ander mense hieroor?

John Delport ·

Maak soos die ANC gedoen het Skilder alles wat in die land aangaan nog donkerder in die buiteland. Skilder alles as ‘n misdaad teen die mensdom. Dalk kry ons ook hulp soos hulle van bv Kuba gekry het. Bid en Doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.