Só gaan regering beurtkrag beëindig sê Gordhan

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die regering is besig met die implementering van ʼn plan om die ineenstorting van kragsentrales te verminder en om beurtkrag tot minstens fase 1 dié winter – wanneer die aanvraag na krag toeneem – te beperk.

Gordhan het Woensdag by die Lethabo-kragsentrale in die Vrystaat die jongste inligting oor die stand van die kragnetwerk bekend gemaak. Hy sê die regering het nou ʼn beter idee van die uitdagings waarmee die beleërde elektrisiteitsvoorsiener te doen het.

“Ons het ons daartoe verbind om Suid-Afrikaners binne tien tot 14 dae terugvoer te gee en ons wil ʼn beter idee gee van sleuteluitdagings en oplossings. Ons doelwit bly steeds om elektrisiteit betroubaar aan sakeondernemings en huishoudings te verskaf. Ons beoog om in die toekoms geen beurtkrag te hê nie,” het Gordhan gesê.

“Ons wil ook deursigtig en openhartig met Suid-Afrikaners wees en energiesekuriteit verseker. Ons verstaan nou beter hoekom Eskom-kragsentrales onklaar raak en ons ontwikkel ʼn betroubare plan en spoedige implementering daarvan om die probleme te takel.”

Eskom het die land sedert 14 Maart vir tien dae lank met tussenposes in donkerte gehul toe hy fase 4-beurtkrag ingestel het. Dit het beteken 4 000 MW is op ʼn rotasiebasis uit die netwerk gehaal. Dít omdat Eskom gesteier het onder verskeie lekplekke by aanlegte (boiler tube leaks), ʼn byna uitgeputte dieselvoorraad en ʼn verlies aan krag vanuit Cahora Bassa in Mosambiek weens sikloon Idai.

Gordhan sê Eskom sal voortaan ʼn kultuur van dissipline moet aanvaar. Die minister het gereelde kommunikasie met alle belanghebbendes onderneem en gesê ʼn streng beleid van verantwoordbaarheid gaan gevolg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wurmpie ·

Fase 1 is nogsteeds een te veel. Daar moet geen beurtkrag wees nie

Boesman ·

Maak jou maar gereed vir ‘n massiewe groepaksie in die hof boet. Eskom gaan vir die skades betaal.

Johannes ·

Pravin en sy ANC maatjies bly in Lalaland. Dis onmoontlik om ESKOM te red, in elk sonder bekwame bestuurders en ingenieurs… en ons weet wie hulle was en hoekom hulle weggejaag is!

Joe Olivier ·

Ons as publiek wil sien dat die regeringsamptenare en eskom werkers wat ons nou en in 2008 gyselaar gehou het om hulself te verryk in die tronk beland. Tot dan bly al julle gepraat net leë woorde.

Andreas ·

Dankie Mnr Gordhan vir niks, en dit na 25 jaar het julle nou ‘n beter idee.

Andreas ·

Ineenstort, volgens die woordeboek = in stukke neerval (inmekaarstort). Ook, die eens magtige ryk het ineengestort, dus heeltemal misluk.

Alida ·

Ons sal nie rus voor al die skelms nie in die tronk is nie! CR moet optree en nie probeer stemme werf deur stil te sit nie. Hy verloor net aansien en respek. Hy weet baie goed wie hulle was en is nie verhewe bo die wet nie. No 1 moet 1ste gaan en dan al sy aanhangers.

ja nee ·

vreemd hoe anc nou na meer as 20jaar nog nie weet wat by staats instansies gebeur en dit kan uitsorteer nie.kom ek help gou.Stap1,hou mense verantwoordelik vir hulle aksies.Stap2,kry bekwame mense om die werk te doen.Stap3,as jy verskonings soek,begin weer by Stap1.

Andreas ·

ja nee, hulle doen dit nou vir 20 jaar, daai stap 1 tot 3 ding, ek dink hulle het die stappe al seker so 7 maal herhaal, maar daar word gedurig nuwe mense in die poste aangestel, so vir elke ou voel dit soos die eerste keer.

Irma ·

Hulle kan nie geglo word nie. Soos wat hulle die verbruikers oor jare gyselaar gehou het het dit nou begin boemerang. Op die ou end bly hulle met die minimum betalende verbruikers oor, en dan die miljoene wat nie betaal nie. Jaaa escom so vang slim sy baas.

John ·

… die groep kundiges wat verslag moet doen, is nog besig… Ons weet nog nie alles nie en of ons ooit gaan weet, is ‘n ander saak. Daar wag groot skokke op Gordhan & kie. Al kameras, gewere en items gesien wat soos die ware jakob lyk maar bloot duds is. Dit is dalk wat die twee kragtrolle is, waarmee Eskom nou opgeskeep sit en wat moontlik heeltemal oorgebou moet sal word.

De Villiers ·

Dit het die ANC laas jaar ook gesê om ons te verseker beurtkrag nie gaan plaasvind nie. ‘n Party wat hart en mond alles belowe, maar wat elke keer net leë woorde is. Ramaphosa het in elk geval te kenne gegee dat sy prioriteit nou is om die ANC weet saam te bind, en nie die land, sy infrastruktuur wat uitmekaar val en ekonomiese skade wat die land daardeur beleef nie.

Hannatjie ·

Baie dankie mnr Gordhan, ek het geweet jy sal die klomp kan regruk.

Pieter ·

Gordhan is net ‘n paaier…sien deur hom Hannetjie, dwarsdeur hom…eer jy weer sy lof besing.

Buite Stander ·

Gordhan is net so onbevoeg as die res van sy pelle in die ANC. Net soos Clever Trevor kan hulle mense met hul gladde monde mislei.

jaco ·

mooi woorde mnr Gordhan, totdat COSATU, wat nogal deel van die ANC alliansie is, TEEN die ANC-beheerde Eskom begin staak vir groter salarisse.

Thomas ·

Voor jy my vra om dissipline toe te pas, doen jul dit eers.

Pieter ·

Dis baie snaaks. Die regering gaan die eskom probleem oornag oplos. Ek is so bly.

Pieter ·

Dit het tyd geword om ontslae te raak van dooie hout in Eskom, minister Gordhan. Lê die disfunksioneles summier af, skaf BEE af, stel ordentlike bestuurders aan (mense wat die werk kan doen!) en begin gereelde instandhouding verpligtend maak (sic!).
Duidelik verstaan die mense nie…

Reinhardt ·

ñ “Betroubare plan” sê jy… en die definisie van die term is… ?

Dries Moolman ·

Dalk het ek dit gemis, maar deur die hele beurtkrag-gemors van ‘n paar weke gelede, tot nou toe, word daar steeds niks gese oor die klomp kragstasies wat “aan die brand geraak het” net voor die beurtkrag ingeskop het nie.

Kediksie ·

Regtig Gordan???!!! Dit neem julle 25 jaar om te besef julle het geen dissipline nie. Liewe Vader, ek kon dit al laaankal vir jou gesê het. Die hele vrot ANC weet nie wat dissipline , besparing, beplanning en bloot beskaafdheid is nie. Ek is so keelvol vir julle, ek kan iets oorkom daarvan. Soos zuma reken. Die ANC sal regeer tot Jesus kom….Wel, Jesus kan nie gou genoeg kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.