Só gaan staat en belastingplunderaars vasgevat word

solidariteit-teen-discovery-veldtog-dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Dit is tyd dat belastingbetalers oorgaan tot aktiewe, wettige belastingprotes. Suid-Afrika moet die krag van belastingaktivisme ontdek.”

Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê met die aankondiging dat die Solidariteit NetWerk dié week ’n omvattende wettige belastingprotes-veldtog gaan afskop.

Dié protes sluit minstens ses regsaksies teen staatsondernemings en belastingplunderaars in. Dit behels onder meer ’n aansoek om sakeredding van die SAL. Volgens Solidariteit gaan die SAL-saak die grootste belastinghofsaak nóg in Suid-Afrika wees.

Belastingprotes hoef nie weerhouding in te sluit nie en belastingbetalers kan oor tradisionele grense saamstaan en van regsinstrumente gebruik maak om die staat en belastingplunderaars tot verantwoording te bring, volgens Hermann.

Die grootste saak gaan ’n aansoek om sakeredding teen die SAL en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, wees. “Solidariteit wou ongeveer ’n jaar gelede ’n soortgelyke saak teen die SAL aanhangig maak, maar die SAL se voormalige uitvoerende hoof, Vuyani Jarana, het verskeie beloftes aan Solidariteit gemaak.

“Dié beloftes is egter nie nagekom nie en Jarana is weg. Ons moet volhoubare werk by die SAL beskerm. Ons het by Denel gesien wat met werkers gebeur as daar te lank op ’n sakereddingsaansoek gewag word.

“Dit sal die eerste keer wees dat ’n sakereddingsaansoek teen ’n staatsonderneming ingebring word. Dis een van die ingrypendste aksies van belastingbetalers om hulle eie belastinggeld te beskerm. Die werk van ons lede en belastingbetalers se geld in die SAL is te waardevol om die lugredery finaal te laat neerstort,” het Hermann gesê.

Solidariteit beplan om duisende belastingbetalers te mobiliseer om betrokke te raak by die belastingprotes en om etlike miljoen rande deur skarefinansiering in te samel.

Volgens Hermann onderskat belastingbetalers hulle krag. “Die staat werk nie met hulle eie geld nie, maar met die geld van belastingbetalers. Verkiesings is nie die enigste manier waarop die staat verantwoordbaar gehou kan word nie.

(Foto: flysaa.com)

“Daar is verskeie regsinstrumente wat gebruik kan word. Dis nie dislojaal om wettige instrumente vir verantwoordbaarheid te gebruik nie. Dis juis lojaal teenoor belastingbetalers en gewone Suid-Afrikaners, arm en ryk, wit en swart, wat goeie infrastruktuur en dienste van die staat verwag en geregtig is daarop.”

Solidariteit gaan reeds hierdie week dringende hofstukke aan die sukkelende wapenvervaardiger, Denel, beteken om hom te dwing om werkloosheidsversekering en belasting wat van werknemers afgetrek is, oor te betaal.

Daar is ook met ’n proses ingevolge artikel 165 van die Maatskappywet begin om wanbestuur en korrupsie van voormalige direkteure van Denel te ondersoek, met die oog op moontlike vervolging.

’n Soortgelyke artikel 165-proses gaan ook saam met Sakeliga by Eskom gevolg word. Dit kan groot implikasies vir voormalige direkteure van Eskom, soos Brian Molefe, inhou. Soortgelyke aansoeke teen ander direkteure by ander staatsondernemings kan volg.

“Solidariteit gaan ook vra dat advokaat Gerrie Nel, van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, met ’n proses van privaat vervolging teen Molefe begin. Dit volg nadat die vervolgingsgesag nog geen stappe teen Molefe gedoen het ná Solidariteit se klagte van bedrog teen hom nie.

“Solidariteit en Molefe is ook eersdaags in die Konstitusionele Hof oor Molefe wat gelde aan Solidariteit verskuldig is nadat die hof in Solidariteit se guns bevind het dat Molefe hom onregmatig uit Eskom se pensioenfonds verryk het.”

Solidariteit het ook ’n kostebevel teen Hlaudi Motsoeneng, voormalige SAUK-hoof, bekom ná ’n hofuitspraak ten gunste van die SAUK 8. Die stryd teen Motsoeneng is tot in die Konstitusionele Hof gevoer en met die uitsondering van R20 000 is al Solidariteit se geld deur Motsoeneng terugbetaal.

Meer inligting oor die verskillende sake sal in die volgende maand bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

sweis ·

Ek skree al jare hiervoor ,nou gaan die half leeg glas mense weer sê hoe kan ek belasting boikot my werk trek dit outomaties af,die tyd is reg om dit nou te doen..Hoe kan jy belasting betaal as jou keiser wetgewing het wat teen jou diskrimineer oor jy wit is alhoewel jy 20 jaar na apartheid geeindig het gebore is.

John ·

Dr Hermann praat vanuit die hoek van ‘n enkele unie. Waarom moet miljoene gespandeer word om die regering se werk vir hom te doen. Om die unielede in die gedrang te bring is om hul afdankings te bespoeding. Geen situasie gaan beter word sou die topbestuur van die ANC nie ‘n hartsomkeer ondergaan nie. Dr Hermann breeek sy kop oor alles wat beserk loop. Ons probeer die ANC-‘gang’ se selfgemaakte storm stil. Hy gaan en moet homself opblaas. Los uit!

chrisjan ·

“sweis” ,Ek is ‘n pensioenaris so ek trek nie ‘n “salaris” nie.Maar ek sal bitter graag van jou wil weet HOE gaan ‘n werkende man sy werkgewer (wat deur die WET verplig word ) keer /verhoed om belasting van sy salaris af te trek.
Ek het my pensioen als laat uitbetaal en die geld bele maar daar is ‘n reuse bedrag vir belasting afgetrek sonder dat ek ‘n se in die saak gehad het.Ek sal graag wil hoor hoe mens jou belasting kan weerhou as jy ‘n salaris betaal word EN as jy inkopies gaan doen en BTW is bygetel by die prys.En as JY dink ek ‘n sogenaamde half lee glas maak jy ‘fatale foutGee my net die antwoorde waarvoor ek vra asb.Dis soos om te op te hou om jou Tv lisensie te betaal.JY GAAN betaal glo my.

Patriot ·

Weerhouding is ook moontlik. Begin sommer by TV lisensies. Ek weier om verder ‘n geldverkwister soos die Es-Y-Bie-Sie te befonds deur TV lisensiegeld te betaal.

chrisjan ·

Dit gaan jou enorme regskostes op die hals haal.Glo my!Jy sal sien.

D Meyer ·

Ag tog chrisjan, moet ons jou jammer kry? Ek stem, Patriot. Die SABC, hulle geldinvorderaars en geregsdienaars is net ewe lam en ondoeltreffend. Ons moet aan die gang kom en vir die regering en sy trawante wys waar Dawid die wortels gegrawe het.

Gert van Wierdapark ·

Dis fanf/tasties nuus. Die Molefe knaap is ‘n goeie plek om te begin, baie dankie!!! Sy geld-doppie moet so hard geklap word dat hy permanent ‘n “loadshedding” suising in sy ore sal oorhou!!! Die ou met die destydse krokodiltrane op TV, langs sy Eskom-voor sitter tjommie Ben, MOET’ n voorbeeld van gemaak word. Daarna kan die ander by Eskom (wat gerieflikheids, – halwe self bedank het) deur adv Gerrie en sy span “gevat word”!!!

Stephan de S ·

Uitstekende gedagte…..n verkiesing is nie die enigste manier om n regering tot verantwoording te roep nie. Hierdie opsie moes al lankal dringend uitgeoefen word. Dankie A.F. Die negatiwiteit v kommentare verbaas my……dis asof hulle nie die noodsaaklikheid v hierdie inisiatief begryp nie. Wens OUTA wil ook meer op hd terrein woel en doen. Ek s vol hoop en blydskap.

Cathy Smith ·

Nieteenstaande dat enkellopende pensionarisse wat beleggings het en bietjie rente ontvang van hul bank om hul pensioen aan te vul, elke jaar gekap word met terug betaling. En hier word genoem van staats pensioen. Die gevolg is dat die bietjie rente van die belegging wat die jaar beloop het, nou geleen moet word om SARS te betaal. Een tree vorentoe en twee agtertoe. Die bietjie rente op n belegging word nie in mens se bank rekening inbetaal vir gebruik nie, maar mens word nogsteeds belas net om die woord RENTE.

Koos ·

Die krimmenele moes lankal vas gevat gewees het en al die geld moet terug gevat word met rente en dan moet hulle lank in die tronk gaan vrot .

Merie Perd ·

Eish, wat n gemors. Raak ontslae van al die onbekwames in hoe poste. Leer ons (die getroue onderdrukte werkers)die fyner puntjies van belasting onduiking. Dis wat die meeste (nie almal) werkers unies hulle lede leer. Leer ook sommer in die selfde tyd vir plakkers dat hulle geen reg op basiese dienste het nie omdat meeste plakkerskampe sonder die samewerking van stadsrade deur die inwoners self opgerig is. Hulle het dus geen reg tot staatshulp nie, en moet hulle eie gemors opruim of soos varke bly. Leer mense in die selfdetyd, dat wat hulle afbrand, hulle self weer moet opbou en dat dit nie die plig van die regering is nie. Moet hulle nie in tronke sit of beboet nie, maar maak hulle werk om die skade self te herstel sonder vergoeding. Dis wat demokrasie genoem word. Nie soos meeste optree deur te se “wat kan die regering vir my doen nie” en sommige vakbonde, moet besef watse lae dunk die buitelanders van hulle en nuwe demokrate van Suid Afrikaanse het.

Free Dom ·

Net soos in die Boereoorlog het jy joiners, hensoppers en rebelle. Besluit maar self of jy geld het om te betaal sodat n sekere groepie bevoorregtes hul weelderige lewe kan voortsit!

lewies ·

Ek glo dat Solidariteit met hierdie oproep die realiteite en waarheid oor die beginsel van besit en bestuur van alles op die tafel wil plaas. Alle landsburgers het die verantwoordelikheid om die regering tot orde te roep om hulle taak as RENTMEESTERS na behore uit te oefen. As hulle nie verstaan wat RENTMEESTERSKAP beteken nie, moet dit vir hulle en vir die wat dit ook nie verstaan nie duidelik word deur die howe en die media. Seen vir julle poging. Dit is so noodsaaklik.

Leon ·

Daar is net een manier om die probleem op te los. Sit SAL in die mark vir die bedrag wat hy skuld. In ander woorde, wie ook al belang stel kan hom met sy skuld oorneem. Dus, gee hom weg.
ESKOM kan ons dieselfde doen. Sit ESKOM in die mark vir sy skuld en wie ook al belangstel kan hom vir sy skuld kry. Dus, gee ESKOM ook weg.
Transnet en PRASA. Privatiseer die trein bedryf. Sny hom op in Infrastruktuur (spore en sinjalering) Goedere en passassiers. Verkoop eleke entiteit. Dit werk in meeste van die lande. Dit is die enigste manier om ons land weer op sy voete te kry. Sny die staatsdiens na 14% van wat hy nou is (new Zeeland het dit gedoen) en kry die dooie hout uit.
Gelukkig hoef ons net tot 2060 te wag voor die wiel sal draai. Gesien aan hoe alnk die USSR geneem het om kommunistiese sosialisme te los, sal dit tot 2060 neem vir Suid Afrika om dit te los. Vasbyt.

Julie Jansen van Rensburg ·

Hierdie selfde Brian Molefe weet mos ‘n paar jaar gelede vir die Transnet pensioenarisse te sê: “Julle is op NIKS geregtig nie, want jule het onder apartheid voordeel getrek…” Maar genoemde Molefe het self nooit ”n graafvol kole in ‘n stoomloko se vuurkas gegooi nie; nooit enige onderdele gesmeer nie; nooit ‘n meter spoorlyn gehelp lê nie; nooit in die guurste weer rangeerwerk gedoen sodat mense en goedere vervoer kan word nie… maar dieselfde “meneer” kry R30 m van Eskom as “aftreegeld” en hy het Transnet ook lelik – met behulp van die Guptas – ingedoen, dus moet hy wat “tranerige” Molefe is, maar van sy “armmansgeldjies” uittel om belasting te betaal, of hoe??? En moet nie van Siyabonga Gama, sy opvolger, vergeet nie – hy het ook ‘n vinger in die aftakeling vanTransnet gehad…. inderdaad, diehele “boks-en-daais”” moet bygekom word…

ne ·

Dankie! Dit klink goed, doen so voort ek onderstuen julle Solidariteit.

Johan ·

Dit is onregverdig dat staatsondernemings sulke groot reddingsboeie kry, en dat ander dienste se begrotings besnoei moet word om om ñ handjievol bankrot staatsbedrywe aan die gang te hou!!

johan steytler ·

Dit is onbillik dat sommige staatsondernemings se finansies net van treurig na uiters treurig beweeg, en dat die belastongbetalers maar net elke keer vir die gelag moet betaal!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.