Só gaan staat Eskom help

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Twee wetsontwerpe wat Eskom se balansstaat met nagenoeg R50 miljard sal versterk, het die groen lig in die Nasionale Vergadering gekry.

Die spesiale begrotingswetsontwerp baan die weg vir die betaling van die eerste gedeelte van ‘n kontantinspuiting van R23 miljard aan Eskom, wat na verwagting uit die verkoop van die regering se nie-strategiese kernbates befonds sal word.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, wou egter steeds nie tydens Woensdag se debat bekend maak watter regeringsbates verkoop sal word om die reddingsboei te befonds nie, ten spyte van kommer deur opposisiepartye oor die “geheimhouding” rondom die ooreenkoms. “Julle sal voor die einde van Junie weet watter bates,” het Nene gesê.

Die eerste bedrag van R10 miljard sal na verwagting voor die einde van die maand aan Eskom betaal word. Die tweede bedrag van R10 miljoen sal na verwagting voor Desember betaal word, terwyl die oorblywende geld tydens die 2016/17-boekjaar betaal sal word.

Die ander wysigingswetsontwerp wat goedgekeur is, behels dat die R60 miljard-lening wat Eskom by die staat gekry het, in aandele omskep gaan word. Die omskakeling sal Eskom se skuld glo met R24,4 miljard verminder, het Nene vroeër gesê.

Die twee wetsontwerpe is deur die EFF en DA verwerp. EFF-LP’s is versoek om die sitting te verlaat nog voordat hulle hul posisie kon verduidelik. Malcolm Figg, DA-LP, het gesê sy party sal nie die wetsontwerpe ondersteun as daar nie deursigtigheid is nie.

Ondanks die teenstand is albei wetsontwerpe deurgedruk en sal dit na die Nasionale Raad van Provinsies gestuur word vir prosessering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Peet Schabort ·

Behalwe dat die geld direk/indirek uit ons sakke gaan kom wonder mens wie gaan poeliesman speel oor die korrekte aanwending daarvan.

DAAN LIKEWAAN ·

IS DIT OM ESKOM IN STAAT TE STEL OM NOG MEER GOUE HAND DRUKKE UIT TE DEEL ?

scalla ·

Dit help nie die staat bly geld gooi in die bodemlose put nie, daar moet strenger opgetree word, privatiseer die bankrot organisasie of raak ontslae van die onbevoegde amptenare.

Hansie ·

Ek verstaan nie die probleem om Eskom te befonds nie. Verkoop net Nkhhaaandla dan is Eskom reg vir jare. Met Nkhhaandla instandhouding koste, kan Eskom jare in stand gehou word. Die koeie kan betaal vir al die diesel.

Chrisjolus ·

Eskom is soos n SA lugdiens vliegtuig wat probeer om te vlieg op auto pilot op pad na nerens sonder brandstof .
HKGK

JB ·

Grootste grap is, die staat leen die geld aan eskom, maar die staat self is bankrot!

Ben ·

Daarboonop wil die onbevoegte klomp gedurig meer uit die publiek ook tap. Hulle jaag die bollie aan, maar huiseienaars en die staat moet altyd ingryp om te beredder! Ag nee, nou is genoeg al verby genoeg!

Peet Schabort ·

Ek klik op “rapporteer” en siedaar daar gaan ‘n boodskap uit sonder my bedoeling !!!
EISH !!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is n skande . Gister weer is bekendgemaak hoeveel koeke hierdie klomp parasiete van Eskom in n jaar opvreet, behalwe die gratis maaltye wat hul daagliks kry.Hulle gaan hierdie geld vinnig opgslurp sonder veel verbetering in kragvoorsiening en dan gaan hulle ons weer dreig met verhoogte tariewe en load shedding. Die Staat moet die eerbare ding doen en vir Eskom privatiseer en jaag die trogvarke weg en stel mense aan wat die werk kan doen.

CF ·

Die chinese het al die vondse geskenk,nie SA nie die chinese is besig om die oorhand
tekry.Die geel nasie sal die wereld regeer.Die skrif is aan die muur

Klerk ·

Sien hulle gaan die staatlening aan Eskom omskep in aandele, nou wonder ek wie die aandele gaan kry, weer die uitgesoekte ANC kalante. Dalk is die bates wat hulle gaan verkoop die ou monumente uit die koloniale era…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.