[Video] Só groot is Noord-Kaap sinkgat nou

Foto: HendrikvanHunks Photography

Foto: HendrikvanHunks Photography

Die reuse sinkgat, langs die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap, het nou tot teenaan die pad ingeval en begin om die grond onder die teer uit te kalwe.

Crystal Robertson, woordvoerder van die provinsiale departement van openbare werke en paaie, het aan Maroela Media gesê die sinkgat is tans 300 meter lank en 12 meter wyd. “Die gat het vanoggend nog dieper ingeval en die departement is bekommerd dat dit nog groter kan raak,” het sy gesê.

Sy het gesê die departement het Vrydagmiddag een van die bane van die R31 gesluit. “Vragmotors en swaar voertuie moet nou Postmasburg om ry want hulle kan nie meer op die R31 verby ry nie. Ligte voertuie ry steeds op die baan wat nog oop is, veral boere en mense wat in die gebied woon en noodgedwonge die pad moet gebruik om by hul huise te kom.”

'n Skermskoot uit 'n video van die sinkgat tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap.

‘n Skermskoot uit ‘n video van die sinkgat tussen Daniëlskuil en Kuruman in die Noord-Kaap.

Robertson het gesê waarskuwingsborde is in die gebied aangebring om motoriste te waarsku dat een van die bane gesluit is. Die spoedbeperking op die pad is ook na 40km/h verlaag.

Sy het gesê die departement wag nog vir ʼn verslag van ingenieurs wat die sinkgat evalueer en aanbevelings sal doen oor toekomstige stappe. “Die probleem is die gebied het nou omtrent ʼn toeriste-aantreklikheid geraak en mense loop op die walle van die sinkgat om foto’s te neem, sonder om te besef dat hulle eintlik hul lewens in gevaar stel,” het sy gesê.

“Ons het nou die gebied afgesper, maar daar is steeds mense wat probeer nader kom om foto’s te neem. Dit is gevaarlik en ons vra die publiek om nie naby aan die sinkgat te beweeg nie.”

Maroela Media het vroeër berig die sinkgat het gevorm nadat swaar reën in die gebied geval het. HendrikvanHunks Photography het ʼn lugvideo van die gebied geneem, waarop duidelik gesien kan word hoe groot die sinkgat is. Die video word hieronder met vergunning van HendrikvanHunks Photography gedeel.

Die sinkgat tussen Kuruman en Danielskuil.Die pad R31 is nog oop vir publiek baie gevaarlik wees versigtig Share aan vir bewusmaking aan almal…

Posted by Bevok Media on Thursday, January 12, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Gatta-Patatta ·

Ooooooo gatta in die Pad-da, daai is nou vir jou `n regte gatta-patatta

zoom zoom ·

Hulle beter daai gat toegooi voor die zama zama’s daar begin delf vir diamante of goud.

henry ·

Mmmm… paar dae terug het hulle gese die sink gat hou geen gevaar in vir die pad nie….

Nic ·

Kan ‘n kundige asseblief veduidelik wat die oorsaak van hierdie verskynsel is – dit is eerder ‘n langwerpige sinksloot, as ‘n sinkgat. Dit lyk baie ongewoon. Waarom gebeur dit nou? Dit het tog sekerlik in die verlede ook al baie in daardie gebied gereën.

willie ·

Hulle beter die pad sluit, teen die tyd wat ‘n besluit geneem het of dit veilig is kan dit al te laat wees om lewens verliese te voorkom!

Johann ·

Kimberley het ‘n diamantgat, Kuruman het ‘n sinkgat, en Nkandla het ‘n stoutgat.

Kobus ·

Johann…ek dink jy nogal skerp….as almal so pruimerig is soos van die kommentare getuig…dan sal ons nog meer probleme in die land gehad het….dis nog altyd n kenmerk van die Afrikaner…al gaan dit hoe sleg…kry tog n bietjie humor in elke situasie

Alida ·

Ek kan nie glo mense maak sulke flou grappies oor n lewensgevaarlike situasie nie. Die pad moes lankal toe gewees het.

Johann ·

Genadige vader, sien tog die ligter sy in die lewe, al is dit net vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde. Dit is nou Januarie 2017, die beste maand van die jaar, geniet dit, die res van die maande gaan ons weer tot in die realiteit skok.

Koosie ·

Hoekom moet pad sluit? Die hele Noord-Kaap se grondpaaie lyk maar so sleg .Dit is hoekom ons Ford en Toyota ry. Dit is gemaak vir sulke potholes!

Jay ·

Gelukkig word niemand gedwing om die sogenaamde flou grappies te lees nie. Moet erg wees om so suur deur die lewe te gaan.

Alida ·

Ja Johann tot daar van jou geliefdes lewendig begrawe word as hulle daar inval dan sing jy n ander deuntjie. Gelukkig het ek nie n siek sin vir humor nie. Lag maar lekker.

Justice ·

Alida het my nou so bang gepraat dat ek dadelik `n ander artikel gaan soek om te lees.

Johann ·

Niemand het nog iets oorgekom nie, dit maak dit nie minder ernstig nie, maar mens kan nie voor die tyd al ophou lewe nie.

Jan ·

Ek sit hier lang ‘n natuurtuin, die apies verpes ons, en as daai groot mannetjie aap op een van die bome se takke, so uitdagend, gaan staan en ‘jakka jakka, jakka, jak, jak, jakka, dan weet ons hy raas met sy trop.

Johann ·

Alida, en die ligter sy in die lewe, as daar nog nie ‘n ongeluk of ‘n moord was nie, maar net omdat ons dit voorsien het, gaan ons verby. Dan moet ons liewer ophou lewe.

Kobus ·

Johann…lees my vorige antwoord…kalmeer…jy het niks te verduidelik aan niemand…doen so voort….ek geniet jou “ligsinnige” kommentaar….ek in die omgewing van die sloot/gat…niemand in gevaar…daar waarskuwingsborde en af gesper….mense sal uit nuuskierigheid hul eie beserings veroorsaak…die media en die Agies blaas ook die storie onnodig op

Johann ·

Wat ‘n heerlike gesels moes wees, het in ‘n pot dinges ontaard, maar wat kan jy van een skewe kommentaar verwag en ander wat eerder dood wil neerslaan.

Tipies beterweterige Afrikaners.

Johann ·

Ek wou nog, heelwat vroeër, byvoeg, ek sien op die boonste foto, daar eenkant in die veld is ‘n brandpoel.

Alfonso ·

Die Kurumangebied word geologies gekenmerk deur dolomitiese substrata, wat sinkgate vorm. Die tragiek van die saak is dat die waterreservoir van die dorp jare gelede bo-op dolomiet gebou is en reeds struktureel vervorm het, met n groot breuk waaruit die drinkwater spuit. Dis net n kwessie van tyd voordat die reservoir, wat reg langs die R31 staan, gaan swig. Dan sit die ganse dorp sonder water.

Pastoor ·

Daar is nog krake ommdie gat. Dit gaan nog baie groter word. Daars ook baie water

Johannes Meintjes ·

Kuruman se gat! Dis al die 14de dag van 2017 en ons het nog nie ‘n Volkstaat nie! Is ‘n hoger hand besig om vir ons die grenslyn te trek daar?

Cheetah ·

Alida….
Bepaal jy hou eerder by jou eie dinge jy versuur almal se lewe….
Kom by…kry bietjie humor in jou lewe..

Danie ·

Deksels ek het vir Jonas gesê hy moenie al die wortels uithaal nie….

John ·

Alida is reg… maar aan die anderkant lief Afrika Sondagbegrafnisse en politieke gesange en reenboogtoebroodjies na die ‘diens’. Krisisbestuur is ‘n ander liefhebbery. Dink net hoeveel geld kan weer geblaas word om die gat toe te ry en ‘n nuwe een te bou of ‘n ompad met ‘n wye draai en baie werk vir vlagswaaiers en … Wat van ‘n brug oor die gat. Dit behoort ‘n paar biljoen te slurp. Wie is ons minister van… O, is sy nog in Kuba?.. Ok…

JoeV ·

Iewers onder die grond daar is ‘n rivier. Daar is dalk baie meer water as wat mens gedink het, in plaas van gas soek, kan mens liewer water gaan soek.

Tinka ·

Alida as jy so bekommerd is gaan staan wag terwyl die res van ons grappies dan oor jou sal vertel. Jou humor is so droog soos n uitgedroogde pruim. Hoekom altyd moeilikheid soek met ander.

Grotman ·

Daar word vir alles vandag se tyd n naam gegee en die Goverment hou daar van om belangrike mense dmv dit te honour! Wat van Zuma se Gat?

Siestog de Jager ·

Johann, jy is so skerp soos ‘n Minora blade! Maar dis flippen interessant om eintlik te kan sien hoe so sinkgat vorm en hoe die kraak loop. Dit sal goed wees om te sien hoe en waar hy uiteindelik gaan stop. Ek hoop mense sit nog foto’s op. Is dit moontlik dat dit dalk in die toekoms ‘n natuurlike dam kan vorm?

Argeoloog Suid-Afrika ·

Dalk is daar ‘n duisende jare oue stad onder hierdie gebied? Net ‘n gedagte…. Hoeveel weet ons van Suid Afrika se ‘Ancient History’. Ons moet aanhoudend hoor dat ons die land afgeneem het, maar ons is ALMAL net besoekers. Daar was gemeenskappe duisende jare gelede in SA… Daar is baie oue grafte in geheime gebiede is SA. Was reeds by ‘n paar, maar sal nooit se waar dit is nie. Almal (veral die nuuskierige media, altyd opsoek na ‘n soppige storie), sal vertrap sonder respek….

Willem ·

Dit is heelwaarskynlik ‘n deel van die onderaardse meer waar Kuruman se oog se water vandaan kom. Het iemand al regtig vasgestel waar Kuruman se oog se water vandaan kom?
Kan dit dalk van die Okovango af kom waar die water ook net later verdwyn in grond.

LITITIA KRUGER ·

My pa het dadelik genoem dat die oog en die gat verwant aan mekaar moet wees. Soos Carletonville se sinkgate

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.