‘Só het DUT-student gesterf’

Die 20-jarige student aan die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) wat Dinsdag tydens ʼn betoging buite dié universiteit se Steve Biko-kampus doodgeskiet is, het “ʼn pynlike maar revolusionêre dood gesterf”.

Só sê Sesiyande Godlimpi, EFF-studenteleier by DUT, oor die dood van Mlungisi Madonsela. Godlimpi het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê dat Madonsela ʼn vegter was wat vir ʼn eerbare doel gesterf het. Dié doel is volgens hom “om gratis, gedekoloniseerde onderwys te verkry”.

Maroela Media het vroeër berig Madonsela is Dinsdagmiddag naby die Steve Biko-kampus in Durban doodgeskiet vermoedelik tydens ʼn onderonsie met ʼn private veiligheidswag.

ʼn Mediakonferensie is Woensdag op ʼn sypaadjie buite die kampus, enkele meter van waar Madonsela naby die administrasiegebou geskiet is, gehou. “Hy het gesterf in die uitvoer van sy pligte,” het Godlimpi gesê.

“Studente word in hegtenis geneem, geskiet en vermoor deur hul eie [beskermers] wat sekuriteitswagte en polisie is. Ons word vermoor deur mense wat veronderstel is om ons te beskerm.”

Volgens die polisie het sowat 30 studente gewapen met klippe en bakstene die kampus Dinsdag deur ʼn administrasiegebou binnegekom. Dit is toé dat die skietvoorval glo plaasgevind het. Dit is steeds onduidelik wie Madonsela geskiet het.

Volgens African News Agency (ANA) is die neus van ʼn vroueadministrasie-assistent tydens die geweld gebreek. Sy is in die hospitaal opgeneem. Die veiligheidswag is ook in die hospitaal opgeneem.

Godlimpi het tydens die konferensie sy weergawe van gebeure gegee. Hy het gesê dat die studenteraad glo Dinsdag ʼn memorandum aan die universiteit wou oorhandig wat stipuleer dat die universiteit die akkommodasie-krisis moet oplos en meer skoonmakers en sekuriteitswagte moet inkontrakteer.

ʼn Vergadering is gevolglik met die bestuur van die universiteit belê. Lede met EFF-hemde was glo nié in die vergadering toegelaat nie, selfs dié wat op die studenteraad dien.

Mlungisi Madonsela (Foto: ANA)

“Terwyl EFF-lede op die studenteraad  buite die kampus gewag en gesing het, het die veiligheidswagte saam met hul bestuurders met gewere opgedaag. Hulle het sonder enige rede pepersproei gebruik. Die EFF-lede het in reaksie begin klippe gooi en toe het die veiligheidswagte hul gewere begin gebruik,” beweer Godlimpi.

Die studente kon glo daarin slaag om weg te hardloop, maar Madonsela is egter raakgeskiet.

“Die veiligheidswagte het na die hospitaal gekom om nog studente in hegtenis te neem. Gevolglik kon niemand met die dokters praat nie, want ons moes weghardloop. Studente is by die hospitaal in hegtenis geneem. Die hospitaalkameras sal die bewyse hê. Die hospitaal kon nie help nie, want niemand kon teken vir die rekening nie en gevolglik het [Madonsela] gesterf,” het Godlimpi gesê.

Hy het sy meegevoel aan Madonsela se familie betuig en gesê EFF-studente deel in die familie se pyn. Die universiteit was Woensdag tot verdere kennisgewing gesluit.

Madonsela se dood kom te midde van toenemende spanning op kampusse in KwaZulu-Natal na aanleiding van ʼn poging om provinsiale tersiêre onderwysinstellings tot stilstand te dwing.

Die skietery volg ná onrus by verskeie universiteite in die Durban-gebied, hoewel die gemoed aanvanklik by die DUT kalmer was as by ander instansies. Verskeie kampusse is gesluit en voertuie is by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Westville- en Howard College-kampus aan die brand gesteek. ʼn Veiligheidswaghuisie is ook by die Westville-kampus aan die brand gesteek.

Studente betoog teen vertragings met die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) en die sloerende registrasieproses.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Judge Dredd ·

Hoekom maak hulle nie so groot bohaai soos met Hector Pieterson nie?

Johan ·

So ‘n situasie is altyd ‘n groot tragedie. Maar hierdie was ‘n geweldadige betoging. Klippe en bakstene is potensiële moordwapens.
Niemand het die reg tot geweldadige betogings nie. Mense kan seerkry of sterf… Soos wat dit nou die geval is.
En dis so onnodig.

christa ·

sal ek dieselfde se wat daardie man gese het van die hoerskool kinders wat gesterf het in die oorbrug in eenstorting. as hulle toi-toi kry hulle waarna hulle gesoek het

Wurmpie ·

Studente word dood geskiet deur mense wat hul moet beskerm? Van wanneer af betaal studente sekeriteit maatskappye om hul te beskerm as hul gaan klippe gooi? Slim man daai

John ·

Is dit nou die volle waarheid? Wie sal met die EFF kan stry? Hulle weet mos alles. Dit is wel ‘n ope vraag, waarom rubberkoeèls nie gebruik is nie. Groot geld en groot betogings en groot geskiedenis met jaarlikse groot optogte en grootse toesprake is nou aan die kom. Die naam van die universiteit is letterlik en figuurlik nou op die spel.

Shelley ·

Geen eff optog is in vrede nie
Dit is elke keer nog bewys dat hulle met geweld opdaag en tekere gaan

BlinkStephaans ·

Dit is altyd ñ hartseer saak as iemand geweldadig sterf… maar verwag jy regtig beskerming vir jou misdadige gedrag?…dit is juis omdat misdadigers meer beskerming kry as mense wat werk vir hul geld en nie alles verniet kry dat ons land sit in die situasie wat ons doen.

Daan Erasmus ·

Ek glo nie ‘n woord wat die studente sê nie. Hul daag vreedsaam op met klippe en bakstene. Daar is mos nou in Malema se prokureur se saak by Zebidela gesê : as jy net dink jou lewe is in gevaar dan skiet jy.

Elna ·

Daan ek stem 100% saam met jou en dankie vir die tikkie humor wat jy in jou kommentaar gebruik het wat my nou so lekker laat lag het” hulle daag vreedsaam op met klippe en bakstene”???? dit was baie goed gestel.

Protection ·

Ag moenie altyd LIEG NIE > hierdie studente wat altyd so ONSKULDIG speel het al sekuriteitswagte in ‘n sekuriteitshokkie toegemaak en die hokkie “AAN DIE BRAND GESTEEK .. onskuldige studente wat NIKS oorgekom het nie. Hulle het al polisiemanne met bakstene teen die kop gegooi, hulle het mense al vieslik aangerand, sommige mense en polisiemanne is na die tyd oorlede in hospitale en NOOIT was daar enige vervolgings teen die studente nie want hulle is mos ONSKULDIGE STUDENTE .. NEEWAT .. jy moet jouself teen aanvalle kan beskerm anders is daar GEEN REG en GEREGTIGHEID in hierdie land meer oor nie.

D B ·

Snaaks hoe die wiel draai…is dit nie maar dieselfde as wat gebeur in die 70’s nie (as ek reg onthou)?

Dis tragies, maar as jy ‘n ding nie beskaafd kan doen nie…

Riaan ·

En so word die belastingbetaler se geld gemors. Moet hulle nie swot nie? Die gmors sal nie ophou tot hulle hulle grade verniet kry nie. Klasdraf en swot en toetse en eksamen skryf is obviously te veel moeite.
Ons moet nou ingryp met sambok in die hand

Piet Pompies ·

Na my mening het ‘n student se lewe verloor en ouers ‘n kind verloor en die rede daarvoor kan voor die deur van die EFF gelê word.
Jong mense word opgesweep om onverantwoordelik op te tree en besef nie wat is die gevolge van hul optrede totdat iemand seerkry.
Wie het nou eintlik baatgevind by die protes optrede, niemand!

KanJyNouMeer ·

Presies. Die EFF het eintlik die bloed op hulle hande. Hulle gebruik studente as hulle soldate om ñ politieke agenda te dryf.

Gert J ·

Jy kan nie n leeu se maag kielie en verwag jy gaan nie seer kry nie. Geweld bring geweld en baie hartseer. Geweld was en sal nooit die antwoord wees nie. Hulle moet net bietjie beskaafd begin raak.

Lh ·

So jammer, maar wanneer gaan ons leer? ýou live by the sword. . . You die by the sword! Ek lê hierdie man se dood voor die EFF se deur!

Theresa ·

Vir geen ouer is dit maklik of aanvaarbaar dat n kind sterf nie. Maar hoekom toi toi hul oor gratis tersiere onderrig? Daars derduisende kinders wat nie eers in n laerskool is nie wat dai onderrig brood nodig het. Tersiere onderrig is n keuse hoekom moet dit verniet wees?

Jerry ·

Tragies dat die eff n jong lewe verwoes het voordat AfriForum hom kon stuur vir rehabilitasie!

TN ·

Gooi my met ‘n baksteen terwyl ek besig is met die uitvoering van my pligte en kyk wat gebeur __ die EFF is verantwoordelik hiervoor , niemand anders nie .

Hennie ·

So Malema is die houer van ‘n koloniale graad maar die EFFies veg teen koloniale onderrig…ek is seker maar net verward!

Flintstone ·

Skole waar die matriek leerlinge nie slaag word summier afgebrand.Volgende jaar word hulle aangery na ander skole waar die proses van voor af begin.Hierdie jeug stel geensins belang in opvoeding,net ontwrigting sodat die onus nie op hulle rus om hulle intellek te bewys nie.

Riaan ·

As jy na skool? Gaan swot is jy mos nou veronderstel om mooi groot te wees? So as jy dan dinge doen wat jy nie moet doen nie en jy kry seer moet jy dit maar vat soos ‘ n grootmens!

Johan H. ·

Hyt gesterf in die uitvoer van sy pligte,,,duh. Ek wil nie daaie job he nie!!

Vonkprop ·

As hulle in die klas was om te leer sou dit nie gebeur het nie punt. Kom EFF staan pa virjou gemors of het jy ook daardie klas misgeloop soos die ander wat toi toi wat gegaan het oor maniere en respek vir ander?

Magda ·

live by the sword, you die by the sword – wat jy saai sal jy maai – ek het geen meegevoel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.