Só het verkeer op hoofweë gelyk

Argieffoto

Duisende voertuie is Maandag op die land se hoofweë waargeneem terwyl Suid-Afrikaners teruggekeer het huis toe ná die Paasnaweek.

Die departement van vervoer het laat Maandagaand in ʼn verklaring die syfers bekendgemaak van die gemiddelde aantal voertuie wat van Sondag middernag tot Maandag 13:00 op die snelweë waargeneem is.

Die meeste voertuie is op die N1 waargeneem met ʼn totaal van 75 216 voertuie vir die oggend. Dit is ongeveer 6 268 voertuie per uur. Op die N3 is 54 636 voertuie, of 4 553 per uur, die oggend waargeneem.

Altesaam 33 207, of ongeveer 2 767 voertuie per uur, het die N4 Maandagoggend gebruik, terwyl 22 441, of 1 870 voertuie per uur, op die N2 waargeneem is. Op die N12 is 6 302 voertuie, of 525 voertuie per uur, aangeteken.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag die verkeerstatistieke vir die Paasnaweek as “skokkend” beskryf en gesê byna 20 000 verkeersboetes is gedurende die naweek uitgereik. Dit sluit nie die verkeersboetes vir Maandag in nie. Die organisasie het verder gesê nagenoeg 800 mense is tussen Vrydag en Sondag in hegtenis geneem vir verskeie oortredings wat dronk- en roekelose bestuur insluit.

Die volledige verkeerstatistieke vir die 2017 Paasnaweek sal binnekort bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Robert ·

Ek glo die verkeersdruk sou noemenswaardig minder gewees het en ongelukke en padsterftes minder , indien die skoolvakansie so beplan was om nie direk na die paasnaweek te begin nie. Kon mos maar net sowel ń week later gesluit het en ń week later begin het. Beter beplanning van die owerhede kan ń verskil maak.

Ronel ·

Ek het presies dieselfde gesê. Iemand se beplanning was baie swak.

snoefie ·

verkeersdruk sou ook aansienlik minder gewees het as skole landwyd nie op dieselfde dag gesluit het en op dieselfde dag weer oopgemaak het nie. maar die logika agter die verskillende datum’s vir verskillende provinsies was mos n oorblyfsel van apartheid. of is dit nou kolonialisme? in elk geval, n teken van logiese denke waaroor die heersende magte nie wil beskik nie.

Se maar net ·

Snoefie,
Dalk werk dit vir jou – jou hele familie bly in dieselfde provinsie of dalk kuier julle nie graag saam nie. Maar vir baie van ons, waar families versprei is oor SA – is dit baie beter as die skool-termyne van die verskillende provinsies saam val. Sodoende kry ons ook die geleentheid om as familie saam vakansie te hou en te kuier.

snoefie ·

voorheen het skole op verskillende datums gesluit en heropen. met tyd tussenin waar alle provinsies se leerlinge saam vakansie gehad en saam gekuier en goeie familiebande gesmee het. ek herinner maar net.

jaco ·

Lekker ekonomiese resessie EN rommelstatus dat so baie mense ver kan weggaan vir die langnaweek…

Jaco ·

Wel die mense wat meestal vakansies neem is maar n klein getal in vergelyking met die land se bevolking. Ek byvoorbeeld het besluit om nie kinders te kry nie, ry n stok ou kar wat jarre terug afbetaal is, het n ou pre-paid foon wat seker nie eers R500 werd is nie, het nie Dstv of bediendes nie maar ek geniet ten minste 4 na 5 vakansies n jaar waarvan ten minste een oorsee is. Daar is baie mense soos ek wat eerder “ervarings” koop soos vakansies as om te worry oor n kroos kinders, die nuutste kar, n kasteel van n huis, tablets, selfone en bediendes… ek kan wel verstaan hoekom soveel SA’ners kla dat nie eens R20 000 n maand vir hul genoeg is om te oorleef nie dis omdat hul so n lewenstyl gekies het.

Danie ·

Lekker kolleksie by tolhekke. Sal interesant wees om daardie syfers te sien. Viva e-toli

Ouma ·

Oom Jan van Riebeeck sou as hy enigsins ‘n baie hoe IK gehad het!! Vinnig omgedraai het en padgegee het! Die land met sy bietjir mense net so gelos het en geensins ontwikkeling gebring het nie!! Hoe sou dit vandag gelyk het?

Lance ·

Van die probleme is by tolhekke,die verkeer hoop kmś ver op en as jy daar deur is trek die verkeersafd. jou af.

liana ·

Ai ek is sooooo baie bly ek is 2 maal n jaar vir 6 maande met verlof en dan nog n lang naweek tussen my 2 x 6 maande. so ek kan ry of bly !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.