Só is Brits-vrou vermoor

Esbé Koster. Foto: Verskaf

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag gehoor hoe ʼn hoërskoolleerder die sekretaresse van ʼn skool in Brits in Noordwes by haar motor ingewag het voordat hy haar kort daarna koelbloedig doodgeskiet het.

Twee beskuldigdes het Maandag in die hof verskyn in verband met die moord op Esbé Koster, die destydse sekretaresse van die Rabboni Christian School, wie se liggaam op 22 November 2016 langs die Ou Lethlabile-pad naby Brits gevind is. Twee leerders van die skool, toe onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is die dag ná die moord by die skool in hegtenis geneem.

Die twee beskuldigdes is aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Beskuldigde 1 word ook aangekla van diefstal, omdat hy sy pa se vuurwapen gesteel het om die misdade mee uit te voer.

Die beskuldigdes se name kan nie genoem word nie omdat hulle minderjarig was ten tyde van die moord.

Beskuldigde 1, nou 18 jaar oud, het Maandag in die hof skuld erken op al ses aanklagte teen hom. Hy het in sy pleitverduideliking, wat aan die hof voorgelees is, verduidelik hoe hy in November 2016 die sleutels van die kluis by sy ouerhuis sonder toestemming geneem en sy pa se pistool uit die kluis gesteel het. Hy sê hy het dit gedoen omdat hy en sy vriend die betrokke dag besluit het om iemand te beroof en omdat hulle ʼn vuurwapen sou nodig hê om dit te doen.

Die beskuldigde het die vuurwapen in sy skooltas gesit en dit die volgende dag saamgeneem skool toe. Die beskuldigde het in sy pleitverduideliking gesê hy en sy vriend het na die sportveld gegaan om na die pistool te kyk en te sien hoeveel koeëls in die vuurwapen is.

Ná skool het die beskuldigde en sy vriend by Koster se motor gaan wag en haar gevra vir ʼn saamrygeleentheid dorp toe. Sy het ingestem. Volgens die beskuldigde het hy op die agtersitplek van die motor gesit, terwyl sy vriend op die passasiersitplek gesit het. Hy het aan die hof gesê hy het in die ry die vuurwapen op Koster gerig en haar opdrag gegee waarheen om te ry.

By die Ou Lethlabile-pad het hy Koster gedwing om stil te hou en sy vriend het haar hande met maskeerband vasgebind terwyl hy steeds die vuurwapen op haar gerig het. Volgens beskuldigde 1 het Koster probeer om die vuurwapen by hom af te neem en het hy haar toe twee keer in die kop geskiet. “Ek erken dat, toe ek haar geskiet het, dit my bedoeling was om haar dood te maak.”

Die beskuldigde het aan die hof erken dat hulle toe Koster se liggaam langs die pad gelos het en met haar VW Citi Golf, wat haar skootrekenaar en ander rekenaarbykomstighede binne-in gehad het, weggery het.

Die beskuldigde het aan die hof gesê hy het later die voertuig by hul bure se huis gaan parkeer en aan die bure gesê sy ouers het versoek dat hy die motor daar bêre omdat daar nie plek by hul eie huis vir die motor is nie. Dit is dan ook hier waar die polisie later die motor gevind het.

“Ek het opreg berou vir my dade en smeek om vergifnis van die hof, die gemeenskap en die oorledene se familie,” lui die pleitverduideliking.

Regter Bert Bam het beskuldigde 1 gevolglik skuldig bevind op al ses aanklagte teen hom. Die beskuldigde sal weer op 22 Maart in die hof verskyn wanneer die vonnisverrigtinge sal begin.

Die beskuldigde se regsverteenwoordiger het die hof versoek om die beskuldigde se borgtog te verleng hangende die vonnis. Die staat het die aansoek ten sterkste teengestaan en die hof daarop gewys dat daar geen buitegewone omstandighede is waarom die beskuldigde weer op borgtog vrygelaat moet word nie.

Bam het die borgtogaansoek geweier en die beskuldigde daarop gewys dat hy skuldig bevind is aan ernstig misdade en lang tronkstraf in die gesig staar. Die beskuldigde sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning.

Beskuldigde 2 het intussen skuld op al die aanklagte teen hom ontken. Hy sal op 18 tot 22 Junie in die hooggeregshof verhoor word. Hy bly uit op borgtog tot sy volgende verskyning.

Lees alle vorige berigte oor Esbé Koster op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lollie ·

Bêre hulle lank! Hulle jammerte bring haar nie terug nie en dis nou te laat om jammer te wees. As hulle grootmens dinge wil doen moet hulle soos ń grootmens gestraf word.
Sy het hulle niks gedoen nie. Inteendeel was sy net goed en gaaf teenoor hulle. Dit is die dankie wat sy daarvoor kry!

Sarel swartbrand ·

Skande ,skande,skande n mens peobeer help en dan word jy so terugbetaal laat mens dink wie jy moet help en wie nie.

christa ·

die vermetelheid om borgtog te vra. Hy moet sit tot hy oeroud is

ontevrede leser ·

2x “leerders”, die deler is net so goed soos die steler, waarom word die een op borgtog vrygelaat, hy is net so skuldig, sluit hom ook toe – “for ever”. sterkte aan familie en kennisse

Frikkie Geld en huis ·

Ontevrede leser gaan nog meer ontevrede wees as ek hom vertel dat die 18 jarige ook op borgtog uit was, tot hy nou skuldig gepleit het. Sy borgtog is maar nou eers ingetrek.

Sharon ·

Ek dink dit is hierdie games wat die kinders vandag speel wat hulle so maak. Ouers koop games vir hulle waarin hulle mense skiet en doodmaak en jy sien hoe ledemate afgeskiet word.

GM ·

Sharon, dan moes ek ook ‘n moordenaar gewees het, want ek het baie rekenaarspeletjies gespeel as tiener. Baie dinge kan toegeskryf word aan ‘n tekort aan respek. Kinders mag ook nie gedisiplineer word nie. Hul doen wat hul wil, en word geleer dat dit reg is om mense skade aan te doen as hul nie kry wat hulle wil hê nie. Natuurlik kan ek nie almal oor dieselfde kam skeer nie, daar is nog baie wonderlike ouers/voogde/rolmodelle daarbuite.

Lysa ·

Die enigste berou wat hy het is dat hy gevang is! Jy kan niemand meer probeer help of gaaf wees nie! NIEMAND nie! Rus in vrede mevrou!

Amelda Ferreira ·

Geen “ek is jammer” gaan my suster terugbring of n gebroke familie heel nie. Hulle het presies geweet wat hulle doen, Hulle is nie kinders nie, hulle is moordenaars!!!!!

René Smit-Taljaard ·

Amelda, my niggie ek stem heeltemal saam met jou. Hulle het vroeg al besluit hulle gaan roof ongeag die omstandighede. Toe hulle daardie vuurwapen ingepak het skool toe het hulle reeds besluit. Dink aan julle almal in die verskriklike tyd wat alles weer so oopgeruk word. Xxx

Amelda Ferreira ·

Om jammer te se gaan nie my suster terugbring nie. Hulle is nie leerders nie, hulle is koelbloedige moordenaars.!!!!Jammer gaan nie help vir n gebroke familie nie. Jou jammer beteken niks#!!!!

Werner ·

Moenie verbaas wees as hy borg kry ook nie want hy het mos nou gesê hy is jammer so nou is alles mos weer reg sal wil sien of hulle ooit dieselfde gestraf gaan word as die doodskis twee

Elizabeth ·

Hulle moet sit, blankes maak hul net skrik met a kis en hul sit nog! Hoe werk die democracy???

StruSSbob ·

Eers haar hande vasgebind en toe het sy probeer om di wapen by hom weg te vat??? Here – bewaar ons asb teen hierdie evil. MOET ASB NOOIT IEMAND N SAAMRY GELEENTHEID GEE NIE AL Wil JY GAAF WEES. MOENIE PIET RETIEF SPEEL NIE..

Vermeende ·

Dit is darem vreeslik amusant hoe verskriklik jammer krimenele is waneer hulle gevang word.

Pieter ·

Die woord “onnodig” impliseer dat dit soms nodig is om iemand te vermoor????

Desire ·

Laat ons net almal weet dis n ‘engelse’ skool, die boosaards is net jammer hulle is gevang

Gatvol ·

Dit kan reen, sneeu, hael en daar kan leeus hulle jaag, ek sal hom nie n lift gee nie, maak nie saak wat nie…..dis tyd dat ons ons goedhartigheid laat vaar…..sorg vir jou vriende en familie en niemand anders….wel ek doen dit al vandat ek 16 jaar oud was

Basson ·

En dan bly mense voorstel dat ons ‘verhoudinge moet verbeter deur goed te doen aan andere’.
‘No good deed will go unpunished’

Franscois ·

vermoor onskuldiges en vra dan gou omverskoning oor my dade, wat n grap, maar julle kan nie anders nie want dit is hoe julle leiers ook is, julle sien dit by hulle,julle gaan lekker laaaank tronk toe en daarna word jy n president, dont’t worry!

Tiger ·

Die pa wie sy wapenkluis se sleutels laat rondle het moet ook aangekla word.Was dit ‘n blanke pa was hy verseker agter tralies!Die polisie bly dubbel standaarde toe pas.

Theresa ·

Belaglik om so ewe noudat hy gevang is SO jammer te wees. NEE! NEE! op als skuldig gepleit en mag nie hiermee wegkom nie. So ook 2e knaap wat nou skielik volgens homself die ene onskuld is. Saam beplan, saam gesit en gery in kar, saam tydens geskiet. jammer jy’s saam in hierdie blatante moord.
Innige simpatie aan die familie en vriende van die vrou wat wreed behandel is na haar goedheid. Hoop hierdie mense en veral die man wat haar koelbloedig en berekenend doodgeskiet het, kry ‘n vonnis wat hom ‘n les leer.

humor ·

Dat vrou alleen nog in hierdie tyd by rylopers stilhou en rygeleendheid gee het absoluut niks met paraatheid te make.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.