Só is daar oor skooljaar besluit

(Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Op versoek van gesondheidsowerhede sal alle skole in Suid-Afrika die volgende twee weke gesluit wees totdat die gesondheidstelsel nie meer so oorlaai is deur die tweede golf van die koronavirus nie.

Bestuurspanne van skole moet op 25 Januarie by skole aanmeld, en onderwysers op 1 Februarie. Leerders moet op 15 Februarie terug wees by die skool.

Volgens die regering word die versoek gesteun deur alle amptelike en gevestigde belangegroepe in die onderwys, van die provinsies tot onderwysvakbonde, beheerliggame, private skoolorganisasies, organisasies van skole vir kinders met buitengewone onderwysbehoeftes en skoolhoofde-organisasies.

Die departement van basiese onderwys het Vrydag heelwat besonderhede rakende die skooljaar bekend gemaak.

Private skole wat reeds vir die nuwe skooljaar heropen het, gaan ook die volgende twee weke sluit in belang van die gesondheidstelsel, het die sambreelliggame van die meeste private skole besluit. Dit is nie tans heeltemal duidelik of absoluut álle private skole hiertoe ingestem het nie en ouers wie se kinders in private skole is, word aangeraai om by die spesifieke skool uitsluitsel te kry.

Dieselfde situasie wat geld vir private skole geld vir private kleuterskole. Een van die kwessies waaroor ‘n private skool kragtens onderwyswetgewing altyd kan besluit, is die skedulering van skoolkwartale. Die staat kan bloot versoek dat private skole in belang van die gesondheidstelsel twee weke lank sluit. Die besluit om daartoe in te stem of nie berus egter, soos altyd, by die betrokke private skool en die beste raad vir ouers met kinders in private skole is om die betrokke skoolhoof te vra wat die betrokke skool se besluit is.

Bestuurspanne, onderwysers en beheerliggame moet die twee weke voor leerders terugkeer skool toe gebruik om skole gereed te kry sodat leerders se gesondheid beskerm word.

Die adjunkminister van basiese onderwys, Reginah Mhauli, het skole en provinsiale onderwysdepartemente gevra om ook in daardie twee weke soveel moontlik vordering te maak met inskrywings en die plaas van leerders wat nog nie plek in ʼn skool het nie.

Bestuurspanne en onderwysers moet ook in hierdie tyd bestekopname doen van leerders se 2020-vorderingsverslae sodat besluit kan word hoe om situasies soos verlore klastyd en hoër getalle druipelinge te hanteer.

Hoewel die situasie met betrekking tot die koronavirus veranderlik is en presiese riglyne vir die res van die skooljaar eintlik onmoontlik is om te gee, het die onderwysowerhede as basiese vertrekpunt besluit skole wat die vermoë het om ná 15 Februarie vir die res van die jaar voort te gaan met onderrig, sal toegelaat word om dit te doen solank dit opvoedkundig verantwoordelik is.

Bestuurspanne, onderwysers en beheerliggame word dus ook aangemoedig om in die tydperk tot 15 Februarie leerinisiatiewe vir hul skool te ontwerp en met die owerhede uit te klaar.

Die meeste onderwysers wat Covid-19 opgedoen het, het dit by begrafnisse en tradisionele seremonies opgedoen, toon die staat se navorsing. Die onderwysowerhede is ook nie gespaar nie: Die hoogs gerespekteerde hoof van die nasionale departement se eksamenafdeling, dr. Rufus Polliah, het Covid-19 opgedoen, maar is al amper weer gesond.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, was ook ernstig siek, maar nie aan Covid-19 nie. Sy sal volgende week weer op haar pos wees.

Matrieks

Matrikulante wat in spanning op hul uitslae wag, het goeie nuus ontvang. Die nasienery verloop beter as verwag en geen vertraging met die bekendmaking van die uitslae word tans voorsien nie.

Skoolgeld

Met betrekking tot skoolfondsbydraes het Mathews gesê die departement word oorval met ouers wat meen hulle kan nie vir Januarie aangeslaan word as die skole toe is nie.

Hy het egter uitgewys dat elke skool se beheerliggaam en elke skool se ouers die bepaalde skool se skoolfonds bepaal. Die meeste skole in die land hef in elk geval nie skoolfonds nie, want die meeste Suid-Afrikaners is te arm om dit te betaal.

Die skoolfonds soos deur die ouers en die beheerliggaam ooreengekom, is bindend onafhanklik van die aantal onderrigdae.

Hy het ouers daaraan herinner dat skoolfonds dikwels grootliks aangewend word vir beheerliggaamaanstellings, hetsy van onderwysers, administratiewe of maatskaplike personeel of skoonmakers en dies meer.

Hierdie mense se indiensnemingskontrakte moet eweneens eerbiedig word en die arbeidsreg laat nie toe dat hul salarisse bloot opgeskort word oor gesondheidsmaatreëls buite hul beheer nie.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

HJvdb ·

Ek verneem van die verpligting op skoolfonds betalings en dat die noodtoestand nie die skuld van enige personeel van die skole is nie….maar net so is dit oop nie enige van die ouers se skuld nie.

Ek glo die reg is baie duidelik hierop, die skool lewer n diens en jy betaal vir die diens, as daar geen diens is nie kan jy nie verantwoordbaar gehou word vir die bataling van geen diens. Of betaal ons deesdae vir skool lidmaatskap by die betrokke skool?

Ek sal verbaas wees as die howe anders gaan beslis indien so a saak voor die hof moet dien.

Alet ·

Jy betaal skoolfonds vir die jaar. Jy betaal nie per maand vir die maand wat jou kind in die skool is nie. Skole se tariewe word vasgestel per jaar en betaal dit af. Of jou kind in die skool is of nie. As jy twee weke vakansie hou in Durban en nie in jou huis bly nie, betaal jy daai maand net die helfte van jou verband? Nee, so dis dieselfde met skoolfonds.

Pandora1 ·

Dit is so, Alet, maar in daardie geval het ek GEKIES om in Durban vakansie te hou vir 2 weke en nie in my huis te bly nie… dit is nie VIR my besluit nie.

JohanR ·

Só is daar deur Nkosazana Dlamini-Zuma oor skooljaar besluit, en Angie Motshekga doen maar net die mediakonferensie.

Fritz ·

Iets in daai lyn. Dis wat gebeur as n land deur mense met “dry and damaged hair” regeer wotd.

Barend ·

Kan iemand vir my sê waar kom die inligting vandaan tov kleuterskole wat ook moet sluit?

Anel ·

Hierdie regering is siek. Hoe betaal mens vir uets wst jy nie kry nie? Our people betaal nie skoolfonds nie, soos hulle self sê, want hulle is te arm. Maar nou moet ons ander maar betaal. Hulle gee nie om as hulle kinders nie skool gaan nie, maar ons doen. Hoe kan jy nie omgee vir tyd wat verlore gaan nie? Dis iets wat jy nooit gaan terug kry nie. Tyd is kosbaar. Jy moet die meeste daarmee doen. Ons almal lewe nie in Afrika tyd nie.

Johan ·

“Our people” wat nie betaal nie, kry ook nie eintlik onderig by die skole nie…en gee lyk my ook nie eintlik om nie.

Pandora1 ·

Die eerste rondte hierdie hierdie jaar word dan gewen deur die onderwysvakbonde en die onderwysers. ” Skoolfonds soos deur ouers en die beheerliggaam ooreengekom is bindend en onafhanklik van die aantal onderrigdae. Hy het ouers daaraan herinner dat skoolfonds dikwels grootliks aangewend word vir beheerliggaamaanstellings, hetsy van onderwysers, administratiewe of maatskaplike personeel, skoonmakers en dies meer.” Ag nou toe nou… en hierdie mense meld op die vroegste die 25ste Januarie by die skole aan… wat gaan hulle tot die 25ste doen? NOG vakansie hou? Gaan skoonmakers en faktotums deesdae ook met vakansie as die onderwysers gaan? Saam met hulle verlof soos deur die arbeidswet vasgestel? My jitte, dan gaan dit mos al te lekker.
Gaan die onderwyskorps regtig begin werk,, of is die volgende “demand” die vaksiene? Wat wanneer beskikbaar gaan wees? Die eingste wenners in hierdie sirkus is die vakbonde wat elke maand hulle geldjie kry, en diegene wat die geldtjie betaal…

christo ·

Die versoek is van die gesondheidsowerhede. Die jeug is die superverspreiders en nie die skool nie. Toe die skole vir 2020 gesluit het was die getal nuwe besmettings laag en die herstelkoste 92%.
Dus beteken dit dat die skole se Covid-19 protokol regulasies suksesvol was. Indien al die slapgat ouers en hulle tieners nog steeds die reëls sou toepas, sou daar nie ‘n probleem gewees het nie. Wil jy nou hê onderwysers moet nou almal se kinders vir 24/7 en 365 oppas? Neem self verantwoordelikheid. Hou op om skole en onderwysers te blameer.
Gaan vergelyk die Covid-19 statistieke met 2020 se aangepaste skoolkalender. Wie het jou leer lees? Jou ma????

LANA is ELANè ·

En so karring ons aan, die middelklas delf weereens aan die onderspit, private skole mag klaarblyklik doen net wat hulle wil want covid raak net die middelklas en arm mense in SA.
Dit is nie reg dat kinders wie se ouers privaatonderrig kan bekostig weereens en steeds bevoordeel word tov die akademie nie.
Laat ALLE beheerliggame en nie net privaatskole self besluit of hulle gereed is om die kinders by die skool te ontvang.
Hierdie agterstand in onderrig gaan nog vir jare ervaar word, behalwe as jy genoeg geld het om jou kind in privaatonderrig of via die web skool te laat gaan. ALMAL HET NIE TOEGANG TOT DIE INTERNET OF TEGNOLOGIE WAT DAARMEE GEPAARDGAAN NIE, iets wat Afriforum en Solidariteit nie verstaan in die bemarking van hul eie wolkskool nie.
Beide ouers werk ook om die pot aan die kook te hou in hierdie moeilike tye, moet die kinders nou maar leeglê deur die hele pandemie??

LD ·

Dis nie net ryk mense wat privaat skole kan bekostig nie!! Ons is maar ook net ñ middelklas gesin en my kind doen Impaq deur ñ privaat skool. As mens jou huiswerk goed doen sal jy sien dit wat jy aan Impaq betaal en die persoon wat jou kind onderrig gee, werk dit jou net soveel uit as skoolfonds self en jy hoef nie skoolklere ten duurste te koop nie en daar is ook nie allerhande goodies wat jou kort-kort geld uit die sak jaag soos by staat en semi staat skole nie. Impaq het ook betaal opsies waarvan jy kan kies met absoluut GEEN rente nie.

Dit was die heel beste besluit gewees! My kind het regdeur die hele lockdown skool gekry en aan die begin het die juffrou selfs na elke kind se huis gegaan om hulle skool te gee! Dit is elke sent werd!

Die mense wat dink privaat onderrig is vreeslik duur, asb doen julself ñ guns en gaan doen bietjie goeie navorsing en julle sal sien. Op die ou end is dit net voordelig vir jou kind. Syt baie maats en is nie afgesonder van hulle nie, sy social ook.

Andrew ·

Nou goed dan. n Hotel kan in 4 ure ontsmet word. Metaal dra die virus die langste naamlik 5 dae, hout 4 dae. Maar n skool is spesiaal, daar moet twee weke lank skoon gemaak word, en dit ten spyte dat die skool in 60 dae leeg gestaan het. En dan al daai ppe en hande spuit wat al n jaar op skole so kooplys is , moet nou weer uitgedink word want ons aankoop policies is gebaseer op level 1 lockdown reels.

Johan ·

Net een vragie hiekom is daar n twede golf? As hul dit so lank voor die tyd kon voorsien, was dit mos beplan. Toets meer dan is daar meer wat dit opdoen. Hospitale loop kamstig oor…wel dit is al die geval vir 20+jaar. Hoeveel mense is nie al weggewys met pyn pille, omdat die hospitaal vol is nie? Nou ewe skielik loop hospitale oor…

Pierre ·

Ek dink ek het onnosel geraak, want ek verstaan nie meer wat hulle doen nie. Niks maak meer sin.

Hennie J ·

Die kaders is mos baie lief daarvoor om hul portrette ooral te vertoon. Ek pleit dat die portret van haar nie in skole vertoon word nie. Kinders is reeds bang om skool by te woon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.