Só is SANW in Mosambiek ontplooi

(Argieffoto)

Pres. Cyril Ramaphosa het skriftelik aan die speaker Thandi Modise en voorsitter van die nasionale raad oor provinsies, Amos Masondo, bevestig dat hy magtiging gegee het dat 1 495 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Mosambiek ontplooi mag word.

Ramaphosa het gesê die SANW-lede lewer ʼn diens ter ondersteuning van ʼn internasionale verpligting van die land jeens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Die diens is ter ondersteuning van Mosambiek teen terreur en gewelddadige ekstremiste wat die Cabo Delgado-provinsie teister.

Maroela Media het vroeër berig die Demokratiese Alliansie het ʼn beroep op die president gedoen om volledige besonderhede aan die parlement te verskaf oor die SANW se skynbare ontplooiing in Mosambiek. Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging, sê die DA het betroubaar te hore gekom dat 1 495 soldate na Mosambiek se Cabo Delgado-streek ontplooi is, as deel van die SAOG se bystandsmag.

“Die president se korrespondensie, gedateer 23 Julie, onthul dat die SANW-lede van 15 Julie 2021 tot 15 Oktober 2021 ontplooi is,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, in ʼn verklaring gesê. “Die verwagte uitgawes vir die ontplooiing beloop R984 368 057.”

Die president het ook aangedui dat hy die verslag aan die medevoorsitters van die parlementêre staande komitee oor verdediging sal verskaf.

Die president se korrespondensie kan hier (bladsy 3) gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Ek wonder hoe vergelyk die hedendaagse soldate met òns wat tydens nagure in die Namib woestyn, gate moes grou, daarin klim en onsself toevou onder die sand, om onsself teen die snerpende woestynkoue te beskerm.

SomeOne ·

indien die extremiste oorgaan tot aksie (wapens opneem) gaan daar nie een van die sanw soldate lewend terugkeer nie, hoor my lied
nie een van die lede is opgelei in oorlog voering nie

Dries ·

Nog n miljard rand weg. 1500 soldate minder om ons teen plundering te beskerm. Ai toggie waar gaan ons land.

annie ·

1 500 impi’s en amper ‘n miljard rand. Is dit die prez se idee van ‘n grappie of gaan ons die vyand omkoop om huis toe te gaan.

Belinda ·

nou wat gaan hul nou daar maak siende hulle nie eens hier in SA iets kan doen nie. Weet nie of julle die video op FB gesien het waar die een weermags dame nie eens in die trok kan klim nie want haar gewig hou haar terug. Die army is nie meer soos toe my broer daar was waar hul moes fiks bly ens nie. Hierdie SANW mense is net daar vir n lekker pay-cheque.

Ben ·

Dit kan mos onmoontlik nie ñ biljoen rand kos nie. Dis bollie. Vir 3 maande. Haha..

johann ·

ISIS is ‘n wesenlike probleem ook vir SA. Ek steun die ontplooiing van SA soldate om hulle uit te wis al moet ons (belastingbetalers) bydra vir die koste

Anoniem ·

Wat van ons eie chaotiese land? Hul kan hièr nie eens stabiliteit bring nie, nog minder ons landsburgers beveilig, hoe wil hul dit in die buiteland doen. Nee…..regtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.