Só is vermiste Pretoria-pa gevind

Tiaan Barnard. Foto: Facebook.

Veronica Barnard, vrou van Tiaan Barnard (35) wat Maandag vermis geraak het op pad na die ambassade van die Demokratiese Republiek van die Kongo, het Donderdag aan Maroela Media vertel Barnard het Donderdagoggend self by die Unitas-hospitaal in Centurion opgedaag.

“Hy het volgens die mense by die hospitaal self hier by die hospitaal ingeloop en op die bankie by ongevalle gaan sit. ’n Suster het vir hom gevra of sy hom kan help. Hy het blykbaar heeltyd vir haar gesê, ‘bel vir Monitor Net, hulle glo my nie’. Sy het gesien iets is nie reg nie en het sy bloeddruk gemeet, ensovoorts,” het Veronica gesê.

Sy het gesê ’n niggie van een van hul vriende werk by Unitas se X-strale-afdeling en sy het vermoed dat die man dalk Tiaan kan wees na aanleiding van al die plasings op sosiale media. “Sy het toe ons vriend gebel en van daar is hy uitgeken.”

Veronica sê sy vermoed dat Tiaan moontlik gekaap en uit die motor gegooi is of iets dergeliks.

“Dit lyk of hy moontlik bedwelm is. Sy pupille is baie groot en sy oë is rooi. Hy het nog nie met ons gepraat nie, maar hy herken ons – die trane loop net. Hy het egter wel blykbaar vir die suster gesê hy het wakker geword in ʼn veld en hy ‘loop al vir twee dae’.”

Tiaan is intussen vir ʼn breinskandering gestuur en alles lyk in orde. “Hy is nie blou of gesny of so nie. Hulle gaan hom nou opneem en hy sal vanaand hier slaap. Ons is so dankbaar en verlig! Dit is die aakligste nagmerrie wat gelukkig vinnig verby is. Hy is lewend en veilig. Ons is in die wolke van dankbaarheid.”

Maroela Media het vroeër berig Barnard het Maandag vermis geraak op pad na die ambassade van die Demokratiese Republiek van die Kongo om ʼn kwessie oor sy visum uit te sorteer.

Veronica het vroeër vertel dat sy probeer het om Barnard telefonies in die hande te kry, maar sy foon was deurentyd af. Toe sy 18:00 by die huis kom, het sy Monitor Net geskakel en hulle het haar gehelp om na hom te begin soek.

Veronica is om 21:30 Maandagaand na die Wierdabrug-polisiestasie en het hom daar as vermis aangemeld.

ʼn Onbekende man het Veronica Dinsdag gebel en vertel dat hy Barnard se paspoort met haar naam en nommer daarin op die R511 tussen Erasmia en Diepsloot by ʼn vulstasie opgetel het.

Barnard se verlate motor, ʼn silwer Fiat 500x, is Dinsdagaand by die Wonderboom Junction-winkelsentrum opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

PIKKEWYN ·

Tiaan kan dalk nooit ALLES onthou nie en indien wel is dit nie nodig dat dit aan almal uitbasuin word nie. Gee die familie/gesin kans om tot verhaal te kom.

Ons is so dankbaar dat hy veilig en lewend gevind is!!! Baie sterkte aan die gesin en waardeer elke kosbare tydjie wat julle saam het. Dinge kan so vining lelik en verkeerd loop en is bly hierdie storie het ten minste ‘n gelukkige einde

Ek glo ook ·

Ek glo ook almal sal nou rustig raak, as die verslag jou nie tevrede stel nie, soek jy beslis sensasie. Daar het beslis groot dinge met die arme man gebeur en as hy dit vergeet of sy brein dit uitsluit, is ek dankbaar vir hom, dit was beslis nie “a walk in the park” nie. Mense reageer verskillend op trauma en ons moet dit respekteer. Hy is beslis nie ‘n gewone wegloop geval nie en dit is al wat ek wou weet.

Ek hoop so ·

Wat ek wou byvoeg, hierdie vermiste persoon soektogte het in die geval 100% gewerk, dit is waarvoor dit daar is. Hy is gelukkig herken uit berigte en dankie vir elkeen wat dit plaas, asook Maroela altyd!!!!! As hy nooit weer onthou nie, wow sou hy seker ‘n boemelaar moes word, jul het dus almal ‘n lewe gered.

Reti ·

Ag dankie tog dat hy gevind is en lewend is en niks snaaks aangaan nie. Is jul ou spul nat vadoeke nóú tevrede?

Piet ·

Reti my mens, waarvan praat jy nou? Die man is terug by die huis, maar hy het waarskynlik eers by die hel ‘n draai gemaak. Wie is nou die nat vadoek? Prys die Here dat julle hom terug gevind het! Dalk sal hy nog eendag sy verhaal vertel, maar tot dan hoop ek mense laat hierdie man in vrede.

BB ·

Reti, ek hoop regtig mense kan hieruit leer. Dit gaan blykbaar net oor sensasie of die gebrek aan begrip. Voorwaar DANKBAAR dat hy lewend en ongedeerd daarvan afgekom het.

TLC ·

Almal hoop en bid Maar woerts word ons afgesny Sou darm ge like het om meer te weet maar tog so bly hy is veilig gevind AMEN

KG ·

Ek dink dis maar omdat ons ou mensdom maar eintlik net baie nuuskierig is….wel jy kan dit seker belangstelling ook noem….

Giel ·

Die hel waardeur die man is sal hy vir die res van sy lewe met hom saam drae. Dis ongelukkig hoe SA deesdae is. Sterkte Tiaan.

M ·

Sooo dankbaar !! Prys die Here!!!
Sjo julle, hierdie mense is deur hel.

TLC ·

Sorry vir boodskappe bo ek het voor ek weg is by werk vorige artikel gelees So dankie dat ons nou die inligting het Soooooooo bly hy is gevind AMEN

TLC ·

Sorry vir boodskappe bo ek het voor ek weg is by werk vorige artikel gelees So dankie dat ons nou die inligting het Soooooooo bly hy is gevind AMEN ?

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop hy sterk gou aan. Moes ‘n wilde tyd vir sy mense gewees hier.

BB ·

Johan die enigste ding wat vir my vreemd is, is dat mense nie kan verstaan dat ons nie alles hoef te weet nie.

Genoeg! ·

Ek is sooo bly hy is veilig! Dankie Here! Sterkte aan die familie!

Koos de Meyer. ·

Ons sê ook dankie vir ons Hemelse vader dat hy ten minste veilig is.

Didi ·

Dankie, Hemelse Vader, dat hy lewend en veilig terug is. Herstel hom asb volkome.

Eve ·

Sjoe wat n wonderwerk! 2 dae geloop en toe strompel hy by Unitas in! By sy selwers! Baie baie sterkte aan sy vrou en naasbestaandes. Hulle het dit die meeste nodig

Andre ·

Ons dien n groot God. Bitter baie bly vir hom en al sy gelief des.

Linda van Mosselbaai ·

Prys die Here hy is veilig! Sterkte vir almal op die pad vorentoe & mag God ons Vader ons veilig hou.

STOP DIT NET ·

Dis presies hoe ons mensdom is … ” o ja, ek sal help soek, deel en en en, maar dan wil ek elke liewe soetsappige detail na die tyd weet” …
Sou jy dit met almal so gedeel het as hy en jou geliefdes deur so n helse trauma moes gaan? Ek twyfel.
Gaan op jou kniee en dank God dit is jou vrygespring, en dathierdie kosbare seun, man,pappa en broer, weer veilig terug is by sy geliefdes, dat hul deur hierdie trauma sal kom en kan verwerk … dis al wat nou van ons verwag word …

Theresa ·

Fantasties dat hy lewend is. Van waar sy goed gevind is tot by Unitas is ver en moeilike stap vir iemand wat moontlik aangeval was. Die berusting vir sy gesin dat hy veilig is, is belangrik. Nou moet die speurders verder soek. Sonder enige twyfel het ‘n misdaad plaasgevind. Wat kon hul uitvind by die ambassade? Was hy wel daar?
Krag en moed word sy gesin toegewens.

Daleen Bekker ·

Die vermiste Pa -Tiaan Barnard is MY suster se seun. Niemand ken nog AL die feite nie, ons as familie en sy gesin is vanaf Maandag deur “hel”, Maar ons familie en sy gesin is DANKBAAR dat Tiaan gevind is en dat hy LEEF. So ASSEBLIEF as jy nie die ware feite weet of ken nie, moet nie kommentaar lewer asb ons vra baie mooi. Tiaan was gekaap en daar is nog baie onsekerheid wat presies met hom gebeur het. Ons dien ‘n Gote Genadiglike God ons Loof en Prys Hom dat Tiaan LEEF.

Daleen Bekker ·

Die vermiste Pa -Tiaan Barnard is MY suster se seun. Niemand ken nog AL die feite nie, ons as familie en sy gesin is vanaf Maandag deur “hel”, Maar ons familie en sy gesin is DANKBAAR dat Tiaan gevind is en dat hy LEEF. So ASSEBLIEF as jy nie die ware feite weet of ken nie, moet nie negatiewe kommentaar lewer asb ons vra baie mooi. Tiaan was gekaap en daar is nog baie onsekerheid wat presies met hom gebeur het. Ons dien ‘n Grote Genadiglike God ons Loof en Prys Hom dat Tiaan LEEF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.