Suid-Afrikaners het in 2016 die sewende langste ter wêreld in verkeersknope vasgesit.
Dié statistiek kom uit ʼn studie van INRIX, ʼn internasionale maatskappy wat jaarliks data ontleed en gedetailleerde tabelle van verkeersopeenhopings saamstel.
Dié maatskappy het die data op vyf kontinente, in 38 lande en 1 064 stede versamel.
Volgens dié studie het Suid-Afrikaners verlede jaar 38 uur in die verkeer gesit.
Lande waar mense langer in die verkeer sit, is Venezuela (39 uur), VSA (42 uur), Rusland (42 uur), Indonesië (47 uur), Colombië (47 uur) en Thailand (61 uur).
In Suid-Afrika sit Kapenaars (49, 1 uur) die langste in die verkeer vas, met Johannesburgers (46, 8 uur) kort op hul hakke.
Dié stede word gevolg deur Durban (30, 2 uur), Pretoria (28, 1 uur), Pietermaritzburg (19, 8 uur), Port Elizabeth (19, 1 uur), Oos-Londen (17, 7 uur), Bloemfontein (16, 1 uur) en Vanderbijlpark (4, 9 uur).
Bron: INRIX
En wie kan iets aan die verkeer doen? SA het nie openbare vervoer nie. Behalwe as jy jou lewe in n oorvol doodskis waag wat n taxi genoem word.
Die 40 uur maak nie sin as dit per jaar is nie. 54 weke deel deur 40 is maar meer as ‘n uur per week. Ons sit elke dag twee ure in verkeer. (Dus, 2x 5dae = 10 uur per week, 40 uur per maand). Is die statistieke weekliks of maandeliks saamgestel?