So lui EFF se mosie om onteiening te versnel

Julius Malema. Foto: ANA.

Die EFF het hul voet op die versneller geplaas om onteiening sonder vergoeding vinniger ‘n werklikheid te maak.

Die EFF-leier, Julius Malema, sal Dinsdag ‘n mosie by die parlement indien om ‘n veelpartykomitee daar te stel wat die Grondwet moet wysig sodat artikel 25 (die eiendomsklousule) geskrap kan word en die staat grond kan onteien sonder vergoeding.

Luidens die jongste weergawe van die mosie wat Maroela Media gesien het, maar wat dalk nog aangepas kan word, moet die veelpartykomitee openbare verhore hou en teen 11 Mei aan die Nasionale Vergadering terugrapporteer.

Die verwagting is dat die meeste opposisiepartye die mosie sal teenstaan, maar dat dit die ANC in ‘n baie moeilike posisie gaan plaas. ‘n Jaar gelede nog het die ANC ‘n mosie deur Malema om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak teengestaan, maar sedertdien het die party se nasionale konferensie in Desember die beginsel van onteiening sonder vergoeding as partybeleid aanvaar, hoewel met die voorbehoud dat daar eers navorsing gedoen moet word om te verseker dat dit nie die ekonomie, die landbou en voedselsekerheid sal skaad nie.

Hierdie voorbehoud kan die struikelblok wees wat die ANC daarvan weerhou om Malema se mosie te steun.

Die voorlopige bewoording van die mosie lui as volg:

“- Die Nasionale Vergadering neem kennis dat Suid-Afrika ‘n unieke geskiedenis het van die brutale afneem van grond van swart mense deur die wit minderheid koloniale setlaars;

– Die Nasionale Vergadering neem verder kennis dat die afneem van grond ‘n onuitwisbare nalatenskap op die maatskaplike, politieke en ekonomiese landskap van die land gelaat het, en ‘n gemeenskap help daarstel het wat berus op die uitbuiting van swart mense en die behoud van wit dominasie;

– Die Nasionale Vergadering neem kennis dat die swart meerderheid beperk is tot 13% van die grond, en dat wit mense teen die einde van die apartheidstelsel in 1994, 87% van die grond besit het;

– Die Nasionale Vergadering erken voorts dat die huidige grondhervormingsprogram sedert 1994 deur groot probleme gekenmerk word, en dat die pas van grondhervorming stadig was met slegs 8% van die land se grond wat sedert 1994 aan swart mense oorgedra is, en dat die onlangse grondoudit bevind het dat swart mense minder as 2% van landelike grond en minder as 7% van stedelike grond besit;

– Die Nasionale Vergadering erken dat artikel 25 van die Grondwet, die “eiendomsklousule”, wat private eiendomsreg beskerm en die staat verplig om vergoeding te betaal wanneer grond onteien word in die openbare belang en vir ‘n openbare doel, die kern vorm van die huidige krisis om die grondkwessie op te los;

– Die Nasionale Vergadering erken voorts dat hierdie eiendomsklousule dit in die praktyk onmoontlik maak vir diegene wat van hul grond ontneem is om geregtigheid te kry, gegewe die ongeregtighede wat teen hulle gepleeg is;

– Die Nasionale Vergadering neem kennis dat pres. Ramaphosa in sy staatsrede die onderneming gegee het dat die regering ‘n radikale grondhervormingsprogram van stapel sal stuur wat onteiening sonder vergoeding sal insluit;

– Die Nasionale Vergadering erken voorts dat enige wysiging van die Grondwet wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat, eers ‘n parlementêre proses moet deurloop omdat die parlement die enigste instelling is wat die Grondwet kan wysig;

– Die Nasionale Vergadering stel dus ‘n ad hoc-komitee aan in terme van parlementêre reël 253 (1) (a).

– Die ad hoc-komitee moet artikel 25 van die Grondwet hersien en wysig om dit moontlik te maak om grond in die openbare belang te onteien sonder vergoeding;

– Die ad hoc-komitee moet openbare verhore hou om die menings van gewone Suid-Afrikaners, beleidmakers, gemeenskapsorganisasies en akademici te peil oor die noodsaaklikheid van onteiening sonder vergoeding, en die meganismes om dit daar te stel;

– Die ad hoc-komitee moet die nodige grondwetlike wysigings voorstel met betrekking tot die tipe toekomstige grond-verblyfstelsel wat benodig word, en om ‘n stelsel daar te stel waarvolgens die staat die voogdyskap oor alle Suid-Afrikaanse grond sal hê;

– Die ad hoc-komitee moet bestaan uit 11 lede, waarvan die ANC 6, die DA 2, die EFF 1 en ander partye 2 lede kan nomineer;

– Die ad hoc-komitee sal magte kan uitoefen kragtens parlementêre reël 167 soos hul taak dit van hulle vereis, en moet aan die Nasionale Vergadering terugrapporteer teen nie later nie as 11 Mei 2018.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

GrondeieNAAR ·

Ek hoop die staat gaan eers bewys dat die bevraagde grond wel in die geskiedenis onteien is voor hulle dit nou summier afvat…

Blits ·

ja hulle sal. soos volg sal dit gedoen word
1. hoeveel werd is die grond verkieslik hoë prodoksie en uitvoer produksie
2. is die eienaar wit of swart? as die eienaar wit is sal hulle die grond vat en hulle sal dokuentasie verfals om dit te regverdig

Jerry ·

Ek het menigmale vir Afri-Forum gese om nie konflik na te streef nie, maar versoening. Hulle wou nie luister nie en het inisiatiewe bly loods om die EFF tot verantwoording te roep vir Malema se uitsprake, uitsprake wat in elk geval nie n verskil maak met die aanvalle op blankes, want dit is n histories en huidige feit dat dit “Payback Time” is. So, waar staan ons nou? Die EFF het Afrikaans as voertaal by universiteite gestop! Die EFF gaan nou die Afrikaner se teespoed met grondonteiening verhaas! Dankie, julle domastrante slimjanne! Nou waarsku ek Afri-Forum weer! Stop die vervolgingswaan teen Zuma en kie. Julle kan druk uitoefen, maar moet die vervolging vir die owerhede los! Zuma het nie sy ondersteuningbasis verloor nie en kan sy argwaan (moordbendes) teenoor Afri-Forum en blankes vergroot en versnel voordat jy kan se “Gerrie wie?”

Andrea ·

Dink jy regtig dit speel n rol in die EFF se optrede? Ek glo nie.

Casper Labuschagne ·

@Jerry ‘n Baie slim plan soortgelyk aan die strategie van die NP-onderhandelingspan tydens en na Kodesa en die Nasionale Party in die middel 1990’s – rol om en smeek vir genade voordat die swart monster dalk wakker gemaak word.

Ongelukkig is dit nie my plan nie. Ek onthou die destydse minister P.K. van der Bijl in Rhodesië se woorde dat dit beter is om te veg tot die laste koeël en met eer te sterf as om ‘n leeftyd van vernedering deur te maak. My voorsate het nie Slagtersnek, die Groot Trek, Bloedrivier, en die Boereoorlog meegemaak sodat ek vandag vir Julius Malema op my knieë moet smeek vir ‘n deeltjie van wat ons volk opgebou het nie.

CG ·

Jerry. Net een vraag: wattter rol het Afriforum in die grondroof in Zimbabwe gespeel? Maar jy is oortuig hulle is die oorsaak van wat nou in SA beoog word! Ag asseblief!

Domvraag ·

Ek kan nie glo dat daar mense soos jy is wat nog so naief is nie en dan praat jy van domastrante slimjanne. Sonder teenkanting sou ons lankal al soos Zim gewees het. Die afrika kultuur het geen respek vir die wat omrol en smeek om genade. Wonder of Piet Retief dalk familie van jou is want ek dink hy was dalk net so naief?

David ·

Die feit dat hulle Afrikaans probeer vernietig en grond afvat het niks met Afriforum te doen nie. Kyk bietjie na hul doktrine (Kommunisme). Los geen steen onaangeraak. Kyk ook na die doelwitte van hul hanteerders (Renwick) en dis maar net n paar basiese punte.

Donald ·

Dis soos om vir `n vrou te se sy moet stilbly as haar man haar slaan sodat hy haar nie erger aanrand nie.

GM ·

Word die grond waarop plakkerskampe gebou is bygetel by hierdie statistieke? En al die grond wat in staatsbesit is? Hulle moet maar kom vat wat nie aan hulle behoort nie. Ek hoop hulle het baie brandblussers. En geld iewers in kluise, want die banke gaan nie baie gelukkig wees as mense eweskielik ophou om verbandlenings en huispaaiemente te betaal nie.

Donald ·

Nee ook nie die grond wat reed vir hulle gegee is en hulle eerder verkies het om die geld instede te neem nie. As ek reg kan onthou is dit oor die 90% van hulle wat eerder die geld gevat het en dit in die stede gaan spandeer het.

Elsabe Otto ·

Ek bevraagteken al die statitieke. Al die gronde is nie afgeneem nie maar ten duurste gekoop. Ook is afgeneemde grond voor betaal. Ons moes ook ons plaas ontruim vir nie-blanke ontwikkeling maar is betaak daarvoor. Daar moet ook m duidlike lyn getrek word oor gronde verkoop na apartheid. Baie boere het eers daarna plase gekoop en begin boer. Alle gronde en eiendomme is voor betaal en geen skenkings was by boerdery betrokke nie.

Elize C ·

Tussendeur die gesprekke wat oor jare heen oor hierdie onderwerp gemaak is, het ek dalk iets gemis, maar verduidelik asb hoe voel die banke hier oor? As die spesifieke grond/eiendom wat die staat wil onteien, nog onder ‘n lening is by ‘n finansiële instansie, gaan die boer as hy met sy persoonlike besittings in sy sakkie op sy rug sy eiendom moet verlaat, beslis ook nie die bank verder betaal nie! Waarmee moet hy dit doen as hy sonder ‘n sent kompensasie die pad iewers heen moet vat? En die Akte van Registrasie in die huidige eienaar se naam? Dis mos die eienaar se bewys dat hy die grond wettig volgens die Suid-Afrikaanse wet gekoop het met swaarverdiende geld, met alle nodige dokumente in plek. Gaan die wet so verander word dat dit weggesmyt gaan word, null&void? Rus die onus dan nie op die staat om te bewys dat die spesifieke stuk grond wat hulle wil onteien, wel eeue gelede aan “iemand anders” behoort het nie? Arme Jan v Riebeeck wat al die nonsens begin het…. het die mense wie toentertyd op die grond gebly het, “akte van transport” gehad, ek wil my verbeel dit was meestal nomadiërs wat met hul vee rondgetrek het agter weiveld aan, hulle het nie op een spesifieke stuk grond gebly nie? En nou verwys ek glad nie na meer onlangse situasies waar mense sondermeer van hul blyplekke geskuif is om plek te maak vir stedelike uitbreiding nie.

Dan ·

“Die nasionale en provinsiale regering besit sowat 24,5 miljoen hektaar, maar die omvang van munisipale eienaarskap is nie duidelik nie.”

HOEKOM NIE VAN DIE GROND VAT VIR GRONDONTEINING NIE ?????

Netso ·

Want hulle sal dit nie aan hulle self doen nie! Zimbabwe kon dit ook nie oor hulle hart kry nie

Dan ·

“Die departement kan nie die 25% -besit wat deur Popsa beweer word, bevestig nie, aangesien oudits op munisipale grond nog uitgevoer moet word. Die departement se databasis toon egter dat 1,2-miljoen eiendomme deur die verskillende munisipaliteite besit word.”
Laat my regtig wonder hoekom daar nie van hierdie onbenutte ‘bates’ kan onteien word nie…..

Lee ·

EFF is net ‘n party wat aanjaag sovêr as wat hulle gaan. 90% van hulle lede werk duidelik ook nie want hulle betoog en brand net af heeldag. Hoekom soek hulle grond en plase? Wat wil hulle daarmee maak…… Defnitief ten gronde laat gaan want hulle kan defnitief nie Mega Boere word nie. Wil net hê hê hê

Bertie Vosloo ·

Ry af durban toe en kyk hoeveel grond is daar langs pad van jhb af tot in durban dis mos hulle grond dat hulle daai grond vat en bewerk en plant en boer dat ons sien hoekom boere se grond wil vat wat dit al dekades besit dis net om ons blankes te ontneem van ons eiendom.

Leonie ·

Dit kom nou weer nader aan verkiesings tyd so mens sal die groot mond met al sy beskuldigings nou die hele tyd hoor tot 2019.

koos ·

ek besit 2 huise. gaan ek een moet opgee, of is dit net boere met plase wat moet bekommerd wees?

Pensionaris ·

Ek bekommer ook hieroor. Ek huur n tweede eiendom uit om my pensioen aan te vul. Het enige iemand raad?

Cherokee ·

Koos en Pensioenaris, ek deel dieselfde bekommernis met julle. Gaan die eise slegs op plaasgrond bly hamer? Ek het drie strand-woonstelle sowel as ‘n oorsese kontantbelegging. Ek weet hoe snoep jy kontant moet onttrek om die kapitaal behou te laat bly. Jy kan nie geld risiko-vry belê en meer as 5% onttrek as jy die kapitaal behoue wil laat bly. Dàn het jy steeds geen groei en dit beteken dat jou behoue kapitaal teen die tempo van inflasiekoers waarde verloor.
Om daardie rede moet jy nooit soos in nooit oorweeg om jou eiendom na kontant om te skakel nie. Maar dan bly julle vraag in die agterkop draai. Eiendom is die absoluut enigste belegging wat jy kan maak en ‘n inkomste neem uit jou belegging terwyl jou kapitaal steeds groei. As jy jou eiendom sou verkoop en dollars of ponde daarmee koop is dit minimaal gereken teenoor wat dit werd is hier. Alles vrae waaraan denkende mense dink.

Casper Labuschagne ·

As daar een ding is wat Karl Marx telkemale verfoei het, was dit die sogenaamde “rentier kapitaliste” – diegene wat geld maak deur huur op eiendomme te verhef. Malema en die kommuniste in die ANC het meer van Karl Marx gelees as ons almal saam, dus kan ons weet wat sal gebeur. Wees verseker dat van die eerste ding waarop toegeslaan sal word, sal diegene wat meer as een eiendom besit of wat eiendomme verhuur. Ook enige eiendomme groter as ‘n sekere beperking. Die rimpeleffek sal ons ekonomie verpletter.

Lollie ·

Malema slaan die gitaar en die ander kan nie vinnig genoeg dans nie! Sal sien wat doen Cyril maar ek weet ook dat almal bang is vir Malema.
Ek brand eerder my huis af tot op die grond aswat ek hulle in my huis sien!

Grassie ·

Haat teen witmense loop nou in dik strome in ons land. Die aggressiwiteit, leuenagtigheid en absurditeit in Malema se tirade is verbysterend. Sy bewering dat swart mense net 2% van die land se grond besit is die grootste leuen van almal. Die Transkei, Ciskei, Zoeloeland, Bophutatswana, Venda, groot gebiede in Limpopo, sg. trustgebiede en stamgronde en grond in staatsbesit alleen is al klaar baie, baie groter as sy 2% en is ook die vrugbaarste dele van die land. Ons sit bv. met die Karoo, Namakwaland, die knersvlakte en woestynagtige dele aan die Weskus. As hierdie storie oor grondonteiening momentum kry gaan dit bittere gevolge veroorsaak. Miskien sal ons teen die uiteinde ‘n keuse moet maak – pak op jou goedjies en trek of sorg dat jou kruit droog is en jou yster geolie. Ek kan nie meer trek nie, ek weet dit gaan broekskeur gaan vorentoe.

Moeg v SA ·

Wanneer daar gepraat word van gebied(grond) oor te neem,dan gaan dit gewoonlik met Geweld gepaart

Cherokee ·

Ag tog, moet nou net nie weer met ‘n Bloedrivier-storie begin nie. Of dit probeer uitlok nie. Want dan is dit duidelik dat jy nie besef tydens die slag van Bloedrivier het ons die sannas gehad en hulle die assegaaie. Nòu het hulle die sannas en ons het die assegaaie.

Donald ·

Ons het die grootste sekuriteits mark in die wereld en meeste van die eienaars is oud polisie en soldate en blank maar ook dan uitgesluit BEE partners by die groot firmas. Hulle het wel die onbevoegte weermag en polisie. Vergeet van bloed rivier. Ons het Britanje aan gedurf en hulle het wel masjeers en kanonne gehad en ons oortref met nommers 10 teen een en ons het ons man gestaan. Ons is nou wel weer 10 teen een maar hierdie 10 het nie almal R5 gewere nie, meeste is onbewapen vroue en kinder in lokasie op geld toelae en `n groot klomp sit met vigs en tb en allereande probleme. En as jy `n plan maak soos `n boer soos die gesegde gaan weet jy dat jy miljoene kan dood sonder wapens. `n Mens het water nodig om te lewe sonder water kan jy nie lewe nie.

DHK ·

Nee Cherokee, ons het God gehad by Bloedrivier want ons voorouers het Sy aangesig gesoek. Nou het ons gewere maar ons volk het oorweldigend vir God die rug toegekeer. Duidelik besef jy nie wat regtig by Bloedrivier plaasgevind het nie.

Pop ·

Die man doen niks van waarde nie. Nog nie n enkele opbouende ding gedoen nie. Is net afbreek en galbraak en kwaad steek. Nie een witmens wat nou op grond sit het dit afgevat van geen swartmens nie. So waarom moet ons dit nou weggee. Wie gaan dit kry. Die swartman van wie dit gevat is.??? Neeeee!!!! Dit gaan gegee word vir anargiste wat nie eers weet hoe om n graspol te plant nie

Andrea ·

In Afrika is enige iets moontlik. Niks werk volgens reëls en wetgewing nie.

Casper Labuschagne ·

@Hennie, ongelukkig is dit so dat sou die EFF, die ANC asook enkele splinterpartye soos Agang en die PAC bymekaar getel word verander hulle die grondwet in ‘n japtrap en beide die ANC en die EFF weet dit.

Casper Labuschagne ·

Onteiening van eiendom sonder vergoeding is die maak-of-breek faktor wat sal bepaal of ons in SA nog ‘n toekoms sal hê. Ramaphosa sal dit verseker opdis as ‘n suikerpilletjie, ‘n wet wat niemand se eiendom gaan wegneem nie, maar die dag as dit op die wetboeke is, is dit oor vir ons. Ramaphosa is bloot die Judasbok en die eintlike laksman sal hom opvolg. Ons het basies net vanaf hierdie oomblik tot en met die punt wat die komitee daardie wet sal deurstuur, om vreedsaam teen daardie wysiging van die grondwet te betoog.

Melanie ·

Ek voel jammer vir die mense wat so op plase (en ander gebiede)aan geval word,gaan die dreigemente nooit ophou van Malema!

Francois ·

Die probleem is dat hulle dit nou baie duidelik maak dat hulle dit wil en gaan doen. Net die idee alleen hiervan het al klaar n groot effek op mense wat wil plase of grond koop.
Wie gaan nou grond wil koop as daar n kans is dat dit dalk afgeneem gaan word ?
Hoe gaan dinge van nou af werk ???

Blits ·

Francois net n regstelling, daar is nie n ding van n kans dat die grond gevat gaan word nie maar erder net dit gaan gevat word of ons nou daarvan hou of nie.

Ek lees kommentaar maar dit verbaas my om te sien hoeveel mense nog klappe voor die oë het en nog naief daarby.
Mense hulle gaan nie kyk na hoeveel eindom jy het nie hulle gaan dit vat of jy nou een of n 1000 eiendom het, hulle gaan dit vat, en daar is niks wat ons daar omtrent gaan kan doen nie omdat hulle ons terselfde tyd gaan uitmoor, dit vat net een tussen n 1000 met die intensie om te moor dan val almal in om dit te doen.

Jerry ·

Lettie, DHK en Andrea. Die radikales wat deur Zuma en Malema gelei word weet julle tog verdra geen onreg nie, laat staan nog om in n hof deur n witman verneder te word. Hulle is op wraak ingestel en hoor my lied, Afri-Forum krap lankal al waar dit nie jeuk nie omrede hulle met 200,000 lede en die se geld n gevoel van mag ervaar en dit hulle blind maak vir die gevolge van hulle vervolgingswaan. Die vervolgingsinisiatiewe dien nie die belange van die Afrikaner nie, dit rig skade aan deurdat dit die belange wat nog nie geteiken is nie ook n teiken gaan maak. Nou, kom ons stem net vir n oomblik saam dat ek reg is en ons kyk na wat die gevolge gaan wees. Die gevolge gaan eerstens konflik wees tussen Afri-Forum se grondtroepe (jeug) en die ANC en EFF radikale jeug. Wie dink julle gaan die meeste bloei? Wat ek se is dat vir die onthalwe van die Afrikaanse jeug moet Afri-Forum wat die jeug verteenwoordig en in inisiatiewe gebruik, net versoenende inisiatiewe loods. Indien ek reg is en Afri-Forum maak hulself n teiken, dan in effek maak hulle die jeug n teiken. Die jeug verstaan net soos julle nie die ernstigheid van die situasie nie, en het dus geen idee waarby Afri-Forum hulle intrek. Die jeug verdien beter as dit. Die jeug verdien n veilige en voorspoedige toekoms sonder konflik. Afri-Forum het daardie verantwoordelikheid en hulle moet dit nakom deur versoening, nie konflik gedrewe inisiatiewe

Gerhard ·

Die fout wat jy maak is dat jy dink dat as jy mooi met die mense werk hulle dit met jou sal doen. Die geskiedenis van Afrika bewys egter die teenoorgestelde. Wanneer die vryheidsvegters se planne opraak is daar net een ding oor om te doen. Dit is altyd om bleekgesigte te blameer. Daar is nie so iets soos “give and take” in die verhiuding tussen ‘n leeu en ‘n bok nie.

Cherokee ·

Dit is seker nòu dat die langverwagte wigte en teenwigte sal inskop. FW en sy ja-broers het dit tog beloof, so hou moed.

Cherokee ·

Ék ook, Anna. Ek ook. Maar dan is ek een van ‘n menigte wat sê, ek het eiendom hier, ek is gevestig hier, ek het ‘n beroep hier…… daarbenewens woon ek op een van die pragtigste plekke in die land! En om te waai en te gaan beplan in ‘n onbekende omgewing waar geeneen weet wie Cherokee is, laat weer die wipplank se skeew skaaw geluide duidelik hoorbaar. My kinders is hier. Hulle besit elk hul eie besighede en is dol gelukkig. Wat de dêm moet ons doen, is die vraag.

Casper Labuschagne ·

@Christine, oor die jare het ek baie mense teëgekom wat uitsprake soortgelyk aan joune gemaak het. En verreweg die meeste van hulle is lankal in Australië en ek is steeds hier. Dit is heel verstaanbaar dat die omstandighede in SA vir baie mense toenemend onaanvaarbaar sal word. Maar ons kan iets daaraan doen om die bestek van ons as minderheid te verbeter en dit is ons plig om daarvoor te stry.

Ben ·

Ek sien nou Malema en Ramaphosa bly ook op n plaas. Snaaks dat hulle nie word aangeval nie.

Keelvol ·

Ramapossa moet tog nou net asb die doodstraf weer terug bring dan sal al di moorde en verkragtings en aanrandings om mense van hul grond af te dryf tot n einde kom.

Nic ·

Keelvol, is jy seker jy wil die Doodstraf aan die ANC toevertrou?

Cornelia ·

Afriforum en álmal wat bereid is om die Reg op Vryheid en Geregtigheid vréésloos en met waarheid te konfronteer- doen so voort! Dankie Afriforum dat julle nie swyg nie! So ook die VF, Solidariteit en elke lid wat stry in die agtergrond en op die voorgrond! Dankie en moenie vir een oomblik twyfel in die Hand van God nie!

Johannes van Staden ·

Ok so WIE kry my plek en waarheen moet ek nou gaan ? Wat van my verband op my plek ? Wie is dan aanspreeklik vir die water en ligte sowel as erfbelasting ?

PJC ·

Jerry ek weet nie hoekom jy so in ń droomwêreld leef nie. Die res van Afrika het nie ń Afriforum gehad om hulle te antagoniseer nie tog haat hulle die witman net so. Kyk jy dalk die nuus op die Guptas se nuuskanaal dat jy met sulke skewe idees rondloop. Terloops ek werk nie vir Afriforum nie maar ek is lank genoeg in hierdie land om te weet wat aangaan en te sien wanneer iemand deur sy nek praat.

Vasbyt ·

Bedaar bedaar mense.Ons gaan alles verloor maar daarna gaan ons n nuwe leier kry wat ons op die pad van oorwinning gaan lei.Hierdie leier gaan uit Duitsland kom maar is n Suid Afrikaner. Dan gaan die poppe dans…Na dit….en die Burgeroorlog wat gaan volg gaan ons van vooraf begin as n nuwe Nasie.Die skoen sal dan aan die ander voet wees en die voet wat gaan regeer sal n veldskoen wees.

Veritas ·

Die oomblik wat “grondonteiening sonder vergoeding” inskop, gaan ons die Rand hoor val. CR weet dit goed en het te veel om te verloor. Hy is slim genoeg om te kon leer uit Zimbabwe se geskiedenis van grondgrype en sal nie toelaat dat dieselfde hier gebeur nie. Julius Malema is te vlak om te besef dat sy dae as politikus min is. Sodra hy nie kan lewer wat hy belowe nie, is sy Narreparty op sy oor by die deur uit.

Gerhard ·

CR het reeds belowe om grond te vat sonder vergoeding. Gaan hy kan lewer wat hy belowe of gaan hy die een wees wat sy dinges sien. JM is veilig solank hy druk op CR plaas, dit is wat sy ondersteuners soek. Die druk is eerder op CR en ons sit en wag om te sien wat doen hy as hy by die punt kom waar hy besluit om grond te vat of in die stoel bly sit.

Gerhard ·

Daar is teveel mense wat die saak van ‘n Westerse perspektief benader. Die mense van Afrika het ‘n ander manier van dink en as jy regtig wil weet wat die toekoms in Afrika inhou, kyk eerder na Afrika geskiedenis. Verder moet jy ook nie teveel hoop plaas op regverdigheid nie. Daar was nog nooit onder enige van die vorige regerings so iets in Suid-Afrika nie. Sien die werklikhede vir wat dit is. ‘n Swart meerderheid wat geen rede of belangstelling het om hulle te bekommer oor Afrikaners en hulle probleme nie. Hulle het ook geen rede om te onderhandel vir ooreenkomste waar beide kante iets uit ‘n saak kry nie. Hulle hoef hulle net oor hulself te bekommer. Afrikaners is eerder ‘n doring in die vlees. Al wat die Afrikaner oor het is geld, wat elke dag minder word. As die ANC hierdie mag wegneem, dien hulle die Afrikaner ‘n nekslag toe waarvan hy nooit sal herstel nie. Die manier om dit te doen is grondhervorming. Veral as dit plaasvind sonder vergoeding sal dit oornag die Afrikaner se einde beteken. Daar is teveel mense wat goedgelowig glo aan die goeie “gematigde meerderheid” onder wit en swart wat die land gaan red. So iets het nog nooit bestaan nie. Selfs die “gematigde” DA se beleid sluit in regstellende aksie, grondhervorming en verengelsing. Daar is en was nog nooit so iets nie.

Gerhard ·

Daar is teveel mense wat die saak van ‘n Westerse perspektief benader. Die mense van Afrika het ‘n ander manier van dink en as jy regtig wil weet wat die toekoms in Afrika inhou, kyk eerder na Afrika geskiedenis. Verder moet jy ook nie teveel hoop plaas op regverdigheid nie. Daar was nog nooit onder enige van die vorige regerings so iets in Suid-Afrika nie. Sien die werklikhede vir wat dit is, ‘n Swart meerderheid wat geen rede of belangstelling het om hulle te bekommer oor Afrikaners en hulle probleme nie. Hulle het ook geen rede om te onderhandel vir ooreenkomste waar beide kante iets uit ‘n saak kry nie. Hulle hoef hulle net oor hulself te bekommer. Afrikaners is eerder ‘n doring in die vlees. Al wat die Afrikaner oor het is geld, iets wat elke dag minder word. As die ANC hierdie mag wegneem, dien hy die Afrikaner ‘n nekslag toe waarvan hy nooit sal herstel nie. Die manier om dit te doen is grondhervorming. Veral as dit plaasvind sonder vergoeding sal dit oornag die Afrikaner se einde beteken. Daar is teveel mense wat goedgelowig glo aan die goeie “gematigde meerderheid” onder wit en swart wat die land gaan red. So iets het nog nooit bestaan nie. Selfs die “gematigde” DA se beleid sluit in regstellende aksie, grondhervorming en verengelsing. Prominente persone binne die Afrikanerdom het hulself deurmekaar gedink met drogredenasies en die volk op sleeptou geneem het met hulle.

Peet J ·

“Die ad hoc-kommitee ‘n stelsel daar te stel waarvolgens die staat die voogdyskap oor alle Suid-Afrikaanse grond sal hê” dit kom mos nou neer op Kommunisme waarvolgens geen privaat eiendom mag bestaan nie m.a.w.alles behoort aan die staat daarom dat die regering
nie die akte aan die swartboere oorhandig nie die grond bly in die staat se besit en alle opbrengste gaan na die staat.

Rina ·

Nou ja die tyd sou een of ander tyd kom wat hul grond en eiedomme sonder vergoeding sou vat. Hul het ook gesorg dat hul mense in die polisie en weermag goed beman is en nou kom die aanslag. Jammer maar dis te laat in die dag nou vir teenkanting.

Rina ·

Nou ja die tyd sou een of ander tyd kom wat hul grond en eiendomme sonder vergoeding sou vat. Hul het ook gesorg dat hul mense in die polisie en weermag goed beman is en nou kom die aanslag. Jammer maar dis te laat in die dag nou vir teenkanting.

Martir ·

So as hulle my grond vat moet hulle my grondbelasting terugwerkend met rente aan my terugbetaal en word die verband dan sommer afgelos en tot niet verklaar ???? Maak net nie sin nie wonder hoe CR hierdie situasie gaan hanteer of speel hy vir tyd tot na die verkiesing sal maar moet was en sien en JM wat gaan hy doen as dinge nie werk soos hy dit wil hê !!!!!!!

Fanie ·

Hoe is dit moontlik dat malema en eff alle soorte uilaatings uiter en nog steeds vervolging vryspring as ramaposa enigeiets beteken sal hy al lankal iets daaromtrent gedoen het die land word vernietig (skole poelisie stasies uniwerseteite word afgebrand landsburgers word vermoor aanhutsing tot moord word openlik gedoen maar niks word gedoen om dit stop te sit nie)ramaposa is maar net so korip soos die res

christine ·

NOU TREK, VAT DIE HASEPAD, HARDLOOP WEG, TOE SJOE TSAMAIA VOERTSEK…. WAT SOEK JY NOG HIER? EISH TOG LANDSVERLOËNAAR!!!

Boerseun ·

Konflik is onvermydelik, en grond vat sal in oorlog eindig of julle half lib Afriform DA stemmers daarvan hou of nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.