Só lyk aktiewe Covid-19-gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 517 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 404 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 517 666 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 50 462 nadat nog 96 sterftes aangemeld is: vyf in die Oos-Kaap, 25 in die Vrystaat, 27 in Gauteng, 17 in KwaZulu-Natal, een in Limpopo, twee in Mpumalanga, een in die Noord-Kaap en 18 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 436 010 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 178 323 toetse vir Covid-19 gedoen, 30 799 sedert die vorige verslag.

Meer as 92 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 02212,8%
Vrystaat80 3895,3%
Gauteng405 86026,7%
KwaZulu-Natal329 90921,7%
Limpopo62 1924,1%
Mpumalanga71 5254,7%
Noordwes61 2644%
Noord-Kaap34 2032,3%
Wes-Kaap278 30218,3%
Totaal1 517 666100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 310182 427285
Vrystaat3 32370 9326 134
Gauteng9 797393 0972 966
KwaZulu-Natal9 715310 7159 479
Limpopo1 90559 369918
Mpumalanga1 27169 0731 181
Noordwes1 20357 6642 397
Noord-Kaap69531 4172 091
Wes-Kaap11 243261 3165 743
Totaal50 4621 436 01031 194

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dirk Mostert ·

Die getalle is nou mooi afgebring om ‘n lae basis te skep vir die sogenaamde derde golf wat in die winter verwag word, sodra mense weer begin hoes, nies en snuif soos in alle winters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.