Só lyk aktiewe Covid-19-gevalle

(Foto: Denis Balibouse/Keystone via AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 498 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 327 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 498 766 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 48 708 nadat nog 230 sterftes aangemeld is: 24 in die Oos-Kaap, sewe in die Vrystaat, 21 in Gauteng, 27 in KwaZulu-Natal, 122 in Limpopo, 10 in Mpumalanga en 19 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 403 214 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 807 299 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 556 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 54912,9%
Vrystaat79 0495,3%
Gauteng400 63626,7%
KwaZulu-Natal326 03121,8%
Limpopo61 1704,1%
Mpumalanga69 6134,6%
Noordwes59 9484%
Noord-Kaap33 3372,2%
Wes-Kaap275 43318,4%
Totaal1 498 766100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 189181 756604
Vrystaat3 03968 9657 045
Gauteng9 392385 7715 473
KwaZulu-Natal9 400300 52616 105
Limpopo1 78458 0361 350
Mpumalanga1 21366 5931 807
Noordwes1 05754 8174 074
Noord-Kaap65029 6733 014
Wes-Kaap10 984257 0777 372
Totaal48 7081 403 21446 844

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dirk Mostert ·

Hoeveel van die gevalle en sterftes is Covid-19 en hoeveel is Covid-19a? As die toets nie kan onderskei nie, hoe weet hulle daar is ‘n nuwe variant? Sal ook graag entstof-gevalle en sterfte statistieke hier wil sien.

Pietertjie ·

Die syfertjies styg maar staaaadig. Ek wonder hoe lank dit gaan neem voordat die syfers (vergeleke met TB byvoorbeeld) die drakoniese teen-maatreëls gaan regverdig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.