Só lyk beurtkrag Saterdag

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf Saterdagoggend om 07:00 ingestel sal word.

“Weens ʼn afname in die verbruik oor die naweek en verbeterde kragopwekkingskapasiteit, word fase 3-beurtkrag Vrydag tot 23:00 toegepas. Fase 2-beurtkrag word op 14 Maart 2020 om 07:00 ingestel.”

Die kragvoorsiener het gesê Koeberg eenheid 1 sal Saterdagoggend op die kragnetwerk verbind word. Dit is ʼn dag vroeër as oorspronklik verwag.

Die fase beurtkrag kan op kort kennisgewing verander indien Eskom egter enige kragopwekkingskapasiteit verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.