Só lyk beurtkrag vir Dinsdag

(Argieffoto: pixabay)

Eskom sê sy kragopwekkingsvermoë het sodanig herstel dat geen beurtkrag Dinsdag in werking gestel hoef te word nie.

Oudergewoonte sê die kragvoorsiener die stelsel “bly kwesbaar en dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word sou die situasie verander”.

Bykomende opwekkingseenhede is suksesvol aanlyn gebring en noodreserwes was Dinsdag op aanvaarbare vlakke.

Teen 06:00 was onbeplande instandhoudingswerk op 10 853 MW, terwyl geskeduleerde instandhoudingswerk op 5 353 MW was.

Eskom het verbruikers weer herinner dat die kans op beurtkrag oor die volgende 18 maande groot is weens die kragvoorsiener se beoogde instandhoudingswerk om die verouderende kragnetwerk reg te ruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Genis ·

Wat baie hartseer is, is die feit dat uitrusting om van die elektriese toevoer af te kom uiters duur is… Iemand erens moet n goedkoop alternatief aanbied… ?

Toy ·

Daar is gese Eskom gaan krag weggee en ons nog 18 mde beurtkrag gaan he, nou word daar gepraat van instandhoudingswerk en 18 mde se beurtkrag, wat is nou die waarheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.