Só lyk beurtkrag-voorspelling vir die week

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het gesê daar sal nie Dinsdag deur die dag beurtkrag toegepas word nie, maar dat daar ʼn moontlikheid vir die aand bestaan.

“Ons verwag nie beurtkrag deur die dag nie, maar ons kan vanaand onder druk wees,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Indien beurtkrag nodig is, sal ons probeer om dit ná spitstyd toe te pas.”

Eskom het intussen in ʼn bulletin wat Maandag aan sy werknemers gestuur is, gesê daar is ʼn groot risiko dat beurtkrag Donderdag en Vrydag sal voorkom. Volgens die kennisgewing sal die verwagte elektrisiteitsvraag Woensdagaand tydens spitstyd 30 431MW wees terwyl die kragvoorsiener na verwagting slegs 29 784MW se kapasiteit sal hê.

Die elektrisiteitsvraag vir Donderdagaand tydens spitstyd word geraam op 30 810MW terwyl die kragvoorsiener na verwagting slegs 29 172MW se kapasiteit sal hê.

Volgens die bulletin sal die verwagte elektrisiteitsvraag Vrydagaand tydens spitstyd 28 948MW wees terwyl die kragvoorsiener na verwagting 29 172MW se kapasiteit sal hê.

Eskom het Dinsdag weer ʼn kennisgewing aan sy werknemers gestuur waarin daar gesê word dat daar ʼn moontlikheid is vir beurtkrag Dinsdag en Woensdag en dat dié moontlikheid meer waarskynlik is vir Donderdag en Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eduard ·

Hulle moet nou net wys hoeveel van die MW word na die buurlande gestuur!

Anton ·

Dit is darem baie duidelik dat eskom nie n idee het wat hulle doen nie ek is dan onder die indruk dat daar nie elektrisiteits krisis is nie

Eish! ·

Een van die dae kry ‘n mens elektriese toestelle wat niks makeer nie op sypaadjies le saam met mense se vullissakke. Hoekom dit in die huis laat staan as dit nooit gebruik kan word nie? Ek glo dan sal diegene wat nooit beurtkrag kry nie, dit seker kom kollekteer!

anet ·

Andrew Etzinger Jammer maar ek glo nie in wat jy se nie. Julle draai maar net julle voorspellings om en as dit nie gebeur soos julle tereg gese het nie, dan is dit weer omstandighede buite julle beheer. As daar beurtkrag gedurende die dag is, dan is ek by die werk, teen die tyd wat ek by die huis kom dan is daar beurtkrag. Ek vra nou vir jou hoe menslik is hierdie sogenaamde beurtkrag van julle ESKOM?????. Die vleis. ens in my Vrieskas kan ook nie meer tred hou met die beurtkrag nie, en ek gooi daagliks kos weg(asof ek dit kan bekostig) Ek kan nie meer my sel herlaai nie, so wat nou ????Doen julle werk en hou op om mooi broodjies te probeer bak en nonsens om mense se monde te smeer, julle het nie julle instandhouding gedoen toe dit nodig was nie. Te lekker vet Bonusse ontvang en heerlik in die leunstoel agteroor gesit.

Johan ·

Eskom is die enigste maatskappy in die wereld wat mense afraai om sy produk te gebruik, as hulle net vir eens na die tafel wil kom en met die waarheid oop kaarte kom speel kan ons miskien eendag in die regte rigting kyk! My opienie, privatiseer die krag voorsiening in ons land wat effektief die sisteem kan moniteer en prioritiseer as dit moet! Sekerlik, die een wat betaal moet voorkeur kry, nie waar nie. Wat het geword van kyk na jou ‘paying’ customers? En o ja, die wat krag steel moet in ‘n marmot wiel gesit word om self krag ‘terug te betaal’ wat gesteel was deur te hardloop en krag so op te wek! Hoekom moet ons vir die verlore/gesteelde krag betaal as dit nie eens ons skuld was nie! Hierdie land neig net in een rigting en as iets nie gou gedoen word nie, gaan ons nie eers 2018 sien nie! Ek is nie uit nature ‘n pesimis nie, maar genoeg is genoeg, om alles te ervaar en niks te doen of te se nie is ook onaanvaarbaar!

bitterbekkie ·

Regtig Eskom??? Hier in mosselbaai sit ons al van 11h af sonder krag en coligny in die ovs is ook sonder krag!

Moedeloos ·

Dit laat mense rooi onder die kraag, Ons betaal ons krag rekening stiptelik en dan kom jy vyf uur by die huis en ses uur is die krag af….. Hallo…. hoekom nie die krag in die woon buurtes gedurende die 9 en 16:00 toe pas nie….. Dink hulle kry lekker om ons so te benadeel!!! En so foeter hulle al die elektroniese aparate, yskaste, vrieskaste ens op met die aan en af….. Nooit hierdie probleem in die ou bedeling ondervind nie.

Marthie ·

Eskom is so deur die blare dit is net nie waar nie. Daar word oral vertel van die skedule vir woongebiede. Maar dit werk nie. Hulle sit net sekere mense se krag af. Hoekom word die ministers se krag nie af gesit nie. Gaan luister na Maandag oggend se pot gooi op RSG. Eskom kan net Zuma se dorp se krag af sit dan sal almal krag he.

gatvol ·

Ai mensies. Ons betaal ons gate af op krag maar nog steeds sit ons helfde vani tyd sonder krag. Boksburg ook elke dag en aand vir 2 weke al sonder krag gaan dit nooit reg kom nie. En vir wie betaal ons. En wie gebruik die krag sonder om te betaal dan moet ons wat elke maand betaal daar onder ly. Dis regtig nie reg nie eks so gatvol vir die krag wat so af gaan

janbos ·

Hoekom word die windplase se krag nie benut nie?Eskom weier om krag in te koop van privaat ondernemings en individue.Die krag is reeds beskikbaar!!!!Alles moet eerder ten gronde gaan dan sal Eskom en die regering te vrede wees!!!!

Coenraad ·

BeurtkragVOORSPELLINGS nogal. Kan die mense nie beplan nie. Hul skedules is in elk geval hier by ons niks werd nie, want hulle werk nie daarvolgens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.