Só lyk beurtkragvooruitsig tot Sondag

(Foto: Maroela Media)

Fase 2-beurtkrag word om 16:00 vandag hervat en sal tot 05:00 Donderdagoggend voortduur.

Beurtkrag sal tussen 05:00 en 16:00 Donderdag opgeskort word. Dié patroon om beurtkrag van 05:00 tot 16:00 op te skort en fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 05:00 in te stel, sal daagliks tot Sondagmiddag in werking gestel word.

Onbeplande onderbrekings is tans op 13 375 MW en beplande instandhouding beloop 7 820 MW opwekkingskapasiteit. Volgens Eskom sal altesaam 2 000 MW weer teen Vrydag in diens geneem word.

Koeberg se eenheid 2 is Maandag afgeskakel om sy stoomontwikkelaars te vervang. Dit beteken dat 980 MW nie op die kragnetwerk beskikbaar sal wees nie. Die verwagting is dat Koeberg 2 weer teen Augustus of September 2024 aangeskakel kan word.

Eenheid 1, wat in Desember verlede jaar afgeskakel is om die stoomontwikkelaars te vervang, sou weer in Junie aangeskakel word. Dit is uiteindelik eers op 18 November aangeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Onbeplande onderbrekings en beplande instandhouding was al laer dan het fase 4 gegeld deur die dag en nag.Hoe kan beurtkrag ʼnou opgeskort word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.