Só lyk beurtkragvooruitsig vir die week

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

Fase 2-beurtkrag sal om 16:00 Sondag ingestel word en tot 05:00 Maandag geld.

Daarna sal beurtkrag weer tot 16:00 opgeskort word. Fase 2-beurtkrag sal dan weer vanaf 16:00 Maandag tot 05:00 Dinsdag ingestel word. Dié patroon van geen beurtkrag tussen 05:00 en 16:00 en fase 2-beurtkrag tussen 16:00 en 05:00 sal dan tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word.

“Terwyl die beskikbare opwekkingskapasiteit volgehou is, noodsaak die behoefte om die noodreserwes vir die komende week aan te vul ʼn verhoging in die fase van beurtkrag. Eskom sal die kragstelsel fyn monitor en enige veranderinge aan beurtkrag kommunikeer indien dit nodig sou wees.”

Onbeplande onderbrekings het tot opwekkingskapasiteit van 13 350 MW verminder, terwyl 8 476 MW buite diens is vir beplande instandhouding.

“Die bestuurders en hul spanne by Eskom se kragstasies gaan voort om ywerig te werk om te verseker dat bykomende opwekkingskapasiteit herwin word deur eenhede met onbeplande onderbrekings en beplande instandhouding weer in diens te neem.”

Daar word verwag dat altesaam 3 300 MW in opwekkingskapasiteit teen Maandag weer in gebruik sal wees.

“Ons bedank graag diegene wat wel gehoor gee aan die oproep om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te gebruik, insluitend die afskakeling van geisers en swembadpompe tussen 17:00 en 21:00. Dit verlaag die vraag en help om die druk op die kragstelsel te verlig, wat bydra tot laer stadiums van beurtkrag.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.