Só lyk brandstofpryse vir Februarie

Argieffoto (Foto; andreas160578/Pixabay)

Die departement van minerale hulpbronne en energie het Maandag die finale brandstofpryse vir Februarie bekendgemaak.

Alle grade petrol word Woensdag 81c duurder en diesel styg met tussen 58c en 59c.

Paraffien styg met 59c per liter. Vloeibare petroleumgas styg met R1,93 per kg.

Die departement skryf die verhogings toe aan verhoogde internasionale pryse vir die produkte en ʼn verswakking in die gemiddelde rand-dollar-wisselkoers oor die oorsigtydperk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stof ·

Ek het ‘n daadwerklike appeltjie te skil met my werktuigkundige. Nou, sommer so kort na die diens, kry my voertuig skielik minder kilometer per rand…
Eish!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.