Só lyk brandstofpryse vir Januarie  

(Foto: Maroela Media)

2021 begin nie met goeie nuus vir motoriste nie met brandstofpryse wat skerp gaan styg.

Die departement van energie het aangekondig dat die prys van 93-oktaan-petrol Woensdag met 43c per liter sal styg terwyl dié van 95-oktaan-petrol met 40c per liter sal styg.

Die prys van 0,05%-sulfaat diesel sal met 55c per liter styg terwyl 0,005%-sulfaat diesel met 54c per liter sal styg.

Paraffien se prys sal met 55c per liter styg. Gas word met 44c per kg goedkoper.

Die rand het verlede maand heelwat teen die dollar versterk, maar ruoliepryse het egter gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.