Só lyk brandstofpryse vir September

(Foto: Brett_Hondow/Pixabay)

Die prys van petrol styg volgende maand met 1c per liter, terwyl die prys van diesel sal daal.

Alle grade petrol sal met 1c per liter styg nadat die minister van minerale hulpbronne en energie ’n verhoging van 5,3c per liter op die kleinhandelswinsgrens op petrol goedgekeur het. Dié verhoging is om die loonverhogings van pompjoggies, kassiere en administratiewe personeel by vulstasies te akkommodeer.

Diesel word 21c per liter goedkoper en paraffien 35c per liter, terwyl gas 36c per kilogram duurder word.

Die gemiddelde internasionale produkpryse vir petrol, diesel en paraffien het tydens die oorsigtydperk gedaal. Die rand was in die oorsigtyd gemiddeld R17,28 teenoor die dollar, vergeleke met R16,82 gedurende die vorige periode.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

twaalfboor ·

Sedert WANNEER koppel “julle” brandstof verhogings aan vulstasie eienaars en personeel salarisse? So met dìe dat diesel se prys afgaan gaan die petrol joggies ñ verlaging in salarisse kry?! En dan gaan hulle wyer om diesel te gooi….. AG ASSEBLIEF ANC!!!!! Lyk ons soos morone vir julle? Dood het ook ñ oorsaak en julle verduidelikings is ñ toonbeeld van julle mentaliteit.

Johannes Andries ·

Is vulstasies nou SOE’s.? Is petrol joggies staatsamptenare, dat die minister besluite neem oor die werkers se salaries. Klink of daar ook gekyk word na onteining sonder vergoeding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.