Só lyk brandstofprysvoorspelling vir September

Die rand se skielike verswakking na ʼn redelike tydperk van bestendigheid, het druk op die brandstofprys geplaas.

Suid-Afrikaanse verbruikers is dus nou oorgelaat aan die genade van internasionale oliemarkte.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê op grond van die huidige data van die Sentrale Energiefonds, gaan die petrolprys waarskynlik met tot 10 sent per liter styg, diesel met tot soveel as 16 sent per liter en paraffien met 12 sent per liter.

“Internasionale oliepryse het sedert die begin van die maand beduidend gedaal. Die prys van Brent‑ruolie was deurlopende onder US$60 per vat. Daar was die afgelope paar dae tekens van ʼn oplewing, wat beteken brandstofpryse kan onder hernude druk kom,” het die AA gesê.

Die rand het egter terselfdertyd getuimel en het ʼn waarskynlike verlaging in ʼn algehele verhoging verander.

“Ons is bekommerd dat die ergste nog voorlê,” het die AA gesê.

“Die Suid-Afrikaanse ekonomie is op ʼn gevaarlike plek weens voortslepende beleidsonsekerheid en ʼn groeiende skuldlas.

“Die land is in ʼn slegte posisie wat betref die weer en uitdagings op  eie bodem, om nie eens te praat van verwikkelinge op die internasionale front nie.

“Dit beteken brandstofverbruikers word al hoe meer blootgestel aan die rand se skommelinge,” het die AA gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sieg ·

Kom ons wees maar eerlik met mekaar Suid Afrika is in so toestand as gevolg van sy regering wat absoluut treurig is en al die beleggers weg jaag met sy komminustiese benaderings nl. Grond kriminaliteit, nationalisering van mediese hulp ens. Dit is die werklike rede hoekom RSA op die randjie van totale ineenstorting is.

Cherokee ·

marous, ek sien ek het my antwoord nie gebind aan jou vraag. Dit is ietwat laer.

Johanna Botha ·

Alles wat moet af gaan op en alles wat moet op gaan af in die nuwe sa !

Cherokee ·

11 Maart 1995 het een VSA Dollar gekos R3.63
11 Maart 1994 het een VSA Dollar gekos R3.42
11 Maart 1993 het een VSA Dollar gekos R3.19
11 Maart 1992 het een VSA Dollar gekos R2.89

Poot ·

En hoe het die Rand in sie 80’s gelyk toe die buiteland sanksies teen ons gehad het en ons ons eie potjie moes roer?

Jef ·

Hoe is dit gestel met SA se brandstofreserwes want as dit ook nie meer beskikbaar is nie dan le SA se hele ekonomie plat, nee ek se dit verkeerd, brandstofreserwes is al lank gelede verbruik en SA se ekonomie le al lank gelede plat.

KP ·

Jef, ons brandstofreserwes is jare terug al deur Tina Joemat-Pietersen teen n reuse afslag verkoop. Gaan Google dit gerus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.