Só lyk Covid-19-statistieke, inentingsgetalle

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 549 451 gevalle is tot dusver bevestig uit 9 912 073 toetse wat gedoen is (waarvan 32 725 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is).

Nog 51 sterftes (3 in die Oos-Kaap, 13 in Gauteng, 3 in KwaZulu-Natal, 25 in Limpopo, 1 in Mpumalanga en 6 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 52 897 te staan.

Minstens 1 474 825 persone (95%) het reeds herstel.

Altesaam 239 102 gesondheidsorgwerkers is teen 1 April 2021 reeds onder die Sisonke-protokol ingeënt.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19546312.6
Vrystaat833835.4
Gauteng41462326.8
KwaZulu-Natal33423821.6
Limpopo632174.1
Mpumalanga751834.9
Noordwes639534.1
Noord-Kaap363482.3
Wes-Kaap28304318.3
Totaal1549451100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11362183897204
Vrystaat3648781621573
Gauteng103314015842708
KwaZulu-Natal102023184175619
Limpopo224160655321
Mpumalanga1347726681168
Noordwes1478602242251
Noord-Kaap824328522672
Wes-Kaap114642663675212
Totaal52897147482621728

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lee ·

Ek is ‘n gesondheidswerker, en wag steeds vir my beurt om ingeënt te word. Ek het al maande gelede op die Departement van Gesondheid geregistreer. Dit is maar ‘n tydsame proses. Hou op beloftes maak en been dit net!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.