Só lyk Covid-19-statistieke

(Foto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 533 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 464 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 533 961 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 51 724 nadat nog 90 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 10 in die Vrystaat, 12 in Gauteng, 14 in KwaZulu-Natal, 33 in Limpopo, vyf in Mpumalanga en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 459 894 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 556 404 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 550 sedert die vorige verslag.

Meer as 177 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

Provinsie Gevalle Persentasie
Oos-Kaap 194 659 12,7%
Vrystaat 81 821 5,3%
Gauteng 410 392 26,8%
KwaZulu-Natal 332 445 21,7%
Limpopo 62 821 4,1%
Mpumalanga 73 416 4,8%
Noordwes 62 520 4,1%
Noord-Kaap 35 213 2,3%
Wes-Kaap 280 674 18,3%
Totaal 1 533 961 100%

Sterftes en mense wat herstel het:

Provinsie Sterftes Herstel Aktiewe gevalle
Oos-Kaap 11 336 183 038 285
Vrystaat 3 537 76 521 1 763
Gauteng 10 098 397 432 2 862
KwaZulu-Natal 9 892 316 307 6 246
Limpopo 2 040 60 102 679
Mpumalanga 1 316 70 953 1 147
Noordwes 1 323 59 055 2 142
Noord-Kaap 791 32 150 2 272
Wes-Kaap 11 391 264 336 4 947
Totaal 51 724 1 459 894 22 343

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elsa

No one cares.

Covid-19 gaan net oor 3 dinge:
Geld
Mag
Beheer