Só lyk Covid-19-statistieke

(Foto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 533 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 464 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 533 961 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 51 724 nadat nog 90 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 10 in die Vrystaat, 12 in Gauteng, 14 in KwaZulu-Natal, 33 in Limpopo, vyf in Mpumalanga en 13 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 459 894 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 556 404 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 550 sedert die vorige verslag.

Meer as 177 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Donderdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap194 65912,7%
Vrystaat81 8215,3%
Gauteng410 39226,8%
KwaZulu-Natal332 44521,7%
Limpopo62 8214,1%
Mpumalanga73 4164,8%
Noordwes62 5204,1%
Noord-Kaap35 2132,3%
Wes-Kaap280 67418,3%
Totaal1 533 961100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 336183 038285
Vrystaat3 53776 5211 763
Gauteng10 098397 4322 862
KwaZulu-Natal9 892316 3076 246
Limpopo2 04060 102679
Mpumalanga1 31670 9531 147
Noordwes1 32359 0552 142
Noord-Kaap79132 1502 272
Wes-Kaap11 391264 3364 947
Totaal51 7241 459 89422 343

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.