Só lyk damvlakke nou in Kaapstad

Argieffoto (Foto: RayMark, Pixabay)

Die Stad Kaapstad het gesê damvlakke is aan’t styg, maar dit is nog te vroeg om waterbeperkings te laat vaar.

Kaapstad se gemeenskaplike waterverbruik die afgelope week was 527 miljoen liter water per dag. Damvlakke het met 4,6% gestyg tot ʼn algehele vlak van 42,7% weens reënval in die opvangsgebiede.

Ian Neilson, adjunk- uitvoerende burgemeester van Kaapstad, het verlede week gesê die goeie reën wat die gebied die afgelope ruk ontvang het, het die damvlakke laat styg tot op dieselfde vlak as teen die einde van die winter van 2017.

“Hoewel dit goeie nuus is, is dit nog te vroeg om te weet watter vlakke nodig gaan wees om watergewys deur die somer van 2019 te kom. Dit is daarom noodsaaklik dat ons steeds ons verbruik so laag moontlik hou.”

Die Stad Kaapstad maan al sy inwoners om steeds water te bespaar en waterverbruik tot 450 miljoen liter water per dag te beperk om waterhulpbronne aan te vul. Die stad het ook inwoners bedank wat voortgaan met waterbesparingspogings, selfs al reën dit.

ʼn Jaar-tot-jaar vergelyking van die damvlakke is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nikita ·

Fantasties….dankie aan almal se gebede…net nog n bewys ons hemelse Vader sal voorsien. Mense kan baie dinge maak, maar water is nie een van hulle nie. El nino is oor ek glo ons gaan die opkomende somerseisoen goeie reens kry. Is bly saam met die boere. Onthou om altyd die kosbare water te bespaar.

Voorsien ·

Die Here voorsien, voorwaar, maar verwag ook van ons om ons kant te bring, veral wat die besparing van waterhulpbronne aanbetref.

Andre ·

Dis great. Al die Wes Kaapse mense wat so mooi water spaar. Hou so aan. Sal aan die einde van die winter seker baie voller wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.