Só lyk damvlakke nou in Kaapstad

Steenbrasdam (Foto: Stad Kaapstad)

Die Stad Kaapstad het gesê damvlakke is besig om te styg, maar dit is nog te vroeg om waterbeperkings te laat vaar.

Kaapstad se kollektiewe watergebruik die afgelope week was 520 miljoen liter water per dag. Damvlakke het met 6.3% gestyg tot ʼn algehele vlak van 38.1%. Dit is die grootste styging hierdie jaar.

“Die goeie reën wat ons die afgelope vier weke ontvang het, het ons damvlakke laat styg tot op dieselfde vlakke wat dit was teen die einde van die winter van 2017,” het Ian Neilson, adjunk- uitvoerende burgemeester van Kaapstad, gesê. “Alhoewel dit goeie nuus is, is dit nog te vroeg om te weet watter vlakke nodig gaan wees om deur die somer van 2019 te kom. Dit is daarom noodsaaklik dat ons steeds ons verbruik so laag as moontlik hou.”

Die Stad Kaapstad maan al sy inwoners om steeds water te bespaar, selfs al reën dit.

ʼn Jaar-op-jaar vergelyking van die damvlakke is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Len

Die skakel maak ‘n .pdf oop en dit is moontlik dat jou rekenaar dit dalk nie toelaat nie. Jy kan die algehele vlakke ook hier sien: http://coct.co/water-dashboard/

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lola ·

Dit kom nou nie vir my as ‘n helse groot skok nie….jy weet, winter, reenseisoen in die kaap……Maar wat gebeur nou, hoe gemaak om te verseker dat daar water gaan wees in die nie-reenvaltye? Ek verseker is nou nie weer lus om na droogtestorietjies te luister van Desember tot Mei nie.

AH ·

Die droogte was nodig om mense se oë oop te maak, myne inkluis. Ons het twee groot opgaartenke op ons erf wat die afgelope twee weke met elke reënbui oorloop, maar ek laat nogsteeds nie ‘n druppeltjie water onnodig wegloop nie. Dit is nou al so deel van my daaglikse bestaan om emmers in die badkamer en die kombuis te gebruik om die “voorste” water uit die warmwaterkraan op te vang en te gebruik vir iets anders en die troeteldiere se waterbakke op die plante uit te spoel. As alle Kapenaars aanhou om water te bespaar soos tot nou toe, sal daar nie gou weer nodig wees vir sulke streng waterbeperkings nie, al sal ons later weer ordentlike storte van langer as ‘ n minuut kan neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.