Só lyk damvlakke, sê departement

Gariepdam op die grens tussen die Vrystaat en die Oos-Kaap (2005) (Foto: Nic Roets by wikitravel.org)

Gariepdam op die grens tussen die Vrystaat en die Oos-Kaap (2005) (Foto: Nic Roets by wikitravel.org)

Die departement van water en sanitasie het gesê die gemiddelde damvlakke verminder steeds weekliks.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, het gesê die vlakke het met 0,5% gedaal tot 51,4% ná ʼn assessering op 26 September gedoen is. Die damvlakke was verlede jaar hierdie tyd op 70,3%.

Die Umgeni-damstelsel, wat uit vyf damme bestaan en hoofsaaklik eThekwini (Durban) en Msinduze bedien, staan op 45,1% in vergelyking met 45,9% verlede week. Dis ʼn afname van 0,8%.

Die Hazelmere is op 63%, ʼn toename van 2% die afgelope week. Die Hazelmere-dam sal egter onder 64% gehou word om die veiligheid van konstruksiewerkers te verseker. Die water sal vrygelaat word wanneer nodig.

Ander damme in KwaZulu-Natal wat gevaarlik laag bly, is: Klipfontein op 12,4%; Hluhluwe op 17,9%; en Goedertrouw op 17,3%. Die huidige beperkings vir Goedertrouw-dam bly 15% vir nywerheid, 40% vir huishoudelike gebruik en 80% vir besproeiing.

Die Vaalrivier-stelsel wat uit 14 damme bestaan en hoofsaaklik Gauteng, Sasol en Eskom bedien, het ʼn verdere afname van 0,6% gehad tot 51,8%. Katse-dam is op 43,6% en die Vaaldam het die afgelope week met 0,7% gedaal tot 30,9%.

Die Sterkfontein-dam het tot 90,2% toegeneem, hoofsaaklik weens verbeterde pompkapasiteit van Bo-Tugela.

Die Grootdraai-dam is op 72,1%, ʼn afname van 0,8%.

Die Stad Johannesburg het aangedui daar is ʼn beduidende laer aanvraag in vergelyking met vorige jare en alle metro’s het hul beperkings gepubliseer. Die impak van die beperkings is egter nog nie sigbaar nie. Die departement sal die Vaaldam tot 25% bestuur voor water van die Sterkfontein-dam vrygelaat word.

Maroela Media het vroeër berig die Johannesburgse metropolisie het 139 kennisgewings, 41 waarskuwings en 52 boetes van R1 000 elk uitgereik aan inwoners wat nie gehoor gee aan dié stad se waterbeperkings nie.

Die Gariep-dam in die Vrystaat is op 57,7%, ʼn afname van 0,2% en Vanderkloof-dam is op 61%, ʼn afname van 1,7%.

Die Polokwane-stelsel wat twee damme bedien, het tot 32,7% gedaal. Beperkings van 20% vir huishoudelike gebruik is in plek.

“Die departement monitor steeds 211 damme op ʼn weeklikse basis,” het Ratau bygevoeg. “Alle watergebruikers word aangemoedig om water spaarsamig te gebruik. Volgens die departement is die voorspelling vir reën ook nie belowend nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Grap ·

Dit is omdat die apartheid regering sulke groot damme gebou het as die damme kleiner was sou almal nog vol gewees het??

johann barnard ·

Ek gaan my nou paplag,stem saam alles apaaartheid se skuld!

Hendrik ·

Ons moet water spaar, duisende liters water gaan elke dag verlore deur onbevoegde munisipaliteite amptenare dis hoekom die land in n water krisis is nie ons die verbruikers se skuld nie!!!

Barry ·

Ons moet almal water bespaar maar Lydenburg se stadsraad kan nie eers waterlyne herstel om water te bespaar. “Lead by example”. Wie gaan hulle beboed vir water vermorsing??

Columbiana ·

Dis absoluut skrikwekkend hoe droog die wêreld is. Op GPS wys daar damme en as jy daar verby ry is dit gun dam nie maar ‘n stofpan. Die regering lieg en bedrieg oor die toestand. Dis mos nie ‘n crises nie dis net ‘n “chalenge”. Dis ‘n helse krisis op ‘n helse skaal. Ry vanaf Johannesburg na Kaap deur Bloemfontein en dit lyk soos iets uit Madmax. Wors wakker hier is groot akkies op die horison met water tekorte!

WeesWys ·

Ons wil hê God moet ons damme vol laat reën, maar ons wil doen wat ons wil…ons eer Hom en Sy Woord nie. Ons sal eerder ‘n man wat vir God en Sy woord opstaan die deur wys…

Pendoring ·

Ons is so kleingelowig dis eintlik om van naar te word. Ek hoor daar was nou die dag ‘n biduur vir reën by een van die susterskerke. Daar was baie mense, maar nie een sambreel in sig nie. Geen geloof nie.

Wonder ·

Sou ons die riool in ons damme buite rekening hou wonder ek wat sou oorbly?

siela ·

Almal moet waterspaar maar Standerton se munisipaliteit tao eiehandig die Grootdraaidam leeg. In d afgelope 10 dae twee keer n gebarste pyp (hooflyn) Dit het beide kere in nag gebeur.. Die eerste een 1vm op n Sondagaand en nou vanaand weer vanaf 10 nm. Die strate is toe.. Dit lyk soos die Vaalrivier…. Kiloliters wat pad af loop.. En munisipale bestuurder weier om oortyd te betaal??? Dus more oggend 9vm sal dit eers na omgesien word..

John ·

Wat mens ook nie verstaan nie is waarom die lee damme wat toegeslik was nie nou skoon gesleep word nie. Dis die beste tyd. Maar nee, sodra dit reen word weer gekla ‘n dam is 100% vol, maar mense moet steeds water spaar’samig'(?) gebruik want die dam is eintlik 95% toegeslik. So gaan dit jaar na jaar. Geld vir paaie en walletjies en nogmaals teer en skraap is daar, maar net nie waar dit lewensnoodsaaklik is nie.

Theresa B ·

So word ons gestraf met water beperkings en boetes, maar die spul is te treurig om al die lekasies reg te maak. Orals loop water in die strate af vir dae, self weke. Dit word op eie tyd herstel. Daar word liters en liters gemors deur onbevoegde siele wat net wil sit en mooi lyk in hul aircon kantore!

John ·

Maroela, hou julle van damme vol slik? Waarom mag dit nie gemeld word nie?

Reinhardt ·

Kan ek n voorstel maak? As julle vir ons wil vertel wat die vlak van damme is, moenie n groot berig skryf nie. Sit alles eerder in tabelle met die vorige jare se vlakke om mee te vergelyk.

Moegviraldiebeloftes ·

en in die woonbuurte word daar lekker grasperke en tuine nat gespuit vir 2 ure want hulle het boorgate – te onosel om te besef hulle gebruik ons almal se drinkwater. Ons kan nie eers ‘n groente tuin plant die jaar nie want daars nie water om dit mee nat te lei nie. Miskien moet ons wat water spaar ook maar net gebruik omdat die water daar is en die skaarste ignoreer.

t ·

Ek spuit ook gras nat, maar met reënwater. My stelsel het ek ten duurste oor die laaste twee jaar opgesit. Gaan ek ook nou onnosel genoem word omdat ek betyds ‘n plan gemaak het?

m ·

Daar word ook ma baie water gemors. Miskien moet hulle bietjie gaan kyk wat in die lokasies aangaan want daar is permanent lopende krane. Wonder net of hulle ook boetes kry……

Lance ·

Centurion se Jakaranda straat het n GROOT probleem die gat waar hulle werk is nou al vir maande oop en dis net modder en bakstene waar jy kyk !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.