Só lyk die gemiddelde plaasaanvaller

  • Die inhoud van hierdie artikel blyk op onwetenskaplike gegewens gegrond te wees. Die meestersgraadstudie waaroor die artikel berig het is glo nie van ʼn geakkrediteerde universiteit verkry nie en die studie het nie aan die nodige vereistes vir akademiese navorsing voldoen nie. Maroela Media het intussen ‘n opvolgartikel gedoen waar die onderwerp onder die loep geneem word. – RED

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Deur Nichelle Steyn

Hierdie voorstelling is gegrond op navorsing wat dr. Zander Cromhout gedoen het om sy meestersgraad in forensiese kriminologie te verwerf. Hy het 25 plaasaanvalle as gevallestudies gebruik en ook met van die plaasaanvallers in die tronk onderhoude gevoer.

Dit is ’n donker Maandagaand – 60% van plaasaanvalle vind tussen 17:00 en 01:00 in die oggend plaas en 48% van die aanvalle vind op ’n Maandag plaas. ’n Groep van vier verdagte mans kruip weg op die plaaswerf. In 40% van aanvalle is vier persone betrokke, in 20% drie, en in 24% twee verdagtes. Die meeste van die mans in die groep is landsburgers (68% van aanvallers) en is nog redelik jonk (tussen 15 en 35 jaar oud), maar daar is waarskynlik ’n lid van die groep wat ’n buitelander is (16% van aanvallers is van Zimbabwe en 16% van Mosambiek).

Die groep is ’n entjie van die huis en hou die gesin se doen en late dop. In al die gevalle in die studie het die aanvallers vooraf geweet wie by die huis was en het gewag tot al die gesinslede of die meeste daar is om enige verrassings uit te skakel. In 88% van die aanvalle was al die gesinslede by die huis.

Die aanvallers wag dat almal rustig raak. Sommige van die huis se vertrekke se ligte is af.

Dit is by een van dié donker vertrekke waar die aanvallers gewoonlik toegang tot die huis verkry. Hulle is geduldig en wil hul tyd neem. Weens die omgewing en isolasie van plase duur ’n plaasaanval vir ure. Die langste een in die studie het agt ure lank geduur. Hulle weet presies wat om volgende te doen, en alles verloop volgens plan. Die studie wys dat plaasaanvallers georganiseerd is en alles goed beplan het in 96% van die gevalle.

(Argieffoto)

Die aanvallers dra nie vermommings nie – 60% steek nie hul identiteit weg nie – en hulle glo hulle gaan nie gevang word nie, of beplan om al die mense in die huis te vermoor. Buitendien, die boer ken sommige van die groepslede. Tot 32% van die aanvallers is werkers op die plaas – 60% van plaaswerkers is op een of ander manier by die aanval betrokke, hetsy om inligting te verskaf of om self deel te neem. Die deelnemende plaaswerkers is selfs opgewonde omdat hulle ’n deel van die wins belowe is in ruil vir waardevolle inligting. Sommige verskaf inligting vanweë die vrees vir hul eie lewe of die van geliefdes.

Die aanvallers het ’n vuurwapen byderhand – in 72% van gevalle word gewere gebruik. Hulle het die geweer waarskynlik voor die tyd by die boer self gesteel (in 32% van die gevalle is dit hoe die aanvaller die wapens bekom het en die boere is met hul eie wapens vermoor).

Die aanvallers beoog om nog vuurwapens tydens die aanval te steel. In 76% van die gevalle is dit die item hoog op die aanvallers se wenslys en in 68% van die gevalle steel die plaasaanvallers geld, juwele en vuurwapens – net in 16% van die gevalle is niks gesteel nie. Hulle weet die boer het nie baie geld nie, aangesien net 8% van plaasaanvalle gemik is op boere in ’n hoë sosioëkonomiese klas. Die meeste boere wat aangeval word, is middelklas boere (44%) en middel-hoërklas boere (48%), en die aanvallers is daarop uit om moord te pleeg.

Die aanvallers vind dit eintlik maklik om hul taak te verrig, met 40% van plase wat nie doeltreffende veiligheidsmaatreëls in plek gehad het nie, maar die maatreëls sou hulle uiteindelik nie keer om in die huis te kom nie. Hulle plan is om in die huis te kom – 68% van aanvalle vind in die huis plaas. Die veiligheidsmaatreëls is in plek om tyd te koop vir die boer om homself en sy gesin te verdedig. Dit is waardevolle sekondes wat die verskil tussen lewe en dood beteken en die boer ’n kans gee om te reageer.

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Al waaraan die plaasaanvallers dink, is hoe hulle die boer en sy gesin wil uitwis – 72% van die plaasaanvallers se hoofmotief is om te moor. Die aanvallers is maar te bly as hy tyd het om die boer te martel ook. Volgens die studie martel die aanvallers die slagoffers omdat daar ’n geleentheid is tydens die aanval – in 12% van die gevalle is dit saam met roof en verkragting van die hoofredes vir die aanval.

Wanneer dit kom by huisrooftogte, is die moordsyfer gewoonlik 30%, maar in die geval van plaasaanvalle is die moordsyfer aansienlik hoër. Dit is so hoog weens die aanvallers se rassehaat – in 44% van die gevalle het rassehaat ’n rol gespeel. Die aanvallers haat nie net die boer weens sy velkleur nie; hulle is polities gemotiveerd (in 36% van die gevalle). Alhoewel dit nie die hoofredes is vir die aanvalle nie, speel dit ’n onderliggende rol weens die aanvaller se lewensuitkyk.

Dié sienswyse wat die aanvallers het oor die boer en sy gesin ontwikkel oor jare en word deel van die aanvaller se persoonlikheid. Die gevoelens van aggressie en haat dryf dan die aanvallers om op die ou einde ’n wreedaardige moord en marteling uit te voer.

Dié persepsies word oorgedra aan die aanvallers van ’n jong ouderdom en kom van ouer mense in die gemeenskap en familie, bendes in sy omgewing, die skool of selfs die tekort aan opvoeding, en somtyds ook die media. Die aanvaller het ’n ruk gelede alkohol of ’n ander dwelmmiddel gebruik; dit gee hom nog ’n verdere hupstoot om sy gruweldade uit te voer. Hulle oorval die boer en sy gesin – dit wat volg het al menigte male skokgolwe in die land veroorsaak – 96% van die plaasaanvalle is uiters wreedaardig en boos.

Argieffoto

Cromhout het selfs die mate van gruweldade op ’n skaal van boosheid geplaas, ’n model wat dr. Michael Stone ontwerp het. “Die meeste van die moorde word deur mense gepleeg wat aan ’n legio van psigologiese afwykings lei, die graad van wreedheid wat gebruik word, en die lyding wat die slagoffers deurmaak, is ongekend, en kom net in die hoogste graad van bose dade voor. Daarvoor moet die persoon wat die daad pleeg, psigopaties wees.”

Hy was onlangs deel van ’n nasionale vergadering om plaasmoorde te voorkom. Die vergadering is gelei deur Mike Bolhuis, hoof van die SSS Specialised Security Services. Die groep kenners gaan binnekort ’n veldtog van stapel stuur, met handige veiligheidsmaatreëls en wenke wat boere kan gebruik om hulself te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

gatgogga ·

Rassehaat is ‘n dryfveer?
Hoe kan dit wees – ons weet dan dat swartes nie rassisties kan wees nie? Hoe nou?

Herpiet ·

“Polities gemotiveerd” dis al. Solank anc regeer sal dit nie stop nie.

Snowball ·

Waardevolle inligting. Niks anders as ‘n staat van oorlog nie – beplan en tref voorsorg dienooreenkomstig. Besef dat Boere se dood meer as enige iets begeer word. Tyd vir naief wees is verby.

Piet ·

Moenie my verkeerd verstaan nie (60+ moorde per jaar is verskriklik) maar72% van die aanvallers se hoofmotief is om te moor? Dit maak nie vir my sin nie want die aantal moorde sal dan veel meer wees gemeet aan die honderde aanvalle wat plaasvind. Perspektief.

Juls ·

Die hoof motief is moord maar dikwels ontwrig iets hulle of die boer is paraat en verwilder hulle of hulle kry dit slegs reg om hom te wond. Ek glo ook meeste boere is gelowiges en die HERE antwoord hulle noodkreet in baie gevalle.

Michael ·

Die perspektief is dat motief en daad nie gelyk aan mekaar is nie

Piet ·

Verlede jaar was daar net meer as 550 plaasaanvalle. Kom ons maak ‘n baie konserwatiewe skatting en neem aan 1100 slagoffers (die boer en sy vrou) was regstreeks hierby betrokke. Van hierdie 1100 is 60 vermoor, dis ‘n persentasiekoers van minder as 7%. Moord kan nie die hoofmotief wees nie, die persentasie is te laag.

Adeline ·

Baie dankie vir die verslag wat geweldig bevredigend en volledig is – hoop dit word aan die voos vrot korrupte cANCer deurgegee. Wonner nou of daar ook so ‘n studie en verslag deur ‘n geleerde saamgestel en voorgelê kan word wat totaal apart van die huidige korrupte regerende mag staan in die korrupsie en ongeregtigheid wat deur die regering en die se departemente en afdelings gedoen kan word, wat dan aan die publiek van die RZA voorgelê kan word om alles oop te vlek tot by die murg van die korrupte been in die RZA?

Persheks Adri ·

Wens die grondwet verander en dood straf word terug gebring, maar Cyril cover mos sy mense juis oor die grondwet sê hul mag nie die straf terug bring nie.

Ek persoonlik dink hierdie moorde kom van die klomp af juis oor hul ons grond soek!

Vrijburger ·

Jammer, ek verskil oor die doodstraf. Die ANC regime kan nie met die doodstraf vertrou word nie.

Michael ·

Ek dink nie jy wil werklik sien dat jou wens bewaarheid word nie. Met ‘n korrupte regstelsel, wat by dit nog rassisties is, wie dink jy gaan die doodstraf kry?

Vrystaat2109 ·

Ai mense om die doodstraf terug te bring maak sin as jy ons ‘n regverdige stelsel gehad het maar dink wat sou met doodskis persone gebeur het met die Coligny saak, so is daar verskeie sake waar blankes aangkla is of aangekla was, hersinstel van doodstraf sal net ‘n wettige manier wees om blankes te hang, hoeveel plaasmoord sake word opgelos?? maar sake waar blankes betrokke is word opgeblaas, so dink weer omtrent die herinstel van die doodstraf. Net my beskeie mening.

Jannie van Niekerk ·

Aangesien die ANC, EFF en BLF so ras behep is sal ek baie graag wil weet wat is die KLEUR van die plaasaanvallers en plaasmoordenaars. Ek persoonlik dink dis uit en uit ‘n rassehaat gedrewe aksie om wit mense uit te moor. Roof en diefstal soos die SAPD dit noem, is maar net die regering se manier om plaasmoorde te ontken, (Soos wat ons president doen)

Werner ·

Eerste navorsing waarmee ek saamstem. Polities gemotiveerd dui op terrorisme.

Maria ·

Pynlik om te lees maar baie belangrik om die inligting te onthou

david ·

As 72 % van die aanvallers se hoofmotief moord is, dui dit vir my net op een ding—TERRORISME.
Mao Zedung het geskryf….”kill one and scare 10 00..”
Dat ons in ‘n onverklaarde oorlog gewikkel is, betwyfel ek nie.
Die wreedheid waarmee dit gepaard gaan is tipies van die metodiek van die terrorisme,
Hulle voer dit merendeels uit met militere presisie…wat mens laat dink aan vooraf opleiding

Onthou gerus die tydperk van die swart-op-swart geweld en die halssnoer moorde in die tagtigs–alles was daarop gemik om die gewone bevolking in vrees te laat lewe, wat inherent die propaganda element van oorlog voering is.
Dankie vir hierdie berig–uiters insiggewend.

Cherokee ·

‘Die aanvallers het ’n vuurwapen byderhand – in 72% van gevalle word gewere gebruik.’
Dìt is presies waar ek ophou lees het. Want ek glo dit nie. As jy sou sê ¾ van hulle het handwapens gehad (lees rewolwers of pistole) sou ek verder gelees het, maar nou besef ek jy doen vertalings wat guns ‘gewere’ noem.
In so ‘n artikel verwag ek om goeie Afrikaans te lees. Ek het werklik nie verder gelees nie, want dit moet geloofbaar wees.

Geteken
Cherokee

Yvonne ·

Dit is tragies….watter kanse het n boer as dit polities gedrewe is….maw hulle keur dit goed….dit is aaklig

Nico ·

Regstellende Aksie- Strategie na 27 April 1994.
Die sekuriteitsmagte sal gerekonstrueer word sodat ons kamerade ons mense beskerm. Die blanke bevolking is vir die laaste 350 jaar beskerm. Laat hulle noe voel wat dit is om ‘n tweedeklas burger te wees. Geen ammunisie sal aan die blanke setlaars beskikbaar wees nie. Dit is presies waarmee Bheki Cele en die ANC regering besig is met die nuwe vuurwapen lisensie. Kyk hoeveel ongelensieerde vuurwapen is in die omloop dan word daar nog vuurwapens oor die grense in geskokkel, die polisie doen niks daaraan nie, baie van die polisie lede is MK en APLA lede.

Tomas ·

Beste Michelle, weet jy dalk by watter universiteit Dr Zander Steyn sy meestersgraad gedoen het? Ek stel belang om ‘n kopie te kry. Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.