Só lyk die ‘Jongboer van die jaar’

Johan van Huyssteen (35) en sy vrou (Foto: Twitter)

Johan van Huyssteen (35), ʼn mielieboer van Virginia in die Vrystaat, is Donderdagaand as Vrystaat Landbou se “Jongboer van die Jaar” aangewys.

Van Huyssteen het tydens ʼn glansgeleentheid by die Monte Bello-landgoed in Bloemfontein saam met twee ander finaliste dié nuus gehoor.

Alani Janeke, ʼn woordvoerder vir Vrystaat Landbou, het gesê die boer word met ʼn kontantprys beloon.

Dié kompetisie, wat vanjaar vir die 21ste jaar aangebied is, het sy ontstaan in die Vrystaat gehad, en word aangebied om jong boere deur georganiseerde landbou te bemagtig vir volhoubare groei.

Dit stel verder jonger boere in staat om op aspekte in hul boerderye te fokus wat hulle voorheen as vanselfsprekend aanvaar het.

Die beoordelaarspaneel sê die droogte het unieke uitdagings vir vanjaar se kompetisie gebied en die drie finaliste het behoorlik hulle staal gewys.

Willie Stols van Vierfontein en Herman Archer van Trompsburg was onderskeidelik in tweede en derde plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jackie Collins ·

Wel gedaan skeer net daai aaklige baard af. Jig jig

Afrikaanse Knaap ·

Wys jou net. ‘n Baard gee ‘n man daai woema wat hy nodig het om die beste jong boer in die land te wees.

jaco ·

En oor ‘n jaar of twee word hy zonder ‘n sent onteien en weggejaag…

Katryn ·

Daardie gaan nie gebeur nie! Weg jaag? Aaikona! Ons Baas is te groot! Glo!!!

JANA ·

Baie geluk!!! Met jou baard het jy uitgestaan, en as gevolg van jou baard het ek geroot vir jou!!!

humor ·

Pragtig daai baard. De la Rey het net so mooi baard gehad. Baard kry jy net by n man dus is dit manlikheid.

STAAN BY ·

hy verdien dit, hyt ‘n baie mooi geaardheid, geluk aan sy ouers met ‘n puik opvoeding.

cor ·

Wat is dit met julle vroumense en sy baard, hy soek nie vrou nie hy het n vrou en sy is tevrede met sy baard. Met baard en al het hy die kompetisie gewen welgedaan dit wil gedoen wees.

Karoo Girl ·

Jaco, is jy altyd so negatief? ? Die jong man het n droom, hy werk hard en het regtig nie hierdie negatiewiteit nodig nie………..Glo en Vertrou, alles is nie swart nie.

Hermien de wet ·

Dit is net dorps vrouens wat so kla Kyk liewer waar Jul kos vandaan kom Baie Geleuk Hou so aan

Hannes Jansen ·

Vergeet hoe hy lyk…dit gaan oor sy prestasie !! En om in Landbou hierdie toekenning te kry vat baie deursettings vermoë en harde werk . Ek salueer jou Johan …en daarmee saam alle boere in SA …. van ‘n oud boer wat weet wat dit vat !! Bou so voort ou maat !!

Murgpyp ·

Baie geluk Johan, en kom ek se julle die boer se vrouens moet ons nie weg gooi nie. Hulle werk net so hard en ondersteun hulle mans deur dik en dun. Kwaai baard

lisaan ·

Wraggies die bitter mense wat agter elke bossie fout vind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.